Griff moes so ruk terug (toe ons in Ferraris gaan rondjaag het) sy pienk pitpoleerder aan sy binnebeen vas strap, want anders sou hy heeldag met ‘n horing moes rondloop. Wel, bring die duct tape bra, want ek sit vandag in presies dieselfde situasie!
My klipharde zaber het egter meer met die feit te doen dat die Valiant Swart, Albert Frost, die Akkedisse, Anton Goosen, Piet Botha en nog ‘n swetterjoel befokte bands Sondag 5 Februarie by Backsberg ‘n stage gaan deel. Lees gou weer daai line-up. As jy nie ook so bietjie jags word nie, is die kanse goed dat jy eerder by plekke soos Presley’s moet gaan uithang waar die doef-doef en poef-poef jou stelselmatig in ‘n klip verander.
Hierdie show Sondag, mark my words, gaan right wing bonehead jols soos Afrikaans is Groot na ‘n klein zit op jou boud laat lyk. Hallelujah, prys hom met die tromme! Afrikaans kan ook cool wees, wie sou dit kon raai?
Die hele vibe Sondag gaan oor Die Wasgedlyn. En as jy nie teen die tyd weet waddefok Die Wasgoedlyn is nie kan jy jou gratis PK by jou plaaslike Shoprite gaan kry. Thanks. Daar is egter een baie belangrike reel wat by Wasgoedlyn shows geld naamlik. GKMN; oftewel Geen Kak Mense nie – wat dit basically beteken is dat die musiek wat gemaak word nie vir jou average marabs bedoel is nie.
As jy van bokkie, rokkie, sokkie, boude, boobs en bene (daai breindood tiepie tunes) hou – bly eerder by die huis. Of nee wag, pitch Sondag en kry vir jou ‘n dubbel scoop kultuur. Once. Plus, as jy en jou skêr op KykNet Nou wil wees, is dit ook die moeite werd om te pitch want hulle record hierdie een as deel van Die Wasgoedlyn se tweede seisoen wat later vanjaar op die TV gaan wees.
Terwyl Anton, Piet, Valiant, Albert en die Akkedisse nie juis ‘n introduction nodig het nie, kan jy maar jou oortjies voorberei om die klanke van Churchil Naudé, Willem Welsyn, Rikku en Jackie Lätti te laat entertain. Willem is deesdae meer bekend vir sy Podcast (Wat), so as jy dit like sal sy tunes jou beslis daardie ereksie gee waarmee Griff so gesukkel het.
Churchil is dalk die enigste rapper in die land wat nie heeltyd sy eie ego streel nie terwyl Riku en Jackie jou weer in liefde sal laat glo.
Maar waddefok weet ek, gaan kyk self.
https://www.facebook.com/events/245826975851663/
https://www.facebook.com/Wasgoedlyn/
Watkykjy staan op 3,092,388 post views in totaal sedert 1 November, 2019.