1) Die Minister van Polisie is klaar dik vir sy nuwe portefeulje. Dik vir dik polisielede. Dis nou ou Fokkol Mbalula wat nie juis self ‘n kampvegter vir anoreksie is nie. Hy het sy prioriteitslysie bekendgemaak en dit sluit die demilitarisering van die polisie in, asook die vernietiging van vuurwapens na strafregtelike ondersoeke en om McDonalds drive-thrus minder aanloklik te laat lyk vir ons manne en vroue in blou. Want kyk, as Stephen Hawking die dag vinniger kan hardloop as jou polisie, dan het jy kak.
2) Duidelik was Mbalula bang hy gaan minder aandag trek in sy nuwe hoerdanigheid as toe hy Minsiter van Spot was. Toe besluit hy maar hy sal sommer tjop-tjop vir homself baie kollig steel. Hoe anders verklaar mens sy uitlatings die week dat lede van Zimbabwe se nasionale weermag wat van militêre diens in hul land wegvlug, neem deel aan gewelddadige misdaad in Suid-Afrika. Man, ek is bly ons het dit nou opgeklaar. Want nou weet ons dis nie ons se mense nie. Jammer vir jou Meneer Ambassadeur van Zim wat voel Mbalula is onregverdig. Julle mense kom befok ons land en dan moet ons ons eie mense verdink van misdade soos huise afbrand, korrupsie, diefstal, moord, verkragting en back tracks by live shows.
3) Dit het aan die lig gekom dat agt van die 14 maatskappye wat so mooi vir ons president gehelp het om sy pondokkie te beveilig en ‘n City Lodge vir sy hoenders te bou, het na die hele Nkandla-debakel weer staatskontrakte gekry. Al wat ek hieruit kan aflei is dat die ander ses maatskappye seker iets reg gedoen het. Mmusi Maimane, leier van die DA het aangedring dat al 14 maatskappye se name op ‘n swartlys geplaas word. Maar dis sommer net fokken plein rassisties. Dit kom in dieselfde week as bewerings dat daar nog verbeterings is by Nkandla. Maar dit blyk onwaar te wees – daar’s geen verbeterings. Jacob is nog steeds inkompotent.
4) Johnny Clegg het aangekondig hy gaan nou ophou sing en spring soos ‘n AGS-diaken op warm kole en dat hy na sy komende oorsese toer sy kitaar gaan wegbêre. Hy gaan sy tyd spandeer aan sy outobiografie en om nog woorde uit te dink wat rym met Juluka en Savuka… soos Steve Hofm… ek bedoel palooka.
5) Die Koningin van Engeland het hierdie week by die dood omgedraai. Elton John, of Eltie vir sy vriende, het blykbaar baie siek geword op ‘n vlug van Chili na Brittanje, maar die bemanning was vir ‘n hele rukkie nie seker of Eltie kots of sing nie en toe moes hy 12 dae in die hospitaal deurbring. En toe leer hy ook sommer “hospitaalkos” seems to be the hardest word.
Watkykjy staan op 3,089,943 post views in totaal sedert 1 November, 2019.