1. Hulle sê Boontjie kry sy Loontjie. Dis seker hoekom Bean Counter Ramaphosa hierdie week aangekondig het dat die nasionale minimum loon tot R20 per uur verhoog sal word op 1 Mei 2018. Dit kom neer op ‘n maandelikse salaris van R3 500 vir enigeen wat 40 uur per week werk. Wat kan jy koop vir R3 500 per maand? Wel, kakbaie stemme in enige verkiesing.
2. David Kramer het ‘n toekenning vir sy lewenslange bydrae tot Afrikaanse musiek van die hand gewys nadat hy gehoor het dat hy die verhoog met Steve Hofmeyr tydens die geleentheid sou moes deel. Dit het natuurlik Steve-aanhangers wit van woede gelaat. Ha-ha. Wit. Van woede. Maar dan weer, bittermin van hulle kan hulleself in ‘n ander man se rooi velskoene plaas.
3. As jy ‘n goeie Suid-Afrikaner die joost in wil jaag, dan moet jy 23 jaar se goeie werk probeer undo met ‘n tikkie rassisme. Soos Riaan Lucas wat oornag bekendheid verwerf toe hy homself verlekker het aan Joost van der Westhuizen se dood. Riaan en van sy maatjies het tog te lekker gebrag oor hoe hulle witmense se moere gekoer het, maar voor jy kon sê “Start die bakkie en bring die honde,” toe moes Riaan en van sy maatjies hul Facebook-profiles deaktiveer na duisende unfriend requests en doosdreigemente. Ja, dreigemente van dose wat die oog-vir-‘n-oog beginsel toe deeglik toepas en die ander kant van die rasmuntstuk speel. Maar my persoonlike gunsteling is die private speurder tipes wat toe ronddelf en die adresse en telefoonnommers van Riaan Lucas se vorige werkgewers, Sondagskooljuffrouens, agterkleinniggies en yoga-instrukteurs op Facebook gaan plaas. Want duidelik is almal aandadig. Sulke meewarige kopskud.
4. In die aanloop tot SONA, het ons vreeslose leier, Jacob Zuma, probeer wys hy het weer mag deur 441 lede van die weermag te ontplooi by die Staatsrede om te help keer dat enigiemand sy gemompel onderbreek. En soos Nostradamus voorspel het, het die kak gespat. Die frases “Point of order,” “Honourable member,” “Fuck you!” en “He he he he” is rondgegooi en die speaker Baleka Mbete en haar onderhoofmeisie het gesukkel om die gespuis te beheer. En toe die bouncers ingeroep word om die EFF te verwyder, het dit gelyk soos ‘n familie Krismis in Brakpan. Dit was net vuiste en harde pette en sulke eina-jiffif oomblikke soos die spulletjie hardhandig verwyder is. Net daarna het die DA besluit hulle fokkof ook. En toe die een-en-‘n-halwe lid van Agang. As dit op DStv gewys was, sou mens kon sweer hulle repeat SONA 2016.
5. Almal sukkel van tyd tot tyd met ‘n ear-worm. Jy weet, as jy daai Atomic Kitten treffer by jou grunge buddy se swembadpartytjie begin neurie en twee of drie ander closet fans bliksem jou later met ‘n Weber-deksel want nou sit dit in hul koppe ook vas. Maar ‘n 42-jarige vrou van Indië moes hierdie week hospitaal toe gaan weens kopseer net om agter te kom dis nie Michael Buble of Jennifer Lochest wat vassteek nie. Dis ‘n lewendige kokkerot. Shityounot. Die kokkerot is toe met ‘n sterk suigaksie en tangetjie verwyder. Ten minste weet ons nou Dan Roodt is in Indië. Want niks suig soos Dan Roodt nie.
Watkykjy staan op 3,118,582 post views in totaal sedert 1 November, 2019.