1. Wat’s erger: ontlasting of belasting? Wel, na hierdie week se begrotingsrede gaan almal bietjie meer afkak. ‘n Nuwe belastingkerf van 45% is ingestel vir mense met ‘n belasbare inkomste van meer as R1,5 miljoen per jaar. So dis die hele fokken Waterkloof en Kurt Darren. Sterk drank gaan op met R4,43 op ‘n 750 ml. Ek sal hulle fokken wys – van nou af koop ek net 1 liters. Sigarette gaan op met R1,06 op ‘n pakkie van 20. Fokmy, selfs passief rook raak nou kakduur! En die staatstoelae vir krimpies ouer as 75 styg met R95 per maand. So dis 3 ekstra blikkies Pedigree hondekos. Die hoender-geur is blykbaar nie te kak nie.
2. Gepraat van hoender. Die polisie ondersoek ‘n saak waar ‘n Stellenbosch-student die hoender geruk het. En gegooi het. Dit was die Helshoogte koshuis se jaarlikse Hoenderdag waar daar gekuier is. Maar een haan onder die henne bring toe sy Streetwise-2 maatjie saam en gooi hom bietjie rond. O, en hy het ‘n aangesteekte sigaret in die hoender se bek gedruk. Die DBV is die hoenders in natuurlik, maar vind berusting in die feit dat sigarette darem nou meer gaan kos te danke aan die Pluimvee Beskermheer, Pravin Gordhan.
3. Die atmosfeer in parlement was hierdie week met elektrisiteit gevul. Fokken ironies, want dit was tydens die inhuldiging van ene Brian Molefe as parlementslid. Laat die naam ‘n liggie aangaan? Fokken ironies. Einste Molefe wat sulke stront aangejaag het by Eskom en gevinger is (kry jou brein uit die drein) in die Openbare Beskermer (die vorige goeie een) se verslag oor staatskaping. Die einste Molefe wat saam met die Guptas in dieselfde scrapbooking klub was en die Saxonwold Shebeen-onderwêreld tot sy knieë gedwing het. Sulke vriende in hoë plekke.
4. Een of ander braaksiekte het mense amper platgetrek hierdie week. Dit nadat ANC-grysaard Matthews Phosa weer ‘n beroep op Jacob Zuma gedoen het om te bedank, anders word hy dalk as die argitek van die ondergang van die ANC gesien. Toe reageer pa-se-grootseun, Edward Zuma en sê dat Phosa hom wil laat opgooi. Phosa reageer toe weer daarop en sê dat Zuma Junior self ‘n stukkie braaksel is. Sulke speelgrond boewery. As die president self nou net wil opgooi. Soos in tou…
5. En daar gaan staan die hooggeregshof en tik die regerende party liggies oor hul KFC-besmeerde trommeldik vingertjies. ‘n Volbank van drie regters het gelas die regering se kennisgewing om te begin met die land se onttrekking aan die Internasionale Strafhof sonder die parlement se goedkeuring was ongrondwetlik en is dus ongeldig. Sulke eier op die gesig. Die enigste ander ding hierdie week wat my so laat lekkerkry het was ‘n foto van babahondjies wat deur ‘n grasveld hardloop. En die gevoel van lycra teen my vel.
Watkykjy staan op 3,090,335 post views in totaal sedert 1 November, 2019.