Ons gaan nou nie die hele soppy storie vir jou spin oor hoe moeilik dit is om ‘n muso in SA te wees nie, maar jy behoort te weet dat dit fokken duur is om ‘n album te record as jy dit behoorlik wil doen. Fokofpolisiekar is ook nie juis ‘n band wat regtig sukkel nie, maar dis juis omdat hulle baanbrekers in die SA musiekindustrie is en mooi geleer het hoe die hele storie werk, by trial and error, sedert hulle onstaan terug in 2003. Jirre, hulle is al veertien jaar lank aan die gang. Sulke rock ‘n roll omies.
Die ouens het gister probably ‘n record breaking crowdfuning campaign ge-launch sover dit local rock betref. Record breaking in die sin dat dit teen ‘n halfmiljoen Rand seker die grootste bedrag in SA is sover. Dis moerse fokken ambitious, to say the least. Dis ook record breaking as jy in ag neem dat die brasse binne die eerste 24 uur van die campaign alreeds net onder die R140k ingesamel het. Teen die tyd wat jy hierdie lees sal hulle seker verby die R150k merk hardloop.
‘n Klomp ouens sal nou skiem “is julle fokken simpel? ‘n Goeie album kos nie fokken R500k om te maak nie!” Yup, jy is reg. ‘n “Goeie” album behoort ‘n band hier rondom die R150k te kos as hulle nie afgerip word nie, so kom ons trek die R150k af van die groot totaal en dit los jou met R350k. Gaan kyk dan na al die awesome stuff wat die ouens bymekaar moet sit om weg te gee vir pledges? Daai dinge kos fokken geld. Dank god dis nie die usual poeserig pryse soos stickers, patches en bragging rights wat hulle in ruil vir pledges gee nie. O ja, en if by some miracle die ouens die hele R350k pocket sonder enige uitgawes, moet hulle dit deur die 5 lede deel wat elkeen van hulle met R70k los om van te lewe tot Oktober terwyl hulle op gigs uitmis om die album te record. Tyd is geld, pappie, en hierdie is hulle day jobs. Soos Snake tune “Ja, die budget bestaan uit al die stuff wat gewoonlik in ‘n album in gaan – studio tyd, reproduction, printing, music videos, marketing spends etc. Dis kak duur!”
Kyk hieronder op die kiekie na stuff wat jy kan koop en click sommer daarop as jy deel van SA rock geskiedenis wil word. Hunter se se acoustic guitar was byboorbeeld up for grabs vir R35k. Daai outjie is reeds gone. Uit die tien Fokof skateboards wat beskikbaar was is daar net 4 oor. Ek het sommer vir myself enetjie gekoop vanoggend wat ek teen my music room se muur gaan vaspoes wanneer ek hom in Oktober ontvang.
Watkykjy staan op 3,092,358 post views in totaal sedert 1 November, 2019.