Min of meer ‘n jaar gelede het Rolbees julle vertel van ‘n nuwe band, Lost & Found wat deur Jason Oosthuizen (Van Coke Kartel) en Glen Hodgson (The Parlotones) in die lewe geroep is. Die duo se eerste self-titled album is nou presies ‘n jaar oud en die ouens is besig om aan ‘n nuwe EP te werk vir 2017. Hulle het gevoel dat hulle ‘n nuwe rigting met Lost & Found moet inslaan en effens harder en meer rock ‘n roll moet gaan, wat ek skiem hulle reggekry het met hulle eerste single, The End Of The Bar.
Die dudes het ook nie ‘n moerse budget gehad om ‘n music video te skiet nie, so hulle het my gevra om hulle bietjie uit te help met ‘n basic konsep – iets wat nie duur gaan wees nie en relatief maklik is om te skiet en te edit. As reël nommer fokken een wanneer dit by shooting, editing of enige iets met video te maak het, bly ek fokken vêr weg van music videos af. Ek sal veel eerder ‘n corporate video of ‘n TV ad maak vir ‘n company of rondfok met faktap videos soos toe daar nog tyd was vir Bizarre Bedonderde Donderdae. Net nie fokken music videos nie! Deels omdat ek fokol van die mechanics af weet en deels omdat dit die maklikste ding is om te kritiseer.
Maar ek moet seker een of ander tyd uit my comfort zone klim. Die ouens het egter mooi gevra en ons het gewerk met wat hulle gehad het en toe die shoot gaan doen in Arcade Empire se backstage room agter die stage. Een ding wat baie gehelp het, was dat Jason en Glen nie poeskoppe is nie, so dit het dinge baie vergemaklik en ons het lekker saamgewerk. Ons het ook baie dinge geleer en tips opgetel en ek sal dalk minder huiwerig wees om die volgende music video vir iemand te skiet. Die song is ook actually befok en catchy, so dit het dinge relatief makliker gemaak en lekker om mee rond te speel. Hierdie was die eindresultaat. Niks fancy kak nie.
O ja, hulle het ook ‘n moerse lekker launch en screening gegooi vir die video by Goodluck Bar die 28ste Februarie met free booze en ‘n free show wat befok lekker was. Dis interesting om te sien hoe hierdie twee ouens iets live kan afpull wat gewoonlik tuishoort by ‘n volle 4-piece of 5-piece rock band.
Watkykjy staan op 3,092,213 post views in totaal sedert 1 November, 2019.