1) Wat is die langste wat jy al op die troon gesit het? ‘n Kleinnefie van my was een keer vir twee dae verlam in sy een been na hy vergeet het hy sit op die troon terwyl hy deur die Scope geblaai het. En ek het gehoor van ‘n vet oom wat in ‘n karavaanpark in Bronkies op die troon aan die slaap geraak het vir amper 7 ure en eers die volgende oggend daarin kon slaag om homself weer los te skeur… letterlik. Maar dit kom nie naby die jare en jare wat die Hertog van Edinburgh, Prins Philip op die troon was nie. Goed, dis meer Mevrou Philip wat seker op die troon sit, maar daar is nou aangekondig dat ou Phil op 95-jarige ouderdom eers bietjie wil rus. Daarom sal hy na Augustus geen openbare optredes maak nie. Tog bly hy beskermheer en lid van meer as 780 organisasies. Dis 776 meer as jou gemiddelde beheerliggaamlid van ‘n posh hoërskool wat terseldfertyd ook lid is van die direksie van ‘n maatskappy, voorsitter is van sy pluimbalklub en die sameroeper is van hondewedrenne aan die Oos-Rand. So julle kan maar ophou om julle soos royalty te gedra. Dis net ou Elizabeth wat op 91 nog lekker sit op daai troon.
2) Glo jy in spoke? Jy weet, die tipe wat hier bietjie “Boo” en daar bietjie “Boo?” Een ding is vir seker – na hierdie week glo ons president aan spoke. Daar was spoke uit sy verre verlede en spoke van so onlangs as laasweek nog. Toe ou Zoom-zoom nog dink hy tjoon ‘n lekker what-what by Cosatu se Werkersdagvieringe in Bloemfontein, toe word daar luid ge-Boe. Spoke soos Nkandla. Spoke soos korrupsie en die Guptas. Spoke soos Die Stem. Nie daai deeltjie van ons volkslied nie (is dit nog deel?) Ek praat van die stem wat soveel ANC-ondersteuners uitgebring het vir hul party met die hoop op ‘n beter lewe. After this week, our Zoom-zoom will believe in spirits. And we don’t mean Johnnie Black.
3) Die Johannesburgse Metropolisie (of JMPD) het aangekondig hulle soek 1 500 mans en vroue om opleiding te ondergaan en indien suksesvol, as metropolisiebeamptes aangestel te word. Opleiding cover belangrike aspekte van die job in hoofstukke soos:
• Fanta Orange of Fanta Grape – hoe om te kies waarvoor jy lus is tydens ‘n bribe
• Die vet is in die vuur – hoe om jou uniform vol te staan of sit in ‘n gevaarlike situasie
• Druk die fokken knoppie – hoe om jou blou lig aan en af te skakel
• Hoe om landsburgers soos The Stig te laat voel – hoe om mense van die pad af te trek oor drie bane van die snelweg of op gevaarlike draai en blinde hoogtes
• Hoe om flikkers te gooi – hoe om die motoris alles in sy kar te laat toets en dan ‘n boete te skryf vir iets onbenulligs soos voëlstront op die bonnet.
4) Die ANC-jeugliga het die vorige Minister van Toerisme hierdie week ‘n verraaier genoem nadat hy in die openbaar gesê het hy weet nie vir wie hy in 2019 gaan stem nie. Sulke braaf. Maar die jeugliga sien dit nie so nie en het aangedring dat Derek Hanekraai… ek bedoel Hanekom, omverskoning vra. Want mos.
5) Dit het hierdie week ook aan die lig gekom dat die ANC blykbaar in die 90s ‘n verkiesingsveldtog wou finansier deur draks te verkoop. Dit vat die “party” in political party na ‘n nuwe high (so to speak.) Blykbaar was hulle finansieel so diep in die verknorsing, dat dit een van die oplossings was wat hulle oorweeg het. Smaak my die ANC-jeugliga se huidige president, Collen Maine leef dalk op van hierdie draks. Hoe anders verklaar jy sy “o-so-volwasse” tirade hierdie week na Zuma se Booskepades toe hy teatraal reken hulle gaan Ramaphosa terugboo sodra hulle kan. Arme Collen Maine. Probeer so hard sy stempel iewers afdruk. Dalk is dit maar meer ‘n geval van boo-who?
Watkykjy staan op 3,084,019 post views in totaal sedert 1 November, 2019.