Die week van die Zuma protest march was ‘n moerse belangrike week in ons land se geskiedenis. Ons almal voel nou al vir ‘n lang ruk hoe die ondergrondse riviere van rebellie teen Zuma stadig besig is om te begin kook en borrel. En ja ek is een van daai mense wat wou march en rebelleer teen Zupta na hy Pravin gefire het. En fok ja ek was Vrydag 7 April by die Uniegeboue. A people united can never be defeated! Dit was nogal amusing vir my dat mense my wou kak gee omdat ek my grondwetlike fokken reg wou uitoefen om te protest. Of dat mense jou kak gee oor jy een protest bo ‘n ander kies. Of dat mense wat op hul eie manier wil protest ook net summier afgeskiet word. Het ons nie al verby al daai kak beweeg nie? Maar as jy wit en privileged is moet jy nou maar weet jy gaan altyd kak kry daaroor, maak nie saak wat jy al vir die land gedoen het nie. So die hele spul forseer my alweer om terug te gaan in ons verlede en die ou benamings te gaan afstof en die dooie geeste op te roep en om weereens selfondersoek te doen oor my rol as Suid-Afrikaner. Vir die soveelste keer. Militant bleeding heart liberals. Fok. Die ‘ons’ en ‘julle’ waaroor julle konstant in julle broeke kak gaan ek nou maar weer moet opbring.
Dit was nie ‘n verrassing toe die ANC se Mzwandile Masina sê ons wit marchers is racist en kry te veel confidence nie. Typical divide and rule taktiek. Hey abuti Fanie, jy moenie vir jou kom wit hou hier in donker Afrika nie. We are many, we will fuck you up! Whatever, kry vir jou nog ‘n middelvinger. It comes with the white privilege package. Zuma het anyway weer sy tune verander na die march. Nou is dit nie demokraties om hof toe te gaan as hy op die Grondwet pis nie. Politieke partye se hypocracy verstom my ook. Dit was ‘n bittersweet belewenis so saam met die unity ding. Malema weet nie of hy witmense wil skiet of verdedig nie. I want to kill a settler but then I mantashed and protested with them instead. So ons whiteys het nie die moral authority nie, maak nie saak of ons al ons besittings verkoop en vir die EFF gee nie. I get it. Want ons ouers en hulle ouers het opgefok en nou is ons generation ook evil. Ek verstaan ons moet verantwoordelikheid vat vir die sondes van ons vadere maar vat dit nie bietjie van my menslikheid weg as jy so aanhou nie, Masina? Mmm? If you prick us, do we not bleed?
My mond het ook weer oopgehang oor die van julle whiteys wat alweer weggekruip het in julle tronk-huise en mekaar op whatsapp gewaarsku het dat die swart massas witmense gaan aanval in die strate en Zuma ‘n noodtoestand gaan aankondig om drakonies te kan begin optree. Hey Susan, ek het nuus vir jou: hy het nie nodig om ‘n noodtoestand af te kondig daarvoor nie. Wat, het jy die midnight shuffle gemis? Jirre, ek is ek in ‘n time warp of iets? Nie alweer die tagtigerjare nie. Junk status all over again. Ek ek het gehelp om ons ekonomie op te hef en ek weet ek is nie die enigste een wat ‘n bydrae gelewer het vir Suid-Afrika se mense nie. Baie van julle het ook op julle manier dit gedoen en weet presies waarvan ek praat.
So, in my woede oor die ANC ons whiteys net kan dismiss as irrelevant, het ek bietjie gaan terugkyk na waar my politieke consciousness vandaan kom. En die eerste ding wat ek gedoen het is om die Voëlvry Die Toer CD weer te gaan soek en dit weer te luister. Ek wil nie in ‘n debat ingaan of die Voëlvrybeweging genuine effektiewe protes was teen die NP regering daai tyd nie. Met ander woorde of dit deel was van die struggle wat eventually tot die nuwe SA gelei het nie. Gaan kyk weer na Voëlvry: The Movie en luister hierdie CD en dan maak jy jou eie mind op.
Ek weet wat dit vir my beteken het. Jirre, my Voortrekkerneef het my voorgestel aan die klomp reprebates. Ha! Ek was 12 jaar oud in 1989. Dit het my generasie (wat die Voëlvry beweging net gemis het) iets gegee om aan vas te klou in daai rowwe jare van 1992 tot 1994. Ons ouers het fokol antwoorde gehad. Die kerk nog minder. Ons het nie geweet of ons Mandela kan vertrou of nie. En as gevolg van die bestaande Apartheidsstrukture was die wêreld van Oliver Tambo en Walter Sisulu so vêr verwyderd van ons klein bubble dat ons net die ANC van ‘n afstand kon support. Met al die indoktrinasie wat daai jare op ons af gedwing was, wie kon ons in elk geval blameer? Ons was kinders gewees en te bang om na die ANC protests toe te gaan. Mense is daai tyd doodgeskiet by sulke optogte.
Maar die Voëlvry beweging het vir ons ‘n antwoord gehad. Loud and clear! My geskiedenisonnie was nogal ook ‘n groot invloed op my denkwyse al was hy ‘n doos. Net soos Kerkorrel het hy ons geleer om vir onsself te dink te alle koste. Die onderwysstelsel as ‘n geheel was steeds moreel korrup in die mid-nineties, so vir ons was daar net sulke pockets of liberation om ons. Jy kon Freek Robinson se debatte met die NP en ANC leiers op TV kyk, Vrye Weekblad lees as jy wou (dit was bietjie grownup nog vir ons), Johannes Kerkorrel en Koos Kombuis luister en dan jou eie mind opmaak.
Later in my lewe rondom 2001 het die sade wat die beweging geplant het my keuses begin beïnvloed. My gewete het erg begin lol die volle ses maande toe ek by ‘n whites only vakbond gaan werk het en ek het geen keuse gehad as om net summier te bedank eventually nie. En toe ek later werk gekry het by die Staat het dit my weer gepla dat net mense wat ANC-connected is bevordering kry. All white aan die een kant en all black aan die ander kant, maar my mees waardevolle lesse as ‘n Suid-Afrikaner was tydens die min of meer dekade wat ek by ‘n finansiële reguleerder gewerk het wat direk aan die Minister van Finansies rapporteer het. Ons het gesorg dat finansiële instansies gesond bly en dat verbruikers beskerm word. Employment Equity is redelik verantwoordelik toegepas, so nepotisme was minimaal en die official political policy was redelik neutraal. Daar was zero tolerance vir bedrog en korrupsie. Al wat ek gehad het was my Alternatiewe Afrikaner status om my te help assimileer tussen al hierdie verskillende kulture. Ek sweer ek was seker eerstejaar op varsity toe ek vir die eerste keer ‘n kleurling vriend gehad het en drie-en-twintig toe ek vir die eerste keer enkele Indiër en swartmense vriende kon noem. Dit kom nie sommer natuurlik nie, maak nie saak wat mens jou probeer wysmaak nie.
Fast Forward weer tot 2003 en baie van die mense saam met wie ek gewerk het by die reguleerder was heavy polities georiënteerd. Hulle het so grootgeword en jy kan maar sê dat ek tjomme was met die genuine “swart gevaar” van ouds. Sulke baie “kommunistiese” idees so tussen die gematigde mense. Ek het op ‘n manier tuis gevoel in die diversiteit maar trust me, al my swart kollegas en die vriende wat ek gemaak het het nie ‘n clue gehad wie of wat die Voëlvrybeweging was of is nie. Een of twee mense het geweet van Johannes Kerkorrel omdat daar in die parlement eer betoon is aan hom toe hy oorlede is maar overall eintlik glad nie. Dit was net nie op hulle radar nie. Die musiek val ook nie in jou deursnit swart persoon se smaak nie. Ek was op baie verskillende maniere betrokke en het op ‘n klomp komittees gesit van goed te doen met arbeidsverhoudinge tot om armes te help met hulle geldsake. I won’t bore you with the details, maar die belangrikste les wat ek geleer het daai tyd is dat reg aan die begin voor jy iemand leer ken, sien meeste swartmense jou nog steeds as ‘n Afrikaner van ouds. Op persoonlike level maak die oorgrote meerderheid fokol onderskeid tussen watse tipe witmens jy is. Jy besef dis jou verantwoordelikheid om op ‘n persoonlike vlak met mense te connect en God weet die Steve Hofmeyr-clan maak dit nie makliker vir die res van ons nie. Ons kan nie langer wag dat hulle uit die middeleeue ontsnap nie.
Is dit nie tyd dat ons (dié van julle wat verstaan wat ek sê) die TV-stel weer aansit nie? Ons het nou die opportunity om saam met ‘n groot verskeidenheid Suid-Afrikaners te skree daar is iets wat ons kwel en wat ons onstel. Dis alweer vir almal ‘n nare gesig. Hierdie keer net Butternut head s’n. En al sy outokratiese cronies wat langs hom staan en dans. Vir dié van julle wat musikante is en te bang is om politieke lirieke te skryf om uiting te gee aan julle frustrasies (want jy dink swartmense gaan dink jy is rassisties) – dink net bietjie weer oor waar ons vandaan kom. Ja, ons gaan nie weer so ‘n rock and roll beweging sien soos die Voëlvrybeweging nie. Ek weet, maar dis ook nie nodig nie. Ons het klaar daai lesse geleer. Ek dink nie ons implementeer dit almal so effektief nie, though, insluitende myself. Neem deel aan die rewolusie op jou manier. Die swart rewolusie is besig om baie naby die anti-Zuma rewolusie te beweeg. Ek is nog nie so idealisties om te dink dis naastenby dieselfde ding nie. Maybe one day, maar vir nou steek jou hand uit. Dis OK as jy teenkanting kry. Stand your ground. Just be real en praat eerlik oor julle ervarings.
Musikante, fok man, skryf en sing daaroor. Moenie stilbly nie. ‘n Paar van julle doen dit alreeds. PitVirus en The Slashdogs byvoorbeeld het al oor my pad gekom met die reviews wat ek skryf. Hulle het geleer by die Voëlvrybeweging. Kerkorrel-hulle wou mix met gewone Suid-Afrikaners van all walks of life en praat oor idees wat ‘n hele wit gemeenskap net wou ignoreer. Fair enough, meeste mense het agtergekom die politiek wat daarna gevolg het net die divide groter gemaak. Witmense het net ander maniere gekry om laer te trek. Dis uit die staanspoor nie so maklik om met mense van ander klasse te connect nie. Dis selfs moeilik om wit en swart middelklas barriers te oorkom as jy nie bietjie moeite doen nie, maar ek voel ons is al te lank by ‘n plek waar ons steeds nie vrae vra oor die dinge wat ons pla nie en veral nie meer debatteer daaroor nie. Ons kruip agter social media se anonimiteit weg en gooi net klippe na mekaar toe so nou en dan. Ons het weer geleer om op ‘n ander manier stil te bly. Het die Voëlvry beweging ons nie juis geleer om glad nie stil te bly nie?
Watkykjy kritiseer baie dom politicans wat toevallig ook swart is en niemand se ons is racist nie. Jy hoef nie te voel jy is fake as jy jou bek oopmaak nie. Jy gaan net bietjie meer ingelig moet wees as jy jou mening lig. Veral nou met social media en die regering wat vrye spraak op alle vlakke wil inperk, maar as die opportunity kom, probeer connect met ander kulture en kyk waar jy kan help. Doen dit op jou manier! Om net belasting te betaal is ongelukkig nie genoeg nie. Ek weet nie of ek dit reggekry het in my lewe nie, maar toe ek nog gewerk het, het ek aanhou probeer toe dit saak gemaak het en ek het real discussions gehad oor ras met verskillende tipes mense. al wou ek net opgee op rekonsiliasie soms. Dis hectic om genuine vir swart mense te sê wat in jou kop is. Erken hoe mens grootgeword het en om nie doekies om te draai nie.
Ek onthou op ‘n stadium so tussen al die meetings daai tyd en die swoeg en sweet om verby ons verskille te kyk. Selfs toe ek bedank het van ons interne vakbond omdat ek nie saamgestem het met die manier hoe hulle (ja swart mense in daai spesifieke situasie) dinge doen nie, het van hulle my broer begin noem. Nie bra of ubuti of mulungu of buddie nie. Broer. Dit was ‘n great gevoel. Ek het broers for life by gekry en ‘n mutual respect wat nooit sal weggaan nie, al sien mens mekaar nie baie nie. Dit klink nie na baie nie, maar dit was life changing vir my. Dis maklik om vriende te wees met swartmense wat dieselfde as jy dink. Dis nie so maklik om met almal te connect oor die kleur, politieke, ouderdom en klas -grens nie. Ek dink ons moet ten minste ‘n beter poging aanwend in ons land. Julle het almal al sulke experiences op een of ander manier gehad en weet hoe befok dit voel as dit werk.
Suid-Afrikaners weet eintlik wat om te doen vorentoe. Ons moet net meer met mekaar daaroor praat en harder probeer. Gooi weer hierdie classic album terwyl jy daaroor dink…
Watkykjy staan op 3,101,763 post views in totaal sedert 1 November, 2019.