Rami Malek is ‘n relatief onbekende Hollywood akteur. Hy is bietjie van ‘n vergeetbare randfiguur of agtergrondkarakter in so paar bekende TV reekse en ‘n fliek hier en daar. As jy reeds so paar episodes gekyk het of half belangstelling getoon het in Mr. Robot, sou jy vergewe word as jy geskiem het dat Christian Slater die main konyn van die reeks sou wees. Malek het ‘n fokken weird gesig – die bra lyk of hy drugs vat en fokol slaap. Jy ken daai look, want almal het daai een kollega met die gesonke oë op ‘n benerige, bleek gesig wat sy toebas langs die copier staan en vreet soos ‘n haas wat rabies het. Die bra is ook spot on ge-cast vir die rol van Elliot Alderson – ‘n nerd wat by ‘n groot corporation werk, fokol tjommies het nie en met niemand praat nie. Juis daai ou by jou werk wat jou laat wonder oor die presiese tyd wanneer hy met ‘n swart JanSport rugsak by die werk gaan inbars en almal vol lood gaan pomp omdat die hele society teen hom is. En omdat iemand sy stoel gebruik het.
Jirre, laat ons nou nie spoke opjaag nie. Jy sit nou juis by die werk en rondkyk. Jy vang nou min of meer die donkerte right? En dis min of meer waar die Fight Club vibe inkom by Mr. Robot. Progammeerder bedags en briljante hacker besnags (dis hoogtyd dat die woord ‘besnags’ ‘n actual woord word. Fok jou, HAT!) is Elliot ‘n briljante techie, ‘n reclusive nerd. Hy het so paar issues wat hom in ‘n blik druk – hy haat groot korporasies (alhoewel hyself gedurende kantoorure vir een werk) en hy vang ‘n vet kak in die vervlakking van die samelewing – dis nou probably social media en meisies wat hulle gesiggies soos katholle trek vir ‘n fototjie op Instacramp. O ja, en die man vat ook bietjie draks. Met “bietjie” bedoel ons “te veel”, met “vat” bedoel ons “snuif” en met “draks” bedoel ons “morfien”. Jirrefok, wie snuif morfien? Laat sak jou hand, Vanderbijlpark…
Soos dit maar is met briljante mense in TV reekse wat dwelms besig en hacking pleeg, word bra Elliot recruit deur ‘n elite ondergrondse, geheimsinnige hacker groep wie se mission dit is om die groot evil corporations op te fok, insluitend die corporation waarvoor Elliot self werk, E Corp. *maak draadtrek beweging* Yup, Elliot noem dit Evil Corp. Hier het die show se verbeelding bietjie tekort geskiet, maar moenie worry nie – dit sal jou nie te lank pla nie. Die groepie stouterds wat hom recruit herinner nogal baie aan real-life hacking groep, Anonymous, maar hulle het net ‘n baie cooler naam: Fsociety (ja, “fuck society” – jirre jy is slim vandag). Fsociety het net die regte note met Elliot raakgeslaan en daarin geslaag om sy karaktertekortkominge uit te buit. Die man is ‘n introvert en het interne struggles oor sy grootwordjare en sy persoonlike lewe. Hy is meestal emosieloos (soos in fokken 99% van die tyd) en hy sukkel soms om te onderskei tussen wat werklik rondom hom gebeur en wat nie mooi heeltemal aandie gang is nie. Elliot sukkel veral om belangrike feite en gebeurtenisse rondom sy naaste familie te onthou. Natuurlik help die drugs ook fokken glad nie. En al hierdie confusion help die kyker nog minder. Sulke confuse. En dis wat dit fokken lekker maak. Die dinkwerk. Dis waar daai Fight Club “waddepoes het nou net gebeur” vibe lekker dik inkom…
Ons reken nou wel dat Mr. Robot soos Fight Club is vir julle ouens wat fokol van computers af weet, maar die creators het pretty fokken naby aan real life scenarios gebly, so vir die handjievol van julle wat volwaardige hackers is daarbuite, sal die general execution van die show sover dit die IT wêreld behels, nie te contrived voel nie. Net as ‘n side note vir al die onnosel kinders daarbuite: jou “Facebook” is nog nooit ge-hack nie. Jy het jou Facebook page oopgelos op jou laptop of PC of jou foon laat rondlê en een van jou poes snaakse vriende het jou status gaan update na “Ek hou baie van mans en soek dringend piel”. As Facebook (die company self) eendag faktap ge-hack word sal jy sien wat hacking is, jou nool. Mr. Robot is vir jou ‘n proper introduction tot wat hacking is. Nie daai CSI: Sannieshof kak wat jy so opvreet nie…
Vir dié van julle wat wil oplees oor hoe die creators en director hacking benander het vir Mr. Robot, kan julle gerus hierdie kief artikel op Wired.com gaan lees. https://www.wired.com/2016/07/real-hackers-behind-mr-robot-get-right/
So paar interesting trivia goedjies:
- Die creators van Mr. Robot het ‘n virtual reality episode gemaak vir serious fans. Lekker dronk word, hoor. Hy werk lekker op ‘n smartphone:
- Die cast en creator het so paar hacking seminare bygewoon om vir hulle rolle voor te berei
- E Corp (oftewl Evil Corp) se logo lyk nogals fokken baie na daai skelm Enron konte se logo.
- Of maybe lyk dit soos Dell Computers se logo? Plak maar ‘n ou ietsie oor jou Dell laptop se kamera as jy weer handjie maak vir stoute tannies. Jy weet nooit of iemand morfien snuif en jou dophou nie.
- Vir die nerds wat omgee – Elliot en sy sussie gebruik Python en Ruby om mee te hack.
- Elliot se vissie se naam is QWERTY. Ag cute! Kyk gou na daai eerste ry onder die nommers op jou keyboard. Wat tune dit? QWERTY! As jy dit nie self gevang het nie, is ons tans besig om “jou Facebook te hack”
Die eerste twee reekse van Mr. Robot is nou op Showmax beskikbaar om te kyk. Dis 22 episodes wat jou 22 ure se kykgenot sal verskaf. Sign sommer op vir die 14 dae verniet trial met Showmax om dit te kokkendodge. As jy nog twee en ‘n half ure wil byvoeg, kyk sommer Fight Club ook weer. As jy dit nog net eenkeer gekyk het toe dit uitgekom het, is jy nou 18 jaar ouer. Sorry man. Kyk dit sommer weer, want dis ‘n befokte movie. Vertel ons ook sommer wat jy dink van Mr. Robot. En vertel ons sommer van Fight Club ook.
Watkykjy staan op 3,083,850 post views in totaal sedert 1 November, 2019.