1) Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het bes moontlik sy moses teëgekom met die stakings by Gautengse lykshuise. Na bewerings dat onder andere skoonmakers en voertuigbestuurders nadoodse ondersoeke by staatslykshuise doen, het hy nou die gesondheids-sheriff gevra om die beweringe te ondersoek.
So… as jy al ‘n padda oopgesny het in Graad 9 en weet dat as iemand baie lank stillê met sy gesig in kots, hy moontlik saggies heengegaan het, kan jy dalkies ‘n nuwe loopbaan oorweeg. Die perks sluit in dat jy kan werk in doodse stilte, jy al jou pelle sal kan help met raad wanneer hulle ‘n yskas wil koop en dat jy met jou nuut-aangeleerde snytegnieke, tot voorsitter van jou plaaslike scrapbooking club gekies sal word. Onbetwis.
2) Daar was die afgelope week ‘n hele paar tronkvoëls wat nie kon ophou smile nie. In fact, sommige van hulle het bes moontlik hulle holle geskeur (if you know wharra mean). Dit omdat ‘n Johannesburgse tjoekie dit goed gedink het om ter viering van Jeugmaand, so paar strippers te reël vir die manne in oranje. Duidelik was die bewaarders nie bewaarders van sedes nie en gaan ‘n paar van hulle nou hulle rieme styf loop. Die dames in hul uVictoria’s Secret laandjery, het die manne skoon op hol gehad. Hol op hol op hol.
3) Die tronkvoëls was nie die enigste voëls wat hierdie week nuus gemaak het nie. Voëlgriep het sy, ahem, kop uitgesteek en meer as 260 000 hoenders moes in Mpumalanga en die Vrystaat van kant gemaak word om te keer dat die siekte verder versprei. Vir perspektief – dis 7 kabinetsittings se KFC. Daar is ook allerhande reëls in plek gestel soos dat kopers en verkopers van meer as 5 hoenders vir enige ander doeleindes as direkte slagting by ‘n geregistreerde slagplaas, nou by die Pluimveesiekte-bestuursagentskap sal moet registreer. Praat van die hoender ruk.
4) Wayde van Niekerk het hierdie week die eerste man in die geskiedenis geword wat kan spog dat hy in onder 10 sekondes die 100m kan hardloop, asook die 200m in onder 20 sekondes, die 300m in onder 31 sekondes en die 400m in onder 44 sekondes. Ek glo weer as jy genoeg terpentyn aan enige man se hol smeer, gaan hy vinniger kan weghardloop as ‘n Huisgenoot-joernalis met ‘n soppy storie. Dit laat mens wel wonder wat is daar wat nog vinniger is as onse Wayde? Wel, die laaste 4 Idols-wenners se roem was vinniger verby. Die reaksietyd van jou gemiddelde Beeld-leser se tos kommentaar op ‘n artikel op sosiale media is ook heelwat vinniger. En die gevolgtrekking wat jou skoonma maak as jou vrou huil is blitsig. Maar dis omtrent al.
5) Te midde van alles, het die ANC se 5de beleidsvergadering afgeskop en staan die party voor sy grootste krisis in sy 105-jarige bestaan met baie moeilike besluite wat geneem moet word. Soos Johnnie Walker Black of Jameson Select Reserve? Soos BMW of Mercedes-Benz? Soos deur-die-ore-naai of ten aanskoue van die hele wêreld?
Watkykjy staan op 3,073,817 post views in totaal sedert 1 November, 2019.