Ek het Retro Dizzy se vorige album review in 2015 en het dit moerbaie geniet. Dis ook een van die bands wat ek ingesluit het op die Rolbees Reviews Volume 1 versameling. Dis ‘n versameling van my gunsteling tunes wat ek review het oor ‘n jaar tydperk. Die song wat ek gekies het was Love the Way You Die. Fair enough, ek het nog nooit die eerste album geluister nie maar ek verstaan Youth is Like a Loaded Gun is baie meer classic rock. Luister, ek was nog nooit op ‘n fokken surfboard nie en ‘n dryland Highveld outsider tot die psych, garage en surf scene daar langs die Kus, so gee my ‘n break. Excuse the pun.
Creatures of the Black Desert het ek in 2015 ervaar as alternative rockabilly psychedelic tunes wat met tye klink of dit op ‘n Tarantino movie se soundtrack kon feature. Dit was seker my beste verwysingsraamwerk op daai stadium en ek ken ook nie regtig hulle international counterparts soos Allah Las en Black Lips nie. Moet seker een of ander tyd daarby uitkom ook. Maar ‘n sekere deel van Retro Dizzy se sound kan vergelyk word met die nineties alternative bands soos the Pixies, Deftones en Sonic Youth. Miskien selfs ook bietjie verder terug soos the Ramones. Retro Dizzy het aan die een kant die psychedelic surfer rock sound bemeester maar aan die ander kant is hulle musiek ook heavy rooted in die old school alternative en punk musiek. Hulle naam gee dit kind of weg. Dis nogal ‘n lekker retro kombinasie.
Retro Dizzy is in Hermanus gestig en hulle bly nou in Kaapstad, so obviously het die surf culture hulle musiek erg beïnvloed maar ek kan ook hoor hulle eksperimenteer baie meer op Just Relax met ‘n mengsel van eenvoudige bass lines, meer ingewikkelde riffs, baie meer interesting melodies met organs en shit, pshychedelic guitar tones, vinniger punk en een of twee sagter, chilled out tunes met bluesy licks wat nie op hulle tweede album voorkom nie. Morning Rush is ‘n goeie voorbeeld van hulle meer bluesy kant. Met die title track en Mystery hoor ek veral die nineties alternative influences en Psychosomatic bring weer bietjie punk in die mix. Dis net weer great om te hoor hoe die bands eksperimenteer en ontwikkel deesdae man – en nie net stagneer in een groef nie.
Retro Dizzy is Nicolaas Rossouw op dromme, Stuart Dods op die bass en backing vocals, Andre Vlok wat kitaar slaan en Richard Liefeldt vibreer sy lugpype en jol ook kitaar. Hulle is Vrydagaand by die Good Luck Bar te sien en Maandag om 17:00 op die mainstage by die Mieliepop festival. So gaan check hulle uit. Ek dreig nou al lank om weer by die GLB ‘n draai te maak. Mmm, Vrydagaand se line up lyk soos die bee’s knees…
Jy kan die album hier download: http://retrodizzy.bandcamp.com/yum
Links: https://www.facebook.com/retrodizzy
https://instagram.com/retro_dizzy/
https://soundcloud.com/retro-dizzy
https://retrodizzy.bandcamp.com
Watkykjy staan op 3,083,270 post views in totaal sedert 1 November, 2019.