1) Gretha Wiid. Ken jy hom naampie? Sy is ‘n bekende lekeprediker en gooi motiveringspraatjies vir Afrikaanse vroue wat heimlik weet hul GHD het baie meer gebruike as net wat op die doos staan. Wel, daar is sekere goed waarvan onse Gretha bittermin weet en haarself liefs van moet weerhou om kommentaar te lewer. Of boeke te skryf. Vat nou maar haar Lyfslim-boekies vir seuns en meisies. Vir die meisies byvoorbeeld word die boeke op haar website so geadverteer: “Jy het miskien honderde vrae oor jou lyf, jou tieties, en al die goed wat nog met jou gaan gebeur.” Tieties. Watter fokken karavaan het jy in grootgeword tannie? Om nie te praat van haar doktersgraad in moffiewees nie… want in haar boekie vir seuns, praat sy oor wat seuns gay maak en hoe jammer sy hulle kry want hulle gaan nooit ‘n normale verhouding kan he nie. So, wat aldus onse Gretha, maak jou gay? Wel, seuns word aangeraai om fokken wye draaie om ‘n klavier loop. Jip. Seuns wat klavier speel mag dalk deur maats geterg word as moffies en who knows where that could lead! En skaak. Diefokweet. Iemand moet vir haar vertel dit word “pawn” gespel en nie “porn” nie. En die queen op die bord is nie Elton John nie. O, en as jou pa jou nie liefgehad het nie of hy afwesig was in jou lewe, is die kans goed dat jy gaan buk vir meer as net om die seep op te tel. Sulke stereotipering. Maar vrees nie. Die mense is lus vir haar. Nie daai tipe lus nie. Lus om te dagvaar en te verkla by die Menseregtekommissie, die SPCA, twee komplekse in Silverton se body corporates en die Noord-Transvaalse Jeugkoor.
2) Gepraat van mans wat hou van holtes, ontmoet Ryan Sean Davy. Wie hom? Wel, hy is ‘n Suid-Afrikaner wat gedink het hy kan ‘n molshoop van ‘n berg maak toe hy besluit het hy wil Everest uitklim. Maar toe hy hoor dit kos 8 500 Britse skille, toe kruip hy weg in ‘n grot. Wegkrupiertjiekampioen was hy blykbaar nooit nie, want hy is toe ontdek en van die berg afgejaag en beboet met 17 000 Britse skille. Sulke baie meer geld as aanvanklik. Hulle het toe blykbaar sy paspoort en Barbra Streisand tapes gekonfiskeer. Ok, daar was geen Barbra Streisand tapes by hom nie. Maar as daar was? Die arme gay ou. Spekulasie natuurlik. Maar komaan. Barbra Streisand? En hy was een keer 13. En hy kruip weg in ‘n grot?
3) Die Bulle verloor tans vinniger fans as Jurie Els toe hy destyds jong seuns klavier wou leer speel het. Die manne by Loftus is duidelik bekommerd want hulle geldelike kraantjies word naweek na naweek bietjie stywer toegedraai. Dinge is duidelik op die koffie. Seker hoekom jy nou Blou Bul koffie kan koop om te help met fund-raising. Blykbaar is crowd-funding oorweeg, maar siende dat daar geen fokken crowd oor is nie, gaan daai enetjjie ook nie lekker werk nie. So waar is al die Bulls fans? In die closet pappie. (Just in case Gretha Wiid hierdie lees, in die vorige sin verwys die woord “pappie” na ‘n gemoedelike vorm van recognition eerder as ‘n homoseksuele insinuasie. En closet soos in hulle is skaam om te erken wie hulle werklik is. Verstaan? Nevermaaind.)
4) Wie het meer lewens as Bobby Ewing? Wie maak meer comebacks as John Travolta? Wie appear en disappear en appear meer as Elvis in Alberton? Molefe. Brian Molefe. Die fokker keer blykbaar terug as uitvoerende hoof van Eskom. Knyp jouself maar. Nog ‘n keer. Is dit lekker grootseun? Hmmm ja. Skies Gretha, ek dwaal af (if you know what I mean). Einste belhamel wat weg is by Eskom en toe soos ‘n wet dream sy opwagting maak in die parlement, is nou blykbaar oppad terug na die kragdwerg toe. H(l)au, die waansin kan seker nie erger raak nie?
5) Kan mens rêrig ‘n prys plaas op kennis? Jip. R150 seems to be the going rate. Want as jy R150 spandeer by Pick n Pay, kan jy een van daai oulike opvoedkundige kaartjies propvol inligting oor ‘n spesifieke dier kry. En dan is daar geen keer aan jou nie. Jy is dan gepantser teen enigiemand wat dink hulle weet meer as jy oor die drolle van ‘n buffel. Maar oeps. Wat nou? Heelwat van die kaarte het feitefoute op? So is daar byvoorbeeld ‘n bok wat verkeerdelik as ‘n steenbok geïdentifiseer is en so vinnig as 1 000km/h kan hardloop. Fokkit. Hoeveel terpentyn smeer mens aan daai bok se hol? Een kaart verwys blykbaar ook na die grootste voël op aarde, maar tienerseuns word gewaarsku dat hulle die kaart nie 6 keer na mekaar moet omdraai nie, want dit sal hulle gay maak. Of so iets. Sulke Gretha.
Watkykjy staan op 3,091,003 post views in totaal sedert 1 November, 2019.