Dit is Vrydag, en hier is jou nuutste, kraakvars alternative facts, soos verskaf deur legit plaaslike en internasionale nuusagentskappe.
*vryf so oor gulp*
1. Drie plaaslike banke, Standard Bank, Absa en Investec, asook 14 oorsese banke is almal na die hoof se kantoor toe geroep. Want sulke skiems! Die werfetters het blykbaar sedert 2007 saamgespan met verhandelings van die dollarrandwisselkoers. But wait, there’s more! Die banke het ook die pryse gemanipuleer deur ooreenkomste op sekere tye nie te verhandel nie. En nou ondersoek die mededingingskommissie hulle.
By the way: Wat’s die verskil tussen ‘n banker en ‘n wanker?
‘n Wanker voel soms sleg na wat hy gedoen het.
2. Gepraat van kroek, die Suid-Afrikaanse Lugdiens, (SALNIE) is hierdie week beveel om R1,16 miljard in skadevergoeding uit hul onuitputbare bron van inkomste aan Comair te betaal. Dit omdat die SALNIE se aansporingskemas vir reisagente onmededingende gedrag was. Die DA het in die lig hiervan geëis dat die SALNIE-voorsitter, Dudu Myeni, in haar moer in moet vlieg. Maar Dudu blyk so stewig te sit soos ‘n vet karavaantannie op ‘n speelpark-swing.
3. As jy ‘n veiling gaan bywoon, hier’s vir jou ‘n tip: Moenie Eskom of iemand wat vir Eskom werk saamvat nie. Nee fok. Jy sal opeindig deur R7 500 vir ‘n Pep Stores pispot te betaal. Of 50c vir ‘n Jurie Els CD (Dis 49c te veel.) Hoe anders verklaar jy die feit dat Eskom blykbaar op een stadium R13.4 miljoen betaal het vir R4.2 miljoen se steenkool? Dit en ander electrifying feite het aan die lig gekom in die Dentons verslag wat hierdie week bekend gemaak is. Soos die feit dat ‘n ene Koos Jordaan wat in 2008 ‘n Eskom bestuurder was tydens ‘n landswye kragkrisis, die taak gegee is om meer as R10 biljoen se noodvoorraad steenkool aan te koop en toe heelwat “irregular” deals aangegaan het met allerhande skermunkels, insluitende een van sy pelle. Jy kan my omtik met ‘n veertjie. Korrupsie by Eskom? Ek kan dink aan ‘n hele paar kragwoorde.
4. Die blye nuus dat Steve Hofmeyr gaan ophou was van korte duur toe dit bekend geraak het dat hy nie gaan ophou sing nie, maar wel ophou posterboy speel vir Kommandosorg (wie de fok kies hierdie genetiese wonders se groepnaampies?) wat hom vir koek en tee met Donald Trump Amerika toe wou stuur. Dit mos omdat hy Trompie se regering wou gaan vra het vir sanksies teen Suid-Afrika weens die wit volksmoord in die land. Nou hoekom die about-turn? Wel, blykbaar het Kommandosorg (was die naam Buskruitbende en Verskuilde Agenda Troebadoere reeds gevat?) ‘n foto van Steve op een van hul plakkate as deel van ‘n amptelike veldtog gebruik sonder sy toestemming. Sulke belhamels. Uitvaagsels. Ensovoorts.
5. Beyonce is blykbaar moerig. Nie omdat Adele Album of the Year vir “25” gewen het by die Grammys nie. Maar omdat al Beyonce se fans haar swangerskap se thunder gesteel het deur kollektief in kraam in te gaan toe sy nie wen vir haar album “Lemonade” nie. Adele self was meer oorbluf as ‘n dominee wat sy seun in die kas ontdek en het blykbaar haar Grammy in twee gebreek om een deel vir Beyonce te gee. So nou het Bey 22½ Grammys. So kan die geween en gekners van tande asseblief bietjie ophou? Fok.
Watkykjy staan op 3,073,919 post views in totaal sedert 1 November, 2019.