1) Van die 7 mense wat nog Spur toe gegaan het, is daar nou net 6 oor. Dit kom na ‘n Rustenburgse spiertier verbied is deur Spur om ooit weer enige van hul “restaurante” te besoek. Hoekom? Wel, dit hang af wie se storie jy glo. Sy kind is blykbaar in die speelarea geboelie deur ‘n ander kind. ‘n Swart kind. O ja, spiertier is wit. Skuif nader mense, hier’s ‘n goeie storie. ‘n Wannabe rolprentmaker by die tafel langsaan neem toe alles af met haar selfoonkamera en versprei die video. Want mos. Tot almal se verbasing gebruik spiertier toe groot woorde soos “poesklap” en “Is dit so?” en maak toe of hy die mamma wil klap. Die arme mamma wat ook nie op haar bek geval is nie, drop toe F-bomme soos David Guetta beats drop. En in ‘n wending groter as toe Bathabile Dlamini almal verras het met haar onskuld-aankondiging, verander die petalje in ‘n moederfokker van ‘n rassistiese skermutseling. Teen nou is spiertier bekender as Jurie Els by die Abraham Kriel Kinderhuis. En mense aan beide kante van die kleurgordyn dreig mekaar oor-en-weer met moord, verkragting, karkrap met hul sleutels en fopdosser footage. Sug Suid-Afrika. Sug. Dit terwyl almal gerieflikheidshalwe die groter probleem ignoreer: wiedefok gaan nog Spur toe?
2) Die wiele kom af in hierdie land. Dan die skokbrekers. En die alternators. Dan die sitplekke. Dit gaan te lekker soos wat staatsamptenare blykbaar staatskarre steel en strip en uitverhuur aan ander mense. Die fokkers soek nou SKOOR met bedrog van meer as R38 miljoen wat oopgevlek is deur die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge (SKOOR). Staande, want hulle het geen fokken karre om in te sit of om mee te ry nie. Persoonlik dink ek al lank dat van die motorvervaardigers in hierdie land tot verantwoording geroep moet word oor die verkwisting van staatsgeld aan karre vir elke Jan Rapaphele en sy maat.
3) Vyftien rekenaars met sensitiewe inligting is die naweek gesteel uit die kantore van Hoofregter, Mogoeng Mogoeng. Twee, drie of vier-en-sewentig mans (afhangende van watter berig jy lees) is intussen in hegtenis geneem nadat daar bevind is hulle het van die privaat inligting op die rekenaars probeer verkoop of manipuleer. Dit sluit in die verskaffing van die name van die Top 10 Solitaire spelers in staatsdepartemente, fotobewyse van twee vroulike ministers wat laat was, maar wat na swangerskaptoetse vrygespreek is en ‘n lys van alles wat apartheid se skuld is (insluitende te min drank by musiekfeeste en Glam Guru se gewildheid).
4) Blykbaar het Kaapstad die besigste paaie in die land. Ek weet darem nie. Het hulle die pad na ‘n man se hart in ag geneem? Desnieteenstaande, nou vergader die Kaapse Burgemeesterskomitee oor die netelige sakie om te kyk of Kaapse besighede nie aangemoedig kan word om hul werkers toe te laat om fleksi-ure te werk nie. Ek dink almal kan saamstem dat die arme Kapenaars darem al lank gebuk moet gaan onder absurde werksure. Op kantoor teen 10-uur. Huistoe teen 3-uur. Malligheid. Arme fokkers. Selfs al is dit hoe moeilik om onsself in hulle skoene te plaas, considering ons verkeerlose infrastruktuur, moet mens jou tog self afvra wat ons hier in Gauteng kan doen om ons Kaapse broers en susters te help? Dalk ‘n biduur? Angus Buchan stuur? ‘n Nagwaak? Laat weet asseblief. Ons is hier vir julle.
5) Die Power Rangers kry ‘n reboot in 2017 met die aankondiging dat ‘n nuwe fliek die kringloop tref. En les bes, ‘n lesbiese Power Ranger maak haar verskyning. En dis nie die pienke nie. Dis die gele. Jip. Dis nuus. Nogals sad, né? Dat ‘n karakter wat lesbies is tot soveel celebration kan lei. Mens sou dink dat ons aandag in 2017 nie spesifiek daarop gevestig hoef te word nie, maar dat dit net so normaal en “so what” sou wees as om te hoor dat die rooie Alzheimer’s het, die pienke ‘n furry is, die rooie Alzheimer’s het, die bloue vir die Bulls skree, die swarte in die Spur uithang en die rooie Alzheimer’s het.
Watkykjy staan op 3,092,680 post views in totaal sedert 1 November, 2019.