Dis bietjie van ‘n weird title, right? Appelsap? Veral as mens dinge effens letterlik opneem en tot die gevolgtrekking kom dat te veel appelsap Niel Van Deventer se loopbaan as TV en movie producer een aand in Harties ge-kickstart het. Appelsap laat mens gewoonlik net vreeslik poep. Dit bou nie looppbane nie…
Niel het bietjie by die Watkykjy HQ kom draai skiet om te gesels oor hoe hy soortvan per toeval in die industrie beland het, waar hy homself deesdae bevind en met watter projekte hy homself mee besig hou. Hy was byvoorbeeld verantwoordelik vir die befokte Afrikaanse movie, Dis Ek, Anna wat iets soos ses awards gewen het. Gaan check dit sommer uit op IMDB – dit het ‘n rating van 8.3 gekry. Movie buffs sal weet dat dit ‘n befokte score is. Die eerste Die Hard movie het hom byvoorbeeld 8.2 geklap. Wenner! O ja, en julle outjies wat oorsee sit, kan Dis Ek, Anna sommer op Showmax ook stream.
Verder gesels Niel ook oor die movies en TV-reekse wat hy vervaardig het en waarmee hy tans besig is. Daar is ‘n opvolgreeks in die pyplyn vir Op Pad Met Dana asook ‘n splinternuwe reeks genaamd Oorsee #MetNielenBrou wat moerse befok lyk – ons het die eerste rowwe cuts van episode 1 onder oë gekry. Oorsee is op ‘n shoestring budget geskiet waar Niel en sy goose deur Europa travel en interessante Suid-Afrikaners opspoor en by hulle gaan draaiskiet. Moet dit nie verkeerd verstaan nie – low budget beteken nie kak kwalitiet nie. Hierdie reeks is bietjie anders as die selfbehepte travel vloggers van YouTube wat selfie-befok is met kak sound terwyl hulle by slopes af ski in sponsored sonbrille. Niel en sy aktrise vrou, Charlenè Brouwer, is pro’s as dit kom by stories vertel en aanmekaarsit en hulle kamerawerk is befok. Daar is ‘n groot cinematic presence in wat hulle as eindproduk opdis. Wat hierdie reeks ook besonders maak is, dat wanneer dit in 11 April op Via (DSTV) begin uitsaai, dit die volgende dag reeds beskikbaar sal wees op Showmax om te stream. Dit is ‘n eerste vir Suid-Afrika!
Ons gaan oor die volgende twee maande bietjie ondersoek instel en kyk na wat alles beskikbaar is in terme van streaming content in Suid-Afrika. Ons sal so paar van die shows en movies hier en daar review ook. Klap solank daai free 14-dae sign-up met Showmax as jy vir jouself so bietjie wil explore.
Vir nou oorhanding ons eers die mikrofoon aan Niel…
Watkykjy staan op 3,102,322 post views in totaal sedert 1 November, 2019.