Slashdogs – Progress through Plunder (2014)
Verlede jaar het ek nogal baie bands review wat nie ‘n fok omgee vir genres of vir wat aangaan in die mainstream scene nie. Ek gaan hierdie jaar weer en vandag kyk ek na The Slashdogs! Daar van Sodom se wêreld, duskant die Jukskei. Hulle het sopas ‘n nuwe EP release en ek het nog nie eens by hulle vorige album uitgekom nie. Swak!
So dis weer two for the price of one Friday! Ek kon Progress Through Plunder darem weer op polivinielchloried ervaar danksy Permanent Record! Lekker vinyl release met befokte artwork en ‘n gatefold inner sleeve en alles, pappie! Kuns in jou hande soos toe jy klein was. The Wail (2017) het ek hard en suiwer (sonder oppervlakgeraas) op my MP3 player deur my system gegooi. Let’s not make any comparison in terms of format here, maar ek het goeie nuus vir vinyl junkies so meer daaroor later.
First things first. Kom ons kyk of my ore ook saamstem met dié spesifieke kaliber geraas. The Slashdogs was nogal ‘n harde neut om te kraak. Jy dink hulle is net ‘n gewone punk rock band? Ek het ook so gedink tot ek Progress Through Plunder onder die naald gaan gooi het. Hulle musiek is bietjie meer gekompliseerd as wat ek gedink het. Gelukkig het ek Paul Gioia (kitaarslaner, vocalist en een van die founding members) se nommer by hulle promotors gekry en toe bel ek die bra sommer. Net om my sienings bietjie met hom te toets. Progress Through Plunder is musically diverse met ongewone powerful lyrics. Op hierdie album sing Ryan Tarboton, Henk Lustig is op bass en hey, daai takhaar Mr Jason Hinch op dromme. Loandi Boersma jol ook bass, lyk dit my.
Hier is ‘n vraag: Hoekom het dit about soos in fokol airplay gekry? I’ll get there, don’t worry. Laat ek eers klaar verduidelik oor die tunes… Jy gaan ‘n hele klomp verskillende klanke en genres hoor op die album. Toned down metal riffs en vocals, paar verskillende tipes punk wat hulle verskyning maak, ook bietjie alternative folk gemeng met African influences en, net vir good measure, sommer gewone plain rock and roll. En hier is waar Paul my bietjie kon help. Hy tune The Slashdogs skryf whatever hulle voel en hulle creativity spruit voort uit die vryheid wat hulle mekaar gun om kollektief expression te gee aan wat rock and roll vir elkeen in die band beteken. Dis ‘n demokratiese proses en ‘n gevestigde manifesto by The Slashdogs wat geld vir al die lede so oor die jare. Paul het ‘n thrash metal klap weg en Ryan meer van ‘n punk probleem, klink dit my.
Dis ‘n kombinasie waaraan mens nogal moet gewoond raak veral as jy kan onthou hoe die metalheads en die punks mekaar gebliksem het in clubs net ‘n paar dekades gelede. Net oor hulle anders gelyk het en ander musiek gemaak het. Maar ek het dadelik tuisgevoel in hulle musiek, al het dit ‘n ruk gevat om onder die knie te kry. Paul tune hulle is erg beïnvloed deur die second wave punk bands soos Bad Religion, The Exploited, Dead Kennedys ensovoorts.
Hierdie dudes het nogal ‘n intellektuele inslag ook. Paul en Ryan stel moerse belang in SA geskiedenis. Nee, nie die kak wat hulle ons op skool geleer het nie. Met ander woorde nie die nasionalistiese, eensydige kant van geskiedenis nie. Paul het die voorbeeld gebruik van wat werklik gebeur het by Spioenkop. Daar was nie net Afrikaners wat teen die Britte geveg het nie maar swart burgers, Pole, Italianers en ander foreign nationals ook. Paul het grootgeword in byna dieselfde white privilege area as ek en toe hy begin geskiedenis en punk musiek saamgooi in ons gesprek was ek dadelik op sy frekwensie. Die Staat, skole en media het net ‘n sekere agenda gepush in die seventies en eighties. Maar musiek het ons jong kids ‘n ander perspektief gegee. Veral punk rock wat uiteraard onstaan het as ‘n a-politiese, anti-establishment, werkersklasbeweging in die seventies en daarna het baie meer punk bands begin polities raak. Jy sou dink dat die Slashdogs in 2014 hulle musiek daarbuite kan kry op veral studenteradiostasies? Dis ironies nie die geval nie. So dink weer. Studenteradiostasies wou nie hierdie fokken album speel nie. Hoekom? Want dis apparently hate speech. Wat ‘n pot kak!!!!
Ek het weer gaan luister na die song wat die Slashdogs gekies het vir airplay genaamd Voter’s roll. Ek verstaan nie eers hoekom die meer ‘in your face’ lirieke van songs soos Marikana (waar die regering blatant gekritiseer word) geban was nie. Of wag, jy word nie geban deesdae nie. Jy kry net nie fokken airplay nie. What’s the diffs? Voter’s roll? I don’t get it. Dis ‘n positiewe rekonsiliasielied. Die song moedig Suid-Afrikaners aan om dinge positief te verander! Daar is background vocals van Zamandlovu Zimkitha Kumbaca, Bongani Benedict Masango,Charlotte Komani, Sarah Blatcher en Loandi Boersma wat dit ‘n moerse crossover gevoel gee. Hoe de fok kan hierdie hate speech wees? So een positiewe song is gekelder deur die ander meer ‘in your face’ anti-government songs? Nie dat ek dink enige van die songs moet geban word nie. But guilty by association? Really? Klink vir my soos fascisme.
Het ons niks geleer van sensuur die afgelope 23 jaar nie? Of dalk is almal te polities korrek om die waarheid te wil hoor? Slashdogs draai nie Zuma se babadoekies om nie, that’s for sure. Maar dis wat punk (en metal ook soms) nog altyd gedoen het, nie waar nie? Die ironie van dit alles is die sentiment wat hierdie album nastreef na drie jaar nog net so relevant is soos in 2014. As jy my nie glo nie, kyk na 2017 se State of the Nation Address.
Laastens is dit ‘n album wat gemaak is vir die vinyl format – omdat dit so diverse is wil jy dit deurluister. Jy weet nie wat kom alles met die volgende tune nie. I mean, dit eindig met ‘n Paul Di’anno/Steve Harris Maiden cover, Running Free en daar is so ‘n befokte punk tune wat my laat dink aan Motörhead en Girlschool se colabs. “I don’t wanna live on a one way streat!” Loandi Boersma wat saam sing op ‘n lekker ‘fuck the system’ tune.
Paul het bevestig dat die Slashdogs almal vinyl collectors is of ‘n moerse liefde vir die format het en Rouleaux van der Merwe van Permanent Record het sy kop op ‘n blok gesit om hierdie bras se musiek op vinyl te kry. Gaan hoor bietjie by Permanent Record dalk is daar nog ‘n paar copies oor…
The Slashdogs – The Wail (2017)
Die nuwe EP is weer iets heeltemaal anders. Mens se eerste reaksie is om te dink dat dit slegs is omdat daar so ‘n groot line-up change gekom het, maar dis nie al rede nie. My eerste indrukke na ek die eerste twee tunes gehoor het, Parting Shot en Ride On, was maybe as Joe Strummer en Mick Jones vandag ‘n punk band begin het sou dit iets soos daai twee songs klink. Dis slightly meer moderne punk en ek dink ook dis heavier as hulle vorige offering.
Ek wou by Paul hoor of hulle klank op hierdie album meer gefokus was wat genre aanbetref. Sy antwoord was dat hulle dit nie so beplan het nie. Hulle het net hierdie keer bloot om die musiek om die lirieke geskryf. Die Slashdogs het almal deur ‘n moerse kak tydperk gegaan van 2014 af. So waar die vorige album baie polities was, is hierdie offering deur die dood, egskeiding, members wat die band verlaat het en net ‘n algemene gevoel van loss geïnspireer. En jy kan dit hoor in die songs.
Die cover van Suzanne Vega se In Liverpool wyk weer af van die punk norm. Die oorspronklike tune se lirieke gaan oor insanity en loneliness maar die musiek self is upbeat. The Slashdogs het die tone van hulle cover version ook nog na die sombere kant toe gaan draai en Ryan se diepstem vocals het baie gehelp om dit ‘n beautiful cover te maak. Paul tune meeste van die songs op die album gaan eintlik oor vrouens en hulle hoë verwagtinge. Ja-nee, fok. Face daai kak. So hoekom ‘n Suzanne Vega tune? Wel Ryan is ‘n groot fan van haar en Paul het ook fond memories van haar musiek toe hy ‘n laaitie was. Dit was eintlik meer van ‘n random keuse wat net sin gemaak het somehow.
Die song Some Kind of Heaven wyk ook af van die traditional punk norm. Meer soos Fuzigish se vibe. Dis ‘n tribute vir oorlede Hog Hoggidy Hog frontman, George Bacon, hulle mentor en bra. The Slashdogs se huidige bass player Big Willy was een van die laaste mense wat met hom gepraat het daai fateful aand in Augustus 2015, net voor George in die oggend oorlede is. Hulle was almal in ‘n redelike toestand die volgende dag – as you can imagine. Die bras het swaar getrek maar wat amazing is vir my is dat hulle dadelik iets befok geskep het uit al hulle fokken kak, drama en tragedie. Ek is seker liters whiskey het ook gehelp. Rock and roll, fraternité en whiskey. Dis ‘n meer upbeat ska punk song met ‘n lekker horn ingewerk. Ross Macdonald van Hog Hoggidy Hog blaas die horings! Die lirieke is geskryf in ‘n halfuur die Sondag na George oorlede is en daai Maandag het hulle die song live onder die knie gekry en ‘n raw recording gemaak. Onthou julle die Nile Crocodile? Daar is paar references in die tune van die legend plek. Great tribute song! Daar gaan nog ‘n tweede EP ‘Sirens” later die jaar release word en die twee EP’s saam gaan deel uitmaak van een LP. Ja, die plan is om dit op vinyl te release.
Die materiaal vir beide EP’s is in ‘n baie kort tyd tussen Maart en Junie 2015 geskryf en hulle het 14 tunes uitgetimmer gedurende die winter van 2015. Die mixing en post production is gedoen so tussen deur hulle gigging schedule in 2016. As jy nog nie by hierdie band of die EP uitgekom het nie, gaan explore dit. Die twee offerings saam is soos om verskeie bands te luister op ‘n various album. Of ‘n mixed tape. Lekker experience gewees vir my.
Ek moet The Slashdogs ook nog live gaan check. Die current line-up is:
Ryan op vocals, Paul op guitar en vocals, Big Willy Bishop op bass, Gianluca “George Lucas” Tadiello op kitaar en Leon “Mooiste” Worst op drums.
Ek dink hulle jol by die Good Luck Bar in Maart! So hoop ek sien julle daar!
Watkykjy staan op 3,089,803 post views in totaal sedert 1 November, 2019.