PK. Afkorting vir perdekrag. Of poskantoor. Maar hier by Watkykjy, verkies ons die Poesklap-weergawe. En elke maand gaan ons een lekker stywe PK uitdeel aan iemand wat uit sy of haar pad gegaan het om die nasie kollektief af te pis. Soos in fokken all-the-way pappa.
April se PK gaan vir die tweede maand in ‘n ry aan President Jacob Zuma.
Sy bakkies moet teen die tyd al witwarm gemoer wees, maar hy verg onverpoesd voort om niemand anders die kans te gun om ook ‘n ou PK’tjie te kry nie. Dis asof hy werk aan sy eie musical: Suid-Afrika – Die Sirkusjare. Op laerskool het my juffrou met die Mmusi tussen haar buuste my geleer mens begin nie ‘n sin met “En toe” nie. Maar in April het Zoom-zoom sy kabinet geskommel. En toe dank hy Pravin Gordhan af. En toe kry ons kredietstatus ‘n afgradering. En toe kry hy dit reg om drie ministers wat gedurf het om kritiek te lewer teen van sy besluite, om omverskoning te vra. En toe besluit hy die goed georganiseerde ZumaMustFall optogte is rassisties. En toe parkeer hy in een van daai parkerings vir gestremdes net buitekant Menlyn. En toe bars hy ‘n blinde kind se ballon en skop ‘n klein worshondjie dat die kak wit sit. En toe het hy erken hy is die doosbrein agter al die call centres wat mens bel en enigiets van lewensversekering tot vakansies op Prieska aan mens probeer afsmeer.
Ok, van daai goed het hy nie gedoen nie. Maar fokweet hy kon netsowel. Dis amper of die swerkater uit maand uitgehardloop het voor hy nog iets kon opdonner. Maar daai ding van “En toe,” daai ding pla my. Want as ‘n land is ons geregtig op beter. Maar ons is tevrede. En toe. Toe soos ‘n klei-os se gat!
Dis tyd dat hy gaan. Jy kop? Jacob! April se PK ontvanger: die Prez!
Watkykjy staan op 3,057,595 post views in totaal sedert 1 November, 2019.