Deur Hannes Brummer
Te oordeel aan onlangse sosiale media outrage is die kortste pad hel toe, volgens makeshift sedebewakers, skaak en klavierlesse, maar in die 80’s en vroeë 90’s was dit ‘n aansienlik meer verbeeldingryke en taktiese affêre. Oom Rodney Seale het ons in sy boeke oor Satanisme, waarvan ons blykbaar die reg gehad het om te weet, verseker dat Dungeons en Dragons direk ly tot brand. Bebrilde tannies en angstige skool councillors in Amerika het ook so geskiem. D&D is blameer vir geweld, selfmoord en kinders se betrokkenheid by die okkulte. Jis, grootmense is gefok – die skool se pamfletjie tune hardop ‘n verbeeldingryke omgewing word aangemoedig, maar gebruik jy nou net jou verbeelding, is die gort gaar.
Die harde realiteit was egter dat die wanaangepaste, geboeliede puisiegevreet-tipe alklaar in ‘n high risk kategorie vir bogenoemde was en dat D&D fokol daarmee uitgewaai gehad het. Dungeon’s & Dragons was groot in daardie dekades. Groot genoeg om die controversy te oorleef en (alhoewel dit nie die eerste roleplay game was nie) ‘n reuse bydrae te lewer het tot die ontwikkeling van ‘n massiewe sub-kultuur. Voeg daarby die ontwikkeling van rekenaarspeletjies, die koms van die internet en die gepaardgaande aanlyn gaming gemeenskap, pop culture chat forums en review sites, die moderne era van comics, die digital film age en die munt te slaan uit nostalgie vir die entertainment genre’s van jou jeug en Voila! Geek-chic is ‘n thing in die nuwe millenium. Uiteindelik is dit cool om Leonard of Sheldon genoem te word (maar net tot omtrent season 5).
Geek kultuur is vandag ‘n industrie wat ‘n moerse, regte egte rand-en-sent verbruikerswaarde het. Sulke billion dollar industry. Volgens ICv2 is die stokperdjiespeletjiemark vir die afgelope 8 jaar lank op ‘n groeikurwe met ‘n reuse 10% groei in 2016 alleen. Vinniger as bitcoin, pappa! En as dit by tabletop gaming kom is die opsies legio en is jy bederf vir keuse. Die wêreld van tabletop gaming sluit nou bordspeletjies (The Settlers of Catan en Ticket to Ride), rolspelspeletjies (D&D, Pathfinder en Fate) minuatuur oorlogspeletjies (Warhammer, Blood Bowl, Malifaux, Warmachine en Age of Sigmar) dobbelsteenspeletjies (Zombie Dice en King of Tokyo) and kaartspeletjies (Pokemon en Magic the Gathering) in.
Maar wat is role play gaming?, vra iemand in ‘n infomercial huisvroustem. Eenvoudig gestel onderneem jy avonture met ‘n karakter wat jyself skep en dan beheer en speel in ‘n daargestelde omgewing (hetsy gotiese vampiere, ‘n fantasie toekoms of ‘n middeleeuse tronk). Die verskeidenheid is groot en speletjies soos Dungeons and Dragons (D&D), Shadownrun, Call of Cathulu, Paranoia, Fiasco, Numenera, etc. is internasionaal gewild.
Na afloop van jou besluit oor genre, begin jy dan jou karakter skep deur ‘n geskiedenis te bedink en dan slim te werk te gaan om statistieke en eienskappe aan die karakter te gee. In D&D sal jy byvoorbeeld tussen strength, constitution, dexterity, intelligence, wisdom en charisma probeer om die mannetjie so oulik moontlik te maak. ‘n Klouterdief gaan jy mos nou meer rats wil maak en ‘n swaardvegter sterker. Dis moerse strategy. Jy dig? Dan kan jy begin speel. ‘n Game master (GM) dien as spelleier en skep die omgewing. Painting pictures with words and all that. Jy reis dan deur die landskap as jou karakter en verduidelik aan die GM wat jy doen. Take word opgestel en soos die moeilikheidsgraad verhoog word jou karakters hopelik sterker en wyser. Noodlot speel ook dikwels ‘n rol as die gooi van ‘n dobbelsteen bepaal wat volgende vir jou wag.
Hier aan die Suidpunt van die donker kontinent was ons tydelik gekierang deur toegang, maar hulle kon nie alles uithou nie en in die laaste 25 jaar sien ons ook hier bleeksiele uit hul ouers se basements kruip om in die regte wêreld te probeer funksioneer. There is safety in numbers, mos. ICON is Suid-Afrika se go-to Strokiesboek-, Rolspelspeletjie- en popkultuurkonvensie en hierdie jaar vind dit plaas te Gallagher Convention Centre oor die Jeugdag-langnaweek van 16 tot 18 Junie. (Fokkit, dit klink formeel. Kom ons bly maar by comics, gaming en pop culture. Rolspelspeletjie klink in elk geval soos jou goose wat soos ‘n non aantrek sodat die Pers eenoog-biskop haar kan straf.)
ICON bied al vir die afgelope 25 jaar die beste plek om te kom opstock op al jou guilty popculture pleasures met stalletjies, boardgaming en tabletop warfare toernooie, cosplay kompetisies en moer interessante gassprekerpanele. So of jy nou ‘n hardcore geek is wat Star Wars pyjamas dra en of jy Wonder Woman net gaan kyk het vir skommeltrommel doeleindes, as jy selfs net die mees effense geek tendencies toon, is ICON die plek vir jou.
Sulke saamtrekke raak al hoe meer gewild in ons geweste (sien ook Rage en Geekfest) en terwyl dit nog nie San diego Comic-con is nie, groei ondersteuning jaarliks. Hierdie jaar is daar ook ‘n paar ekstra verassings in terme van internasionale gaste by ICON met James L. Sutter (oa. mede-skepper van Pathfinder), internasionale cosplay superster Linda ‘Vampy bit me’ Le, die Suid-Afrikaans gebore comic book kunstenaar Sean Izaakse en vele ander. Die aand van die 17de is daar ook ‘n comedy show met van Suid-Afrika se beste sosiaal wanaangepaste komediante.
Rolspel maak ‘n groot deel van ICON 2017 uit en daar is baie opsies – sou jy jouself lui hou is daar ook pre-generated character sheets en blootstelling vir nuwe spelers is ‘n groot ding. So as jy fokol weet is daar novice tafels en oulike gamer chicks met tattoos en piercings, of oulike gamer nerds met universiteitsgrade wat alte graag sal help (Check, dis die cool ding van Geek culture. No gender bias. Moerse modern). So of jy nou aliens wil veg in ‘n verlate ruimtestasie of ‘n Ogre wil toor dat hy hik – daar’s ‘n speletjie vir jou!
ICON in samewerking met Watkykjy gee twee stelle dubbelkaartjies weg vir ICON Saterdag 17 Junie. So, dis ingang tot ICON 2017 by Gallagher Estate, toegang tot die aand se komedievertoning asook ‘n geleentheid om ‘n bietjie meer te leer van role play gaming deur ‘n potjie te speel wat begelei sal word deur Vittorio Leonardi en teenstanders wat die komediant Hannes Brümmer en dalk selfs die Griffin self sal insluit. Hel, as jy ‘n ervare speler is kom wys ons wie’s baas! Al wat jy moet doen is om ‘n e-possie na griffin@watkykjy.co.za toe te stuur (voor Woensdag, 14 Junie, 20:00) en vir ons te sê wat jou uiters gevaarlike Dungeons and Dragons karakternaam sal wees.
Sien jou by ICON 2017. May the wors be with you!
Watkykjy staan op 3,092,667 post views in totaal sedert 1 November, 2019.