In hierdie tweede gedeelte van my ondersoekende artikel rondom TV reekse het ek met ‘n moerse skok agtergekom presies watter cool reekse ek al heeltemal misgeloop het – een van hulle sover as agtien jaar terug en so hoog op as tiende posisie op die top 250 TV reekse van alle tye!
SKAAM! SKAAM! SKAAM!
Ons het verlede week reeds na 22 reekse gekyk – twaalf is bespreek en daar is honorable mention van nog tien gemaak. Vandag kyk ons na nog tien en 14 kry honorable mentions. As mens dit vinnig bymekaartel kom jy by 46 Hollywoodreekse uit wat beskikbaar is op Showmax en daai 1000 ure entertainment waarvan ons verlede week gepraat het sluit nie eers die 26 honorable mentions se kyktyd in nie. Hou ook in gedagte dat ons slegs na reekse op Showmax verwys met IMDB scores van hoër as 7.5, so Ugly Betty, jy kan in die fokken hoek gaan sit langs jou unibrow en daai vieslike brille, jou blerrie nool!
Net om weer ons metode te recap vir hierdie tweeledige artikel se mission:
- Local content is uitgesluit – ons bespreek slegs 22 TV-reekse uit Hollywood – nie movies of doccies nie
- Ons wou kyk hoe naby ons aan 1000 ure kon kom vir die oefening (1059 ure, in fact)
- Daar word slegs gekyk na reekse met IMBD ratings van 7.5 en opwaards. Jy wil nie kak kyk nie en 7.5 word generaly aanvaar as “not kak at all”
*lig bril en kyk weer na Ugly Betty wat in die hoek sit en grens* - Comedies en die verskeie forme van drama’s maak deel uit van hierdie lys
Hierdie week se honorable mentions (met IMDB ratings):
Band Of Brothers (9.5), Friends (9.0), Suits (8.7), The Shield (8.7), Mad Men (8.6), The Tudors (8.1), Frasier (8.0), Weeds (8.0), Heros (7.9), The Following (7.5) Chicago Med (7.8), Brooklyn Nine-Nine (8.3), Shameless (8.7) Teen Wolf (7.7)
In terme van hierdie week se lys van honorable mentions moet ekself nog opvang met:
Band Of Brothers – ek vermoed ek het dit al gekyk, maar kan fokol onthou nie
Friends – dit sal die derde keer wees wat ek die hele box set oorkyk, want fok Big Bang Theory
The Shield – nog nie een episode met ‘n oog gesien nie
Mad Men – nog fokol gekyk
Weeds – gehoor dis moerse goed maar nog geen episodes gekyk nie
Shameless – ek moet dinge optel by iets soos season 2 of 3, so ek kan net sowel alles oorkyk
In die meatime, gaan sign solank op vir Showmax se free 14-day trial en gaan krap rond en kyk waarvoor jy kus is.
Watkykjy staan op 3,090,604 post views in totaal sedert 1 November, 2019.