Die Antwoord het ‘n nuwe short film, Tommy Can’t Sleep, release en hulle het ook sommer geskiem dis tyd vir hulle elfjarige dogtertjie, Sixteen, ‘n beurt te gee om in van hulle weird videos te wees. Sixteen Jones speel die rol van “Lil Tommy” en Jack Black feature as haar aansienlik meer demoniese eweknie, “Big Tommy.” Yo-Landi het die storie direct terwyl Roger Ballen (wat ook ‘n regular vibe in hulle werk is) bietjie art direction gegee het.
Ander mense wat op die video gewerk het sluit in: Liz Carey (actress wat ‘n klein rol in The 40-Year-Old Virgin gespeel het), DJ Muggs (‘n bra wat tracks produce en deesdae kakbaie saam met Ninja en Yo-Landi uithang) en Irina Kazakova, bekend as een van die wêreld se mees flexible contortionists.
Die Antwoord jongste album, Mount Ninji and Da Nice Time Kid, het verlede jaaar uitgekom en hulle gaan hul heel laaste album. The Book of Zef, later vanjaar uitbring. Probably teen Oktober/November se kant. Ons hoop eerlikwaar dat die nuwe album meer na hulle eerste werk toe sal neig, toe Die Antwoord in top form was. Die laaste album het die ore nogal seergemaak. Here’s hoping. Die mense het kakbaie talent – hulle moet net daai ou wenbeker bietjie gaan polish…
Watkykjy staan op 3,084,302 post views in totaal sedert 1 November, 2019.