
2) Sulke waaghalsige rowers het hierdie week toegeslaan op OR Tambo-lughawe en weggekom met klaarblyklik miljuisende in buitelandse valuta. Die rampokkers was baie slim en het polisie-uniforms gedra in plaas van JPMD-uniforms, want dan sou enigiemand hul dadelik uitgeken het as boewe. Ironies genoeg is dit nie die grootste rooftog wat al by OR Tambo plaasgevind het nie. In 2009 het iemand twee Blou Bul truie, ‘n koffietafelboek oor die Kaapse wynlande en een van daai hout giraffes gesteel en is tot vandag nog nie vasgetrek nie.
3) Die Reserwebank het hul kommer uitgespreek oor ‘n toenemende verskynsel waar Suid-Afrikaners weier om hul skuld te betaal want hulle ontken net eenvoudig hulle het skuld. Die verskynsel, genaamd die Bathabile Dlamini verskynsel, raak algewilder nadat dit blyk dat die Minister van Maatskaplike Ontwikkeling, die einste Bathabile Dlamini wat die hele tyd skuld ontken vir haar aandeel in die uitkringende SASSA-skandaal, actually dalk daarmee kan wegkom. Geklee in ‘n ANC tafeldoek, het sy die media, die president (sulke waagmoed), die tweede prinses in die Mejuffrou Witbank Skoonheidskompetisie, vier makoue, Huisgenoot se moderedakteur, ‘n man wat vir Eric Barnard Meubels werk en ‘n blokfluitspeler van Ellisras die skuld gegee vir die kommer en onsekerheid of 17 miljoen Suid-Afrikaners op 1 April hul staatstoelaes gaan ontvang.

5) Wat kry jy as jy Julius Malema bel? ‘n Besettoon. Wat fokken ironies is, want hy mag nie beset nie, aldus ‘n interdik wat hierdie week in die Pretoriase hooggeregshof toegestaan is teen Malema en die EFF wat hulle verbied om grond onwettig te beset. Sulke menseregte wat vervat is in die… maak keel skoon… grondwet. Har-har.
Hierdie post is 435 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.
Watkykjy staan op 2,931,650 post views in totaal sedert 1 November, 2019.