Deur Thys Nywerheid
Toe ek ‘n standard sewe laaitie was het ek skywe ontdek. Dit het my soos ‘n regte diktril laat voel. Elke keer as ek ‘n sigaret in my mond gesit het het ek geskiem ek is net so fokken cool soos Slash – nevermind dat ek nie sy hare of kitaar skills gehad het nie. Welcome to the Jungle, pappie! Skywe was die gateway drug tot cool wees. Van daar af was dit net een lekker fokken highway to hell van skelm brannas en Coke drink by die sokkies, chicks uitcheck, aaptwak rook saam met Rastas tot elke fokken plaat luister wat verban is in Rodney Seale se epic boek.
Rook was altyd ‘n groot deel van my lewe gewees. Sulke after action satisfaction tipe vibes soos daai ou James Bond tipe advertensies by die flieks in die 80s. Saam met my oggendkoffie, nadat ek vir Oom Toi en tannie Let gaan kuier het, as ek ‘n braaivleis vuurtjie aan die brand gesteek het het, nadat ek gezaber het, as ek vles gevat het en wanneer ek van die stage afklim na ‘n lekker gig het ek altyd eerste na my Stuyvesants en lighter gegryp. Selfs na ‘n harde sessie in die gym het ek altyd my arme longe nog verder ge-torture met die kak. Totdat ek eendag agterkom sigarette is eintlik ‘n uiters tos gewoonte en ek besluit om die goed te los. Maar dis nie so maklik nie. I don’t like the smokes but the smokes like me. Ek het cold turkey opgehou so 3 jaar terug en dit was loutere hel. Sulke trainspotting vibes. Nikotien is een van die moeilikste drugs om te kick. Met die wilskrag van Rocky Balboa wat in die poeskoue Philidelpia-oggende teen trappe op-en-af hardloop op die beat van Eye of The Tiger het ek deurgedruk en vir amper ‘n jaar lank was ek rookvry. Tog het ek heeltyd heimlik gesmag na sigarette en elke keer as een van my buddies een opgesteek het, het ek geskiem “Fokkit dit lyk lekker”. Kort voor lank het ek een dronk aand ‘n drag van een van my tjommies se smokes gevat en ek was spoedig weer voltyds terug op die pyle.
Face it, vir meeste mense is ophou rook moeiliker as om na Jurie Els te luister. Ek het dit toe maar afgeskryf as my Achilles Heel en probeer om my rookgewoonte te manage sodat ek nie meer as ‘n 10-15 smokes ‘n dag rook nie. Toe gebeur iets wonderlik. Enter the Vaping. Vriende het my vertel van hierdie vaping ding en ek het dit besluit om dit te probeer. Ek was aanvanklik baie skepties en het geglo dat dit selfs slegter vir jou is as sigarette. Rokers is immers so. Lieg die heeltyd vir onsself. Alle rokers het daardie een mistieke oom wat gerook het tot hy 85 was, bramahn beeste bloots gery het en luiperds gejag het met ‘n kettie. Anyway, ek dog toe laat ek dit probeer. Ek los toe die smokes heeltemal cold turkey en gee die vaping ding ‘n try. Die eerste week het ek iewers ver in die agtergrond van my bewussyn bietjie gesmag na sigarette maar dit was regtig verbasend maklik om die kak finaal te los. Dis actually so maklik soos strip-jou-moer-vir-Zuma-as-hy-sy-mond-oopmaak. Twee weke later was ek ‘n wedergebore vaper wat nes alle nie-rokers nie die reuk van sigarette kon hanteer nie. Lekker! Ek het baie navorsing gaan doen oor die hele vaping ding en hier is my bevindinge:
Thys Nywerheid promosies bied aan Vaping VS Smoking
1. Gesondheid
Hierdie is seker die belangrikste aspek wat mens moet ondersoek as jy wil begin vape. Dit maak mos nie sin as jy drank los en begin heroin spuit nie, of hoe? Wel kom ons kyk eers hoe gevaarlik sigarette is. Daar is meer as 4000 chemikaliee (waarvan 43 kanker veroorsaak) in sigarette. Verder is daar ook 400 ander giftige chemikaliee in tabak. Mense rook sigarette vir die nikotien kick maar dis eintlik die teer en ander kak wat jou opfok. Interessant genoeg is nikotien in klein dosisse nie veel meer skadelik as kafien nie.
Kom ons kyk nou na vaping. E-juice bestaan uit:
a. VG (Vegetable Glycerin), ‘n tipe olie wat mens in groente kry,
b. PG (Propylene Glycol), ‘n chemikaliee wat jy in asma pompies en smoke machines kry
c. Nikotien en
d. Flavouring.
That’s it. Soos jy kan sien kry jy selfs groente in as jy vape. Daar doen baie gerugte die rondte dat E- juice Diacetyl bevat, ‘n chemikaliee wat ‘n ernstige longsiekte genaamd popcorn veroorsaak. Hierdie rumours is egter heeltemal uit verband geruk en word heel moontlik deur tabakmaatskappy versprei. Sulke vet fokken conspiracy vibes omdat oom Tabak bang is hy gaan sy gat sien soos Ventersdorp Spur. As jy my nie glo nie, gaan lees wat tune Snopes.com, die interwebz se premium urban legend busters website oor vaping en popcorn lung. Anyway, meeste reputable E juice makers maak seker dat daar fokkol Diacetyl in hulle juice is.
Die bottom line is dat wetenskaplikes reken dat vaping tussen 85 en 95% gesonder is as rook. Die enigste bietjie kommer oor vaping is omdat dit so nuut is, weet wetenskaplikes nog nie wat die langtermyneffekte daarvan is nie. Maar vra jouself: sal jy eerder iets gebruik wat jy nie 100% oor seker is nie of iets gebruik wat jy 100% weet GAAN jou op een of ander manier six love opfok? En as vaping nie met jou akkomodeer nie– dis baie makliker om op te hou vape as om op te hou rook. Ten slotte, kyk gerus wat ‘n Kanadese Kardioloog te sê het oor vaping.
Hierdie rondte: Vaping: 1. Sigarette: 0
2. Persoonlike hygiene
Sigarette laat jou huis stink, jou kar stink, jou gordyne stink, jou klere stink en dit laat selfs jou hond stink. Dit maak jou tande en vingers geel en dit laat ‘n vuil slagveld van sigaretstompies en vrot asbakkies na. Hierdie is regtig ‘n no-brainer.
Vaping: 1. Sigarette: 0
3. Bekostigbaarheid
Met Suid-Afrika se onlangse internasionale toekenning as “Best Newcomer Junk Status Country of the year” moet ons almal maar versigtig met ons Randelas werk. Kom ons doen gou die wiskunde om te sien wat jou finansieel die beste gaan uitwerk.
As jy 1 pakkie sigarette teen gemiddeld R30 per dag rook gaan dit jou R900 ‘n rand per maand kos.Kom ons rond dit af na R1000 vir die kere wat jy uitgaan, drink en automaties meer gaan rook.
Met vaping het jy die aanvanklike koste van ‘n vaping device (Ongeveer R1000) en daarna lyk jou gemiddelde koste so. 1 Bottel e-juice kos gemiddeld so R150. As jy 20 skywe ‘n dag gerook het gaan jy seker omtrent 2 tot 3 e-juice bottels per maand gebruik. Jy gaan ook jou coil (R50) eenkeer ‘n maand moet vervang. Totale koste R500. Die helfte goedkoper as skywe.
Vaping: 1 Sigarette: 0
4. Bekombaarheid
Daar is vaping shops in alle groot stede in die land en jy kan selfs enige e-juice en vape gear op die interwebz bestel en hulle sal dit by jou huis aflaai. Dit is ‘n industrie wat besig is om baie vinnig te groei en ek is seker oor ‘n paar jaar gaan jy vape juice in enige kafee of garage kan kry. Tans is sigarette egter fokken orals bekombaar so om fair te wees moet sigarette hierdie rondte wen. Vaping: 0 Sigarette: 1
5. Genot
Vaping kom in voor in alle geure. Alles van tabak tot melktert. As jy gatvol raak vir een flavour het jy duisende ander om van te kies. Sigarette kom voor in een geur: tabak. Die ander kak ding van rook is dat jy die heeltyd moet buite gaan om te rook en in die winter is dit ‘n fokken lastige gedoente. As jy vape kan jy lekker in die bed lê en vape terwyl jy Game of Thrones saam met jou goose kyk. Vandat ek begin vape het ruik sigarette vir my kaksleg, my kos proe beter, my longe werk beter en ek voel beter. So hier is vaping ook die obvious wenner.
Vaping: 1 Sigarette: 0
Sooooooooooo, by unanimous decision Vaping has won the fight 4-1 with a Poesklap.
Put that in your pipe and smoke it marrafakkas!
Kry jou vape juice online by Watvapejy. Ons courier daai outjie vir jou. Daar is tans 24 verskillende flavours om van te kies, elk beskikbaar in 0mg, 3mg of 6mg nikotien. Ons sit hierdie week nog 6 flavours in stock. Slegs R95 per 30ml. Dis on average ongeveer R50 cheaper per botteltjie as die ander plekke. Terselfdetyd help jy sommer ook om Watkykjy aan die gang te hou.
Watkykjy staan op 3,048,723 post views in totaal sedert 1 November, 2019.