As jy ‘n pakkie van 20 skywe per dag longe toe jaag, is jy besig om ongeveer ‘n grand per maand weg te fok. Of R12k per jaar. Jy rook ‘n hele Desembervakansie weg elke jaar. Teen R1000 per maand spandeer jy ongeveer R33 per dag op sigarette, min of meer ‘n pakkie. As jy R1200 per maand op skywe blaas werk dit uit op R40 per dag en teen R1800 per maand stoot jy R60 se rook in jou lugpyp af – net onder 2 pakkies 20s. As jy een van daai mense is wat alles op jou kredietkaart rev en aan die einde van die maand tergubetaal, kan dit selfs effens meer wees, maar as roker is jy bewus van al hierdie kak somewhere in jou onderbewussyn. Jy wil net nie daaraan dink nie, want dit laat jou nog armer voel as wat jy reeds is.
Kom ons gee vir jou nog ‘n scary perspektief – as jy nou ‘n huis of ‘n flat teen R1.3m koop, is jou paaiemente ongeveer R13k per maand. Vir hierdie oefening neem ons aan jy is ‘n armgat en kon nie ‘n deposit betaal nie. Of maybe is dit die bedrag wat toevallig op jou bond uitstaande is. Kom ons veronderstel jy besluit om vanaf 1 Maart op te hou rook en ‘n debit order te tune om die zak wat jy op kankerstokkies sou blaas elke maand in jou bond oor te betaal. Hoe skiem jy sal dinge anders wees? Hoeveel skille sal jy score in die long run? Raai gou-gou voor ek jou wys en dan check jy hierdie faktap wiskunde as jy dit soos rooimiere voor by ‘n 20-jaar bond se broek ingooi:
- As jy R1000 per maand ekstra op jou bond afbetaal spaar jy ongeveer: R420,000 op interest & service fees en 47 maande (net onder 4 jaar)
- As jy R1200 per maand ekstra op jou bond afbetaal spaar jy ongeveer: R480,000 op interest & service fees en 53 maande (amper 4 en ‘n half jaar)
- As jy R1800 per maand ekstra op jou bond afbetaal spaar jy ongeveer: R630,000 op interest & service fees en 71 maande (amper 6 jaar)
Begin daai tor in jou kop al van sy bootjie af fok? Is jy effens uitgefreak? Wag, kom ons vat dit bietjie verder. Baie van julle betaal ‘n huislening af saam met jou beter helfte of ‘n tjommie of ‘n familielid. Because financial sense. Kom ons veronderstel beide van julle rook ewe veel en verdubbel die sigaretuitgawes soos hierbo uiteengesit. Ons veronderstel dan ook julle divert die gesamentlike rookgeld na die bond toe:
- As julle R2000 per maand ekstra op jou bond afbetaal spaar jy ongeveer: R670,000 op interest & service fees en 76 maande (net onder ses en ‘n half jaar)
- As julle R2400 per maand ekstra op jou bond afbetaal spaar jy ongeveer: R745,000 op interest & service fees en 85 maande (7 jaar)
- As julle R3600 per maand ekstra op jou bond afbetaal spaar jy ongeveer: R915,000 op interest & service fees en 107 maande (net onder 9 jaar)
Is dit nie fokken insane nie? Imagine dit – jy is ‘n 21-jarige laitie wat rook en somehow ‘n bond kan bekostig en teen dit tyd dat jy 41 slaan, het jy amper ‘n miljoen Rand in bond interest se skwye gerook. En dis as sigarette se pryse dieselfde bly vir die volgende twintig jaar! Hahaha, dis faktap verby my ou!
So hoe de fok hou ek op rook? Finansiële motivering behoort dalk ‘n groot wake-up call te wees. Miskien skrik jy nou so groot vir die paar paragrawe hierbo dat jy jou rookgoed dadelik wegfok. Piele, job done, in daardie geval. If not, read on.
Ongelukkig werk dit nie so maklik vir almal nie. Nikotien is ‘n fokken bitch, maar as jy kan cold turkey, fokken go for it. Net nie moerig raak nie, ou grote!
So hoe de fok hou mens op rook? Hier is wat ek en van my tjommies sover probeer het:
- Nikotien chappies en patches. Daai goed het nie ‘n fok vir my gewerk nie. Ek kon net sowel ‘n heroin addict gewees het met ‘n naald in my arm terwyl ek coke snuif deur ‘n tienrandnoot. Ek het sommer twee stickers geplak (een op my ballas en een op my hol) terwyl ek die huis blou gerook het met my Lucky Strikes en daarna twee Nicorettes gevreet om my asem nog kakker te laat ruik. Dit was nul bedraggie effektief gewees.
- Allen Carr se CD en boek. Hierdie was ‘n fokken weird enetjie gewees. Ek het nie self die boek en CD gebruik nie. Ek het dit vir my goose gegee en dieselfde dag cold turkey gegaan. Dit het net ‘n maand gehou, toe is ons altwee weer trug op die pyle. En ek was ook maar lekker befok en beneuk gewees. Daardie eerste sigaret na daardie maand van hel was fokken hemels. Ek het amper uitgepass en in my broek gekom na die eerste trek. Jirre dit was lekker.
- Alhoewel ek nie weet wat in Allen Carr se boek of CDs aangaan nie, het ek aangeneem dat dit een of ander speenvarkie vibe is – ‘n metode waar jy stadig van die tiet afklim en minder huil. Soos ‘n fokken Donald Trump tipe baba. Ek het uitgefigure dat triggers en gewoontes ‘n moerse rol speel met nikotienverslawing en rook; en het sommer my eie plan uitgewerk – al wat jy hoef te doen is om die gewoontes uit te sny tot jy eventually nie rook nie. Sommiges van julle sal dit regkry, so gee dit ‘n shot. Los die gewoontesigarette een vir een:
- Die eerste sigaret in die oggend saam met koffie of die een wat die stoelgang aan die gang kry. Vir een of ander rede kak mens altyd vet, stink drolle na die eerste oggendzaan.
- Die tweede een in die kar op pad werk toe.
- Die derde een op pad werk toe omdat die N1 ‘n fokop is.
- Die vierde een met jou eerste koffie break by die werk.
- Nommer vyf tot agt saam met kollegas omdat julle wil kakpraat op die balkon en nie wil werk nie.
- Daai skywe na ‘n lekker meal – nou daai is fokken lekker om te rook en dus van die moeilikste gewoontes om van ontslae te raak.
- Die drie skywe wat jy moet rook na ‘n goeie naai. As die geweer leeg geskiet is moet die longe vol rook getrek word.
Hierdie hele weening-proses het my ongeveer 3 maande geneem waarvan ek slegs 2 maande lank rookvry was. Toe fok een tequila by ‘n troue alles op. As jy deur die eerste heavy drinksessie sonder ‘n sigaret kan gaan, is jou kop deur. Ek het miserably gefail. Dis poesmoelik.
4. Hipnose. Hier raak dinge dicey. Dis nie iets wat ek probeer het nie maar een van my vriende het dit ‘n kans gegee en iets soos 8 maande later het hy op ‘n classic wyse teruggekeer na rook toe – hy het eers sigare begin rook (wat fokken stupid kakduur is) en uiteindelik weer op die sigaret wagon beland. Hipnose is vir my dieselfde as om iemand met ‘n bybel te slaan en holy water oor die kop uit te gooi en demons uit te dryf. Dis ‘n kop-game. As jy ‘n moerse gullible persoon is, mag dit dalk vir jou werk. Not for me.
5. Voorgeskrewe pille. Jy kan ‘n dokter gaan sien wat vir jou iets soos Champix kan voorskryf. Volgens my een tjommie wat nou al een jaar en 21 dae lank 100% rookvry is, moet jy die pille vir ongeveer 3 maande lank neem, anders mors jy jou fokken tyd. Dit kos ‘n standaard doktersafspraak (hier by die R400 rond as jou dokter nie ‘n skelm doos is nie) en dan so R500 per maand vir die pille. All-in-all so oor die 5 kartons skywe se waarde. Bargain!
6. Vaping. Hierdie eerlikwaar is die enigste ding wat my sover suksesvol van die kisspykers af weghou. My heel eerste poging was ‘n dawerende fokop gewees. Twisp het daai tyd pas op die mark gekom en dit het soos ‘n bom gewerk vir ‘n maand lank. Toe gaan ek Amerika toe vir ‘n maand en vergeet die fokken e-cigarette by die huis. Ek was fine gewees tot ons in Atlanta geland het. Toe almal sigarette opsteek en ek my hand in ‘n leë baadjiesak druk wou ek apies met slap handjies kak. Ek het ten duurste sigarette in US dollar gekoop en gerook vir die dood (heel moontlik letterlik) so tussen die trane deur. Terug tuis het ek weer die Twisp opgetel en ek was weer ‘n maand lank rookvry tot die donnerse coil gekak het en die juice soos donkiepis begin proe het. Ongelukkig was e-cigarettes en vaping nie ‘n moerse ding in SA op daai stadium nie so ek kon net sowel hoendertande of fokken goud gerook het. Heavy skaars. Ek het van een Clicks tot die volgende gejaag, fokol gekry en toe ‘n pakkie skywe gekoop uit desperaatheid.
Waar los dit my nou?
Ek het op 29 November 2016 my laaste sigaret doodgedruk. Dis nou drie maande later en die langste wat ek ooit 100% rookvry was. Sover werk dit vir my en ek het die groot “kom ons raak faktap gesuip en raak nie aan sigarette nie” toets ook met lof geslaag. Op nuwejaar, nogal. My hangovers is deesdae ‘n briesie omdat my sinusse nie soos ‘n verstopte kakhuis voel nie, ek slaap beter, voel beter en trek probably beter draad ook. Is vaping gesond? The jury is still out on that one, maar dis baie fokken gesonder as sigarette en dis baie goedkoper. Aanvanklik het ek R180 per week spandeer per 30ml vape juice. Ek is ‘n ou wat tussen 25 en 35 sigarette per dag gerook het en vaping was ‘n besparing van ongeveer R800 per maand.
Ek was so chuffed gewees dat ek na die supplier toe gegaan het en getune het dat ek ‘n artikel daaroor sou doen vir afslag en wat-wat, juis omdat dit die eerste werklike suksesvolle “fok rook” poging tot dusver was. Toe hulle te lank sloer, het ek besluit om my eie juice op die mark te sit en opge-team met ‘n secret mad scientist wat e-liquids al vir 4 jaar lank meng en met flavours eksperimenteer. Ek het iets cheaper vir myself gesoek en nou kan ek dit met julle ook deel. Vaping kos my nou R200 per maand, want een botteltjie hou my twee weke. Dis die prys van 7 pakkies sigarette per maand in plaas van 45. Groot fokken wen vir die beursie!
Wat Vape Jy se vape juices kos slegs R95 per 30ml. Dis enige iets tussen R25 en R100 per 30ml cheaper as wat tans op die mark beskikbaar is en die flavours is befok lekker! Ons sit op die oomblik met ongeveer 60 flavours waarvan ons 12 in stock gesit het. Ons sal elke maand ‘n batch flavours byvoeg. Die Wat Vape Jy? juice is beskikbaar in nikotiensterktes van zero, 3 of 6mg. Ek het begin op 6mg, afgegaan na 3mg toe, ‘n week later was ek oor na fokol nikotien en is twee weke later toe maar weer terug op 3mg. Nikotien is ‘n fokken kont, but I will get there some day…
Ons sponsor ook Kaptein Kortbroek se SuperBru pool wat hy vir ons run en gee elke week ‘n flavour weg vir die bra wat die yellow cap vat. Verder is daar ook elke Vrydag sover moontlik ‘n lucky packet op Watkykjy up for grabs wanneer ons duik, waar jy ‘n vape juice kan wen en ons ietsie ekstra in die sakkie gooi – stickers of ‘n CD of ‘n boek of whatever beskikbaar is.
So gaan ek ophou vape ook?
Dit is beslis die plan, ja. Ek wil 100% van nikotien se ma afklim. Vir nou is nikotien se ma te los en lekker. Ek wil op ‘n stadium nie die behoefte hê om aan iets te suig om rook of walms of vape uit te blaas nie. Ek weet glad nie hoe lank dit gaan neem nie, maar sodra ek voel dat ek op 0% nikotien kan vape vir so drie of vier maande, sal ek die groot stap neem en die hele storie los.
Vir nou is dit ‘n nodige kruk waarmee ek gemaklik voel – my vingers is nie geel nie, my klere en lyf ruik nie soos ‘n partytjie wat te lank sonder ‘n intervention aangehou het nie en ek spaar zak. Vir die volgende jaar of so moet ek maar daai grappie verdra van “vape is sleg vir ‘n man se serviks.| Blybaar rook regte mans en het hulle net sulke groot ballas.
*wys so met hande uitgestrek*
Ek sal dit onthou wanneer daai regte mans van kanker vrek en ek met my serviks (wat nie regtig bestaan nie) sulke lekker dik fokken wolke uitblaas en hopelik langer lewe.
Watkykjy staan op 3,092,194 post views in totaal sedert 1 November, 2019.