Vat Vyf: Week 22 van 2017 – Donald Covfefe, Jacob Covfefe, Brian Covfefe en die 2023 Covfefe World Covfefe

In Wat is nuus? deur PK Malherbe

1) Almal wat by Eskom werk, gee een tree vorentoe. Waar die fok gaan jy heen Brian Molefe? Kyk, dis nou ‘n man wat nie ‘n stoel kan warm sit nie. Nadat Eskom vir hom gesê het hulle het nie meer die krag vir hom nie, toe word hy mos aangestel as ‘n lid van die parlement. En toe na 3 maande, toe word hy sommer teruggenooi Eskom toe. Maar as selfs jou tjommas in die ANC nie meer lus is vir jou kak nie, dan moet jy weet. Hy is finaal hierdie week gesê hy moet nou maak soos Rokof. Moet seker effe ongemaklik wees as almal rondom ‘n gasbraai staan en kuier (want loadshedding) en iemand vra vir Brian wat hy doen vir lewe. Sulke blank expression.

2) Almal wat so geworry het ou Donald Trump gaan nie by sy woord hou nie, moet nou hul woorde sluk. Want Trump se woord is covfefe. Sluk hom pappie. Hierdie woordsmit het hierdie week Twitterati, ‘n tandarts van Ellisras, twee wolfhonde van Tibet en Bobby van Jaarsveld se agterkleinniggie aan die gons gehad toe hy die volgende getweet het: “Despite the constant negative press covfefe.” Slaat my met ‘n lesbiese kabeljou. Weereens bewys dat oumense eerder moet wegbly van sosiale media. Want covfefe? Niemand fokken weet wat hy wou sê nie. En vir ‘n vlietende oomblik het hy Suid-Afrika se president soos ‘n Bybelvasvra-kampioen laat lyk.
3) Gepraat van – het jy al ou Zoom-zoom kwaad gesien? Hy was blykbaar doosboos na die afgelope naweek se bring-en-braai-die-president event waar die issue van ‘n mosie van wantroue weer geopper is. Maar in plaas daarvan dat die gespuis toe teen die belhamel stem en hom uit die parlement uit-molefe, toe fokken sê die meerderheid van hulle “Nee, ons is fine met hom en die feit dat hy en sy 3 Indiër-boeties die ANC se nalatenskap naai sonder lube.” Maar sjoe. Allamapstieks. Jou wrintiewaar. Hy vererg hom toe so dat hy hulle dreig en sê hulle moenie sy moer koer nie want dan gaan hulle die regte Jacob Zuma sien. Sulke akteur. Maar, en hierin moet ons moed skep mense – meer en meer van die ANC se eie volgelinge begin nou bietjie Aikona gooi… maybe…. just maybe… tot dan is die fokker steeds ons leier. Covfefe.

4) Daar is hierdie week bevestig die Suid-Afrikaanse Rugbyunie het hulle bod om die 2023 Rugby Wêreldbeker aan te bied, ingedien. As jy hieroor jou bors van trots wil uitstoot, maak net eers seker jou bors pas in die nuwe Springbok-trui wat hierdie week onthul is. Die nommertjie blyk weer tighter te wees as Duduzane Zuma en Gupta nommer 2. Die trui is aan die voorpunt van tegnologie, want dis belangrik om te wen. Daar is die minimum soom onder die arms vir gemak en die materiaal is ‘n vermenging van corduroy, die bloed van die 1981 Springbok toerspan, 5 gram covfefe, drie druppels muskeljaatkatpis en ‘n haar van Kurt Darren se tweede baba.

5) ‘n Fokken mal bra het in die Filippyne by ‘n casino ingestorm met ‘n gun en op van die mense losgebrand voor hy van die dobbeltafels aan die brand gesteek het en toe ook, vir good measure, homself. Net kort tevore het hy R29 miljoen se dobbelskyfies gesteel. Spekulasie is dat hy toe ‘n movie wou kyk by die casino, maar toe hy sien wat die popcorn en Coke hom gaan kos, het hy gebreek. 34 mense is dood. Ja, nou voel jy kaksleg ne? Dis hoekom ek nou hier gaan stop. Cos winners know when to stop.

Hierdie post is 141 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,463,749 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
PK MalherbeVat Vyf: Week 22 van 2017 – Donald Covfefe, Jacob Covfefe, Brian Covfefe en die 2023 Covfefe World Covfefe