Francois Van Coke het sopas ‘n splinternuwe album, Hierdie Is Die Lewe, release. Hy is huidiglik besig met ‘n moerse launch toer. Lees daai vorige sin weer. Wat is fout daarmee? Dis reg, daar bestaan nie so fokken woord soos “huidliglik” nie, poepol. Sorry, ek moes net gou ‘n fokken lessie indruk want dit irriteer die kak uit my uit…
Franscois is tans besig om die kak uit sy nuwe album te toer. Hy was die afgelope naweek by Park Acoustics ook gewees en ons hoor dit was een moerse tight show gewees. Hy maak moreaand, Vrydag 10 Februarie, sy verskyning by Weiveld in Pretoria en jy kan met komplimente van Watkykjy die show gaan kyk saam met ‘n tjommie en so paar dinge score.
Check net eers gou bietjie sy eie opssomming oor die nuwe album, dan vertel ons jou onder die video’tjie wat jy kan wen en hoe jy moet maak om die wat te wen waarvan ons praat…
Raaito, so ons gee die volgende weg aan een persoon:
- 1 x 7″ Mensdom vinyl
- 1 x Hierdie is die Lewe CD
- 1 x Hierdie is die Lewe vinyl
- 1 x double ticket na Francois se launch by Weiveld in Pretoria vir Vrydagaand 10 Februarie
- 1 x Francois van Coke t-shirt
Ons self het niks van hierdie goed nie, jou lucky fokker. Dis meer as ‘n duisend Rand werd!
Wen bogenoemde stuff so:
- Antwoord die volgende drie vrae sommer in die comment section op hierdie artikel:
a – Wat is Francois se hond se naam
b – Wat is Francois se kind se naam
c – Wat is Francois se vrou se naam - Tune ons watter size t-shirt jy graag sal wil hê
Reëls:
- Ons kies ‘n wenner uit die regte antwoorde
- Een persoon wen alles soos wat dit hierbo gelys is. Daar is nie ‘n tweede prys of troospryse nie.
- Die persoon wat wen kan sy prys slegs claim by die gig self (Weiveld), so jy moet die show bywoon moreaand (Vrydag 10 Feb).
- Wanneer jy comment, vul jou e-mail adres korrek in sodat ons jou kan kontak oor die prys.
- Indien daar geen wenners is nie, vat ons die prys vir onsself, want dis ‘n fokken lekker prys.
- Jy het slegs tyd tot vanaand (9 Feb) 20:00 om in te skryf
Watkykjy staan op 3,089,798 post views in totaal sedert 1 November, 2019.