PK. Afkorting vir perdekrag. Of poskantoor. Maar hier by Watkykjy, verkies ons die Poesklap-weergawe. En elke maand gaan ons een lekker stywe PK uitdeel aan iemand wat uit sy of haar pad gegaan het om die nasie kollektief af te pis. Soos in fokken all-the-way pappa.
Januarie se PK gaan aan niemand anders nie as Shaka Sisulu.
Who he? Wel maats, hy is die kuberkont agter ‘n klaarblyklike smeerveldtog wat op sosiale media geloods is in die aanloop tot die 2016 plaaslike verkiesing waar hy en sy makkers die DA en die EFF wou diskrediteer.
Daar word bespiegel dat ongeveer R50 miljoen vir die befondsing van die “Paid Twitter” veldtog ter sprake is, maar volgens hom het dit nooit gematerialiseer nie want van die borge het ander “pressing commitments” gehad. Dit verduidelik hoekom hy en van sy ANC-groepswoepsmaatjies nou uitgevang is want sosiale vlermuis en besigheidspersoon Sihle Bolani het hom gaan verklik toe sy nie betaal is vir haar dienste nie.
Die rede vir sy PK is tweeledig:
Een – omdat hy die doosbrein was agter so kammakastige veldtog.
En twee – omdat hy hom maar taamlik kak van sy taak gekwyt het as mens in ag neem die pakslae wat die ANC in einste verkiesing gekry het. ‘n Geval van “Sak Shaka, hierdie gaan vir my seerder maak as vir jou.”
Ok nie rêrig nie. Die PK gaan fokken brand.
Watkykjy staan op 3,089,799 post views in totaal sedert 1 November, 2019.