Die hele Suid-Afrika het Vrydag aan die suip gegaan tot ongeveer 9:30 vanoggend, so hier is verlede week se nuus, effens laat met ‘n kopseer.
1) Weet jy wat is Jacob Zuma se gunsteling milkshake? Die kabinetskommel, pappa. Dit laat Suid-Afrikaners skuim om die mondhoeke en los ‘n kak smaak in die bek. Net toe Suid-Afrikaners dink 7de Laan het die grootste skok van die aand ingehou, gaan Zuma soos ‘n dief in die nag en fire 9 ministers en 6 adjunk-ministers. Good-bye, you are the least corrupt link. En dit sluit natuurlik Pravin Gordhan in. Want sulke administratiewe struikelblokke in Zoom-zoom se pad.
2) Maar wag. Fokkol Mbalula, die geliefde (ek gebruik die term losweg) Minister van Spot hoor toe hy gaan tjoekie toe. Soort van. Hy is die nuwe Minister van Polisie en ons weet almal waar hulle opeindig. Miskien het Zoom-zoom net genoeg gehad van white monopoly capital en daarom stuur hy sommer vir Mbalula direk tronk toe… do not pass go, do not collect R200 (collect more!!!).
3) Dit was mooiweer en bedompig hierdie week in Randburg. En ons weet wat dit beteken. Sun’s Out, Guns Out! So bust die polisie ‘n klomp makkers met meer gewere in hul arsenaal as jou gemiddelde kappiekommando voorsitter. Dis net AK47’s en handpistole en mortiere en waterpistole en en en. Fok, mense. Smaak my die Spur in Randburg gaan besig wees hierdie week.
4) Hulle sê dis nie wat jy weet nie… dis wie jy ken… Vra maar vir Koketso Choma, stiefdogter van Eskom-baas Matshela Koko. Sy is 26, het maar 3 jaar terug gegradueer en is ‘n direkteur van ‘n maatskappy met die naam Impulse International. En die einste plekkie kry dit reg om kontrakte van meer as R1 biljoen los te slaan by einste Eskom. Vir nog ‘n biljoen rand Koketso, spel vir ons die word “nepotisme.”
5) Die noordoostelike deel van Australië gerstel steeds na ‘n sikloon hierdie week mense se hare deurmekaar gekrap het. Ons praat van winde van 260km/h wat effe meer potent is as daai winde na 3 blikkies baked beans. Huise se dakke is afgeruk, bote is rondgetos en ten minste een frangipani-struik het seergekry. Maar die ergste was toe mense ‘n dooie haai in een van die strate kry. Weet nie waaroor die commotion is nie. Ek kry elke tweede Sondag ‘n dooie “Haai” by een of twee gemeentelede.
Watkykjy staan op 3,085,038 post views in totaal sedert 1 November, 2019.