Ons het julle so rukkie terug vertel van Jack Parow en sy tjommie, Hardus, se avontuur deur Suid-Afrika op twee Harleys. Die ouens het ‘n TV reeks (Dis Hoe Ons Rol) geskiet so al met die pad langs en een van die brasse wat deel van die production team was, was Jaco “Snake” Venter – jy ken hom as die bra wat stokke swaai vir Fokofpolisiekar. Behalwe dat hy vibe manager was gedurende die trip (lees – dat die twee vriende mekaar nie poes wanneer dinge hairy raak nie), het Jaco ook befokte kiekies geneem. Jy het dalk so paar van hulle in ons interview met Hardy ook gesien.
Jaco het reeds twee moerse suksesvolle exhibitions in Kaapstad gehou met sy kief kiekies en hy bring die final leg van die exhibition nou Joburg toe. Dit open moreaand (15 Junie) om 18:00 by The Shadowboxer in Greenside, waar dit vir ‘n maand lank teen die mure sal pryk. Ons was verlede Sondag vir die eerste keer by The Shadowboxer gewees en dis ‘n fokken lekker kuierplek. Die kos is ook befok en heel bilik geprys. Ons het lekker gepiel geraak, sommer so op ‘n Sondag. Dis ook lekker om ons vriende (Gareth Wilson en Jaco Venter) skaamteloos te promote. Gaan slat uit en support die ouens. Hierso is die Facebook event:
https://www.facebook.com/events/417776705270200
Watkykjy staan op 3,090,614 post views in totaal sedert 1 November, 2019.