1) Daar’s twee goed waarvan Jacob Zuma bitterfokkol weet. (Ok, daar is getalle-wat-hy-nie-kan-uitspreek-nie meer, maar ons sal die hele maand besig wees as ons op almal moet fokus, so ons kies twee vir nou.) Die een is OPTOG en die ander is AFTOG. En dit los meeste landsburgers met ‘n gevoel van FOKTOG. Want die belhamel wil net nie die AFTOG blaas nie. En hy reken elke OPTOG van die laaste week of so wat hom vra om te tjaila is rassisties. Jip. Selfs op ‘n swart-en-wit TV kon mens sien dis mense van elke kleur wat gemarsjeer het. Maar nee. Een two-tone khakidraer se plakkaat wat insinueer die probleem is die swartmens word uitgesonder en nou is daar kwansuis meer rassiste as trappe in ‘n Top Billing episode. Maak mens skoon wit van woede.
2) Wat maak jy as jy voel jy is besig om mag te verloor? Jy kry weermag. Die Gupta-familie het na laas week se optogte so bedreigd gevoel, hulle het sommer ‘n pantserwa gekry om hulle te beskerm. Ja man. So een wat jy sommer by enige webuymilitaryvehicles.co.za kan aanskaf. Volgens die Gupta-nes se prokurower, voel hulle die polisie kan hulle nie meer verdedig nie. Eina. Sulke dwarsklap na Fokkol Mbalula, die nuwe Minister van Polisie se kant toe. Die einste vuurwa is toe sommer in die middernagtelike ure verwyder toe dit aan die lig kom dat dit onwettig is om ‘n weermagvoertuig vir private gebruik aan te wend. Maar Google Maps het die laaste lag gehad toe hulle vir ‘n wyle hierdie week ook verkeerdelik die Gupta-pondokkie in Saxonwold as die huis van die president aangedui het. Sulke lag.
3) Die lysie van mense wat NIE na ‘n marshmallow-braai by my sekuriteitskompleks met ‘n wag by die hek en lemmetjiedraad reg rondom uitgenooi sal word nie, het hierdie week gegroei. Naas Nicholis Louw, die tannie met die snor by die kafee in Westdene en Dan Roodt, het Mzwandile Masina, Ekurhuleni se uitvoerende burgemeester, sy naampie in die hoed kom gooi. Dit nadat hy hierdie week by ‘n herdenkingsdiens vir struggle-veteraan Chris Hani, ‘n waarskuwing aan witmense gerig het dat as hulle in die pad staan van nasiebou (nie nasiebrou), dinge baie rof kan raak. Sy woorde: “Ons is baie. Dis nie ‘n dreigement nie. Ons is baie en dit kan baie, baie rof raak.” Nou ek kan verkeerd wees, maar ek vermoed die “baie” is die swartmense. Dit kan seker Jehovah Getuies ook wees. Of mense wat Candy Crush uitnodigings op Facebook stuur. Die “baie” kan selfs dalk verwys het na mense wat iets “waardeur” in plaas van “waardeer.” Maar ek is bereid om my junk-status tienrandjie op die spel te plaas dat hy ‘n kwalik verskansde dreigement na wittes toe gemik het. Burgemeester se gat. Burgerminste more likely. Kom ons gebruik ons magsposisie en hits mense teen mekaar aan. Sulke doos.
4) South African Airways het ‘n goeie week agter die rug toe dit onttroon is as die lugdiens wat pal in die meeste kak is. United Airlines van die Verenigde State van Amerika het hierdie week meer drama gehad as ‘n moffie by die NG Kerk in Ventersdorp. Toe dit blyk hulle het ‘n vlug te vol bespreek, moes hulle vier passassiers vra om af te klim. Toe niemand wil nie, kies hulle randomly vier. Drie aanvaar hulle lot. Maar een klou toe soos ‘n metropolisielid se broek aan sy gat en weier. Sekuriteit word ingeroep en ander passassiers verfilm toe hoe hy hardhandig van die aerie af geboender word. Kan dinge erger raak? Wel, die CEO van United Airlines se halfhartige verskoning vir wat gebeur het, het die vure verder gestook en laat hoe Ford SA die hele Kuga-debakel hanteer het, lyk soos ‘n gevallestudie vir PR-excellence.
5) Terug in Suid-Afrika het honderde mense in Komatipoort na hul vriedelike SPAR toe gehaas toe hulle hoor ou Zoom-zoom maak ‘n verskyning en teken tiete. Maar groot was hul verbasing toe hulle uitvind dat dit ‘n genuine slang is wat in die SPAR gesien is en nie net die politikus-soort nie. Want slang is mos slêng vir politikus. Mens kan die konfusie verstaan, veral as mens in ag neem dit was ‘n LUI-slang van amper 4 meter ook nog. Die slang het blykbaar harder sisgeluide gemaak as die sisgeluide wat die “ras-sis-te” tydens die Zoom-zoom optogte gemaak het.
Watkykjy staan op 3,084,116 post views in totaal sedert 1 November, 2019.