As ons nou heeltemal eerlik moet wees, is ons about so opgewonde oor die begin van Super Rugby soos jy sou wees as Nickleback vir een of ander kak rede besluit om in Suid-Afrika ‘n show te gooi.
Laasjaar was ‘n fokop of note en dit het oorgespoel in een van die skaamste jare in die bestaan van die Springbok, since everyone was born. Ons kan maar net hoop dat ons nie weer ons name so vergat nie. Dit is asof ons spelers in Varsity Cup geleer word dat dit nie nodig is om te tackle nie. Swing hom pappie swing hom!
Ek het toevallig weer SuperSport op my TV, so ons sal maar kyk of dit die moeite werd is om raggas te kyk. Dalk verbaas die marabse ons en ons lyk dalk nie elke week soos kleuters as ons teen (noem die Kiwi span) speel nie.
Die goeie nuus is dat bra Griff so gaaf was om die jaar ‘n pryse vir die Watkykjy Superbru Pool te sponsor. Elke week se yellow cap wenner kry ‘n befokte WatVapeJy juice van sy keuse. Click hier om te gaan sien hoe befok dit is… Dan het ons ook ‘n next level vape mod of instrument (wat noem mens die fokken ding?) vir die bra wat die algehele wenner is. Die megafter kos net so onder die twee grand in die shops. So join die pool fokken nou my ou. As enige local Super Rugby span die kompetisie wen kry die ultimate winner ‘n hamper met al 12 die befokte WatVapeJy flavours, en moontlik ook ‘n kopkou.
So, al is die rugby tos, maak maar jou pics en wen dalk ‘n juice wat jou andersins so 95 Randellas uit die sak sal jaag.
Ons is nie werfetters wat entry fee en sulke kak vir SuperBru vra nie.
Watkykjy staan op 3,090,242 post views in totaal sedert 1 November, 2019.