PK. Afkorting vir perdekrag. Of poskantoor. Maar hier by Watkykjy, verkies ons die Poesklap-weergawe. En elke maand gaan ons een lekker stywe PK uitdeel aan iemand wat uit sy of haar pad gegaan het om die nasie kollektief af te pis. Soos in fokken all-the-way pappa.
Maart se PK gaan aan niemand anders nie as President Jacob Zuma.
Kom ons maak nou nie ‘n moordkuil van ons hart nie. Hierdie man is ‘n doos. Punt. Wanneer Carike Keuzenkamp se “Dis ‘n land” praat van kleure en klank en oorvloed en dank, noem sy die swernoot nêrens in die lirieke nie. Want sulke moegoe. Kyk, die knaap in die Spur het close gekom om hierdie enetjie weg te raap, maar toe sneak Zoom-zoom hier aan die einde van die week, aan die einde van die maand, aan die einde van Suid-Afrika soos ons hom ken in, en steel soos net hy kan, die PK award.
Hy het sy mes so ver ingehad vir Pravin Gordhan dat mens eintlik die laaste week of so al sy ogies kon sien skeeftrek soos wat ‘n vrou se ogies skeef trek wanneer sy haar sykouse aan vergeet het tydens ‘n njaps. Sy kabinetskommeling het die hele land Donderdagaand soos ‘n harde lammie getref toe dit vir eens en vir altyd baie duidelik geword het dat hierdie gabba se belange nie by sy land, sy mense of sy voters lê nie.
Met ‘n volslae twee-derde meerderheid, hierdie maand se PK ontvanger: ou Zoom-zoom.
Dis tyd mense. Dis tyd dat ons vir Jacob Spur toe vat…
Watkykjy staan op 3,110,903 post views in totaal sedert 1 November, 2019.