Wie het nie ‘n crush op Lucy Kruger nie? Behalwe vir haar looks, het haar stem ‘n onbeskryfbare en inherente misterie, wat mens stadig oorrompel, as jy na haar musiek luister. Ek het Medicine Boy se Kinda Like Electricity (2016) net ‘n paar maande terug review, en op daardie stadium het ek hulle nog nie eers live gesien nie. Ek het intussen ‘n show gaan kyk by The Good Luck Bar en dit was iets om te beleef.
Medicine Boy se musiek het ‘n unieke intensiteit wat jy live moet ervaar of op vinyl moet gooi en kliphard moet luister terwyl jy in die donker gangetjies van die lirieke en somber musiek jouself verloor. Jy gaan naderhand wil sit, op die grond, in ‘n towerwêreld van verwondering en net luister. Die duo se musiek bevat ‘n mengsel van onskuld, seksuele tensie, verlies en heling wat meestal stadig vloei en dan opbou en in sporadiese uitbarstings ‘n klimaks bereik; dit ontplof letterlik met Lucy wat ‘n drom hard moer of Andre Leo se rough edged kitaarspel.
Op die album is Werner von Weltsleben op die drums. Terwyl ek gewag het dat hierdie CD in die pos arriveer het ek nogal gewonder of Lucy Kruger & The Lost Boys baie dieselfde gaan wees as Medicine Boy of nie. Ek het aspris alle teasers en videos vermy en die wag was voorwaar die moeite werd. Die CD was mooi toegedraai in swart papier en ek het die geskenk oopgemaak en die CD dadelik in my kar geluister. Toe ek by die huis kom het die tweede song net geëindig en Could We Leave This het pas begin. Ek kon nie beweeg nie en het net daar in my garage die hele album deur gesit en luister. I couldn’t leave the music.
Ek het dadelik vir Rouleaux van der Merwe gekontak, ‘n vinyl bestel en gehoop dat dit betyds sal arriveer sodat ek die vinyl ondervinding ook kan review. Die posman op sy bicycle was bietjie gerook en dit het langer gevat as wat ek gedink het – maar die CD is net so befok. Die CD cover is redelik basic en ek dink dit was die regte besluit gewees om nie te veel geld daaraan te spandeer nie. Sit dit eerder in die vinyl se kunswerk produksie want dis die mark wat dit werklik waardeer.
Lucy Kruger is poedelnakend voor op die cover en met die eerste oogopslag lyk dit of sy besig is om te verdrink. Ek moes eers die Winter video kyk om konteks te kry. Jirre. Fokus Rolbees, fokus! Baie visual video! On all accounts!
Rouleaux van der Merwe het my laat weet hoe sy design lyk en ek kan nie wag nie! Die vinyl is ‘n half wit/half swart gekleurde pressing. Ek gaan die gatefold mis, maar daar is darem ‘n printed inner sleeve, so ek is bly daaroor. Die fotografie is gedoen deur Caroline Mackintosh (sy was ook verantwoordelik vir Winter se video) en as jy ‘n pre-order gedoen het, het jy ‘n limited photographic print gekry van ander shots van die photo shoot.
Waar Medicine Boy se Kinda Like Electricity meer op die intense wisselwerking tussen Lucy en Andre fokus, is Summer’s Not That Simple soos ‘n persoonlike monoloog. Omdat die hele offering mens intrek is dit eerder dalk meer soos ‘n gesprek. Dit bevat al die basiese donker elemente wat hierdie musikante oor die jare opgebou het, steeds geanker in gekompliseerde melankolie, maar die harde rock drums en kitaar is afwesig en hierdie is ‘n meer vloeiende en getemde ondervinding. Daar is meer klem op Lucy se stem, op intonasie, en die fynere klanke, as sy woorde met “t” of “s” beëindig kan jy dit duidelik en perfek hoor. “Have we lost all of our figh…..t?”.
Die album eindig met ‘n punt. Excellent! Lucy se stem klink ongelooflik, ten spyte van die intimiderende agtergrondstilte en spasie in meeste van die tunes. Dit sit nie sommer in enige iemand se birthday suit om dit reg te kry nie. Andre Leo het die volume van sy kitaar bietjie afgedraai, of hy speel akoesties, maar sy kitaar se bekende tone is ‘n belangrike boublok van The Lost Boys se klank. Werner von Weltsleben is weer op die drums en Calvin Siederfin op bass. Dis weereens ‘n deurluisteralbum en ek het geen enkele favourites nie. Dis ‘n ‘must have’ vir enige musiekverslaafde en as jy ‘n vinyl junkie is en jy het nog nie die vinyl nie, dan is jy nie ‘n vinyl junkie nie.
Rol nakend! Rol vry!
Watkykjy staan op 3,090,603 post views in totaal sedert 1 November, 2019.