Jude Law se gesig pla my vreeslik vandat ek geweet het wie Jude Law is en ek weet nie hoekom dit my pla nie. Dis nie asof hy ‘n moer-my-gesig het nie. Hy het nie, right? Dalk eerder die tipe gesig van daai Vereeniging hoërskoolkonte wat laerskool laities se wiele in die fietsloods afblaas. Daai tipe small-time criminal wat kak aanjaag en nooit gevang word nie en somehow altyd opeindig om eerste al die hot girls met probleme te broeknaai. Dit het my tot só ‘n mate gepla dat ek vanoggend ‘n vinnge steekproef op Twitter geloods het om te check wat die gevoel onder die gooses van is:
Attention ladies. What do you think of Jude Law? This has been bothering me for a while now.
— griffin (@watkykjy) April 20, 2017
Dit wil voorkom of die mense bloot skiem dat hy maar average of meh is, gevolg deur ‘n groepie wat dink dat hy nogal creepy is en in die laaste plek is presies daai groepie hot girls met probleme wat so baie op skool gebroeknaai het wat skiem dat hy kakwarm is. En ek dink dis presies daai mix van perception wat Jude Law ‘n befokte akteur maak. Check, ek hoef nie sy gesig te like nie – die man het fokken talent, there is no two ways around that. Hy is al tweekeer benoem vir ‘n Oscar en driekeer vir die Golden Globes awards. Daai gesig van hom wat my so pla is juis wat hom so perfek uitgeknip maak vir rolle waarin hy so excel. Hy bied heelwat meer as byvoorbeeld ou deadpan, Keanu Reeves – ‘n man wat smaak om die Razzies in te ryg. Vir die die wat nie weet nie – ‘n Razzie is nie ‘n goeie ding nie, hoor? Dis die Phil Collins van acting (fok, ek haat Phil Collins).
Toe ek verlede ontdek dat Jude Law in ‘n splinternuwe reeks op Showmax genaamd The Young Pope te siene is, was ek like: “Ag jissis, daar lyk hy nou soos ‘n opperste doos op die poster. Ek MOET dit eenvoudig kyk, want die man is ‘n donnerse goeie actor. Netnou mis ek uit”.
Maar fok, ‘n storie oor die Rooms Katolieke Kerk? Regtig? Ek weet nie eers waddefok aangaan in ons local Afrikaanse kerke nie. So, baie dinge gaan probably bloot verlore raak op my omdat die verwysingsraamwerk ontbreek.
BORING!
En toe druk ek in elk geval play. Toe vat die storie my…
The Yong Pope is ‘n half donker, half komiese satire oor die interne werkswyse van al die kak agter die Vatikaan se misterieuse, geslote deure. As jy nie spesifiek vertroud is met wat de pous die pous se verhouding in werklikheid in Italiê is met die Katolieke Kerk nie, gaan jy dalk hier en daar ‘n innuendo of twee mis, maar nie te veel nie. Goed het maar ‘n manier of hulleself te reveal of effens duideliker te maak, so jy sal nie te veel mis nie. Ek dink MTV (kan jy dit fokken glo?) het Jude Law se karkater dalk die heel beste opgesom: “The young pope is a hot, petulant asshole – and it’s jude law at his best” – dis nogal rof. Noem my eerder ‘n poes maar moet my nie ‘n “hot, petulant asshole” noem nie. Maak nie saak hoe hot en onweerstaanbaar ek vir jou is nie. Ek weet dis moelik. Vang ‘n koue stort. Snaaks genoeg is dit hoe ek Jude Law buite sy rol ook sou opsom. Sonder die ‘hot’ gedeelte, natuurlik.
Maar kom ons los my vooroordeel vir Jude Law in die regte lewe eers by die voordeur en fokus op die storie self. The Young Pope gaan oor Amerika se eerste pous, Lenny Belardo, wie se hippie ouers hom op ‘n jong ouderdom by kerk se weeshuis gaan drop het soos ‘n sak aartappels. Hierdie goor back story speel by the way ‘n groot rol in sy volwasse lewe maar jy kan dit self uitfigure as jy die reeks begin deurwerk. Hy is as pous gekies omdat die Vatikaanse se weergawe van Malusi Gigaba (in sy vorige rol in ons doeltreffende parlement #blessed), kardinaal Voiello, geskiem het dat Lenny sy puppet gaan wees. Amper soos daai hand-in-die broek-verhouding tussen Zuma en Atul Gupta. Die kardinaal kan egter gaan kak, want Lenny is nie so deur die kak soos Jacob Zuma nie. Pous Poes begin ‘n spannetjie aanmekaarsit wat onder andere Sister Mary (Diane Keaton) insluit. Sy het hom toevallig grootgemaak in die weeshuis. Lenny (die pous) kom ook agter dat Laerskool Rissiville in Vereeniging se leuse, “Kennis is Krag” nogal waarde inhou – hy recruit sy confessor, Don Tommaso, om almal sy “dear father, forgive me for I have sinned”-stories na hom toe aan te dra soos ‘n klikkiebek. In die meantime sit die jong pous met ‘n gewraakte aartsvyand, Kardinaal Spencer – sy mentor wat actually poesgraag pous wou geword het.
Hoe is daai vir intrige sover, huh? Fokkit, die kerk is toe nie so boring soos wat ons gedink het nie! But wait, there is more! Pous Lenny het ‘n moerse ego. Hy like mense fokol, hy is kleinlik, afvallig, slinks en ‘n hoogmoedige kont. Hy verklaar onbeskaamd oorlog teenoor diegene wat hom teenstaan en fok almal op wat in sy pad staan en sy nefarious doelwitte bedreig en hy doen dit met psigologiese precision. Fok, even sy “ma” moet eventually aanspreek as ‘Holy Father’ in plaas van die Lenny wat sy grootgemaak het. Ek het aanvaklik gedink dat die reeks nogal uitlig hoe faktap die meeste gelowe kan wees maar dit strek eintlik dieper as dit. Hierdie storie gaan oor magbeheptheid en die gevolge of moontlik die gebrek aan gevolge as gevolg magsbehepteid. Dis fokken entertaining en by dele belagliks snaak. Tot jy agterkom dat The Young Pope eintlik enige van die volgende ouens ook kon gewees het:
Trump, Korea se dooskop, Jacob Zuma, Hlaudi Motsoeneng – al die magbehepte leiers waarmee ons ongelukkig opgeskeep sit. Feitlik orals.
Maar hey, The Yong Pope is cool. Hy drink Cherry Coke vir brekfis en rook skywe – sommer daar smack bang in die heilige Vatikaan. En as jy tot by die laaste episode kyk, vermoed ek dat daar ‘n goeie kans is dat hy naai ook. Die reeks het immers ‘n 18SNL rating. Jy gaan jou dinkhoedjie moet opsit vir hierdie ene. Dis nie Anaconda nie.
The Young Pope is vars beskikbaar op Showmax. Sign hierso op vir jou eerste free 14 dae as jy nog nie het nie.
Watkykjy staan op 3,074,322 post views in totaal sedert 1 November, 2019.