1. Onthou jy die Salad Valley by die Spur? Wel, dis nou vervang deur die Tappit Valley. Ja, ek praat van julle, die 5 000 mense wat ‘n Facebook-groepwoeps gejoin het om Spur te boikot na die onlangse rasseherrie. Spur het hierdie week erken hulle is hard getref hierdeur en dat veral die franchise-eienaars besig is om bakstene te kak. Persoonlik glo ek dis die klein-tottie-sindroom en stywe-lippies-sindroom wat hierdie groepie so aanvuur, erg trots daaroor dat ‘n klomp van hulle uiteindelik kan saamstaan oor iets. Wat eet hierdie mense nou? 2-minute noodles? Mekaar? Hier’s ‘n idee: tet bietjie humble pie julle etters. Kom oor julle self-entitlement. Ja, die ou wat verban is van alle Spurs is wit. Ja die vrou vir wie Spur omverskoning gevra het is swart. En die strontstreep wat julle genoegdoening tans agterlaat is ‘n skakering van bruin. Laat mens wonder wat die front is in Front Nasionaal wat agter die hele boikot-aksie sit.
2. As deel van sy Purpoes-toer, het Justin Bieber kom lyfswaai in Suid-Afrika. En wat ten minste 4 mense aan die gons gehad het was sy lys van demands vir die toer wat blykbaar dieselfde sou wees as die lys tydens sy konsert in Indië. Ja, demands soos ‘n fokken hostage taker. “Gee my al hierdie kak of ek sing meer.” Witbrood, wit cheddarkaaspopcorn, wit gordyne in sy kamer, 12 wit sakdoeke… fok, hy het vir soveel wit goed gevra, Dan Roodt se nipplestand kon kilometers ver gesien word.
3. Die burgemeester van Emfuleni, Simon Mofokeng, laaik dit oënskynlik om die hoender te ruk wanneer dit kom by uitgawes. Hoe anders verklaar mens sy spandabelrigheid met die DA wat antwoorde eis by die ANC-kameraad oor die R1.7 miljoen wat hy op KFC en Nando’s uitgegee het. En ook op duur hotelle. Wat die tos het hy bestel? Die Streetwise-fok-die-armes?
4. Vier vroue is in Limpopo in hegtenis geneem nadat liggaamsdele van leeus in hul besit gevind is. Dit bewys net weer dat daar geen regverdigheid is in ons regstelsel nie. So loop die Blou Bulle Maatskappy byvoorbeeld nou al weke rond met die Bulle se ballas in hul hande en geen arrestasies is nog gemaak nie.
5. Daar’s ‘n herrie rondom serrie. Dis Tuks of Ongeskiks. Dit nadat foto’s op sosiale media verskyn het van mansstudente wat tydens ‘n uitdunronde van die jaarlikse serrie-kompetisie vulgêre en beledigende plakkate opgehou het. Van die plakkate het onder meer gelees: “Moeg? Sit op my gesig!!!”, “Wys my jou tiete”, “Kan ek ‘n baba in jou sit?”, “Bobby van Jaarsveld maak my nat” en “Ek ry ‘n Chevrolet.” Veral die laaste een het seergemaak met General Motors wat aangekondig het hulle is nou effe moeg vir die land. Opel mag dalk deur Peugeot oorgekoop word. Isuzu sal hul eie handelaarsnetwerk begin. En Chevrolet sal nog net tot die einde van 2017 te koop aangebied word. Eienaars van die fabrikate wat bekommerd is oor herverkoopwaardes en parte en dienste het skrale troos gekry met die bevestiging dat daar mooi na hulle gekyk sal word. Maar die feit van die saak is, daai lig aan die einde van die tonnel, is nie ‘n Chev s’n nie.
Watkykjy staan op 3,110,222 post views in totaal sedert 1 November, 2019.