Dagsê! Ons is oudergewoonte weer trug op Vrydae met die zefste en beste nuus. Loop haal ‘n koue enetjie en kom sit. Hierdie was ‘n lekker week gewees. ‘n Lekker week vir fokken boomklim…
1. Die nuwe president van die Vee-Es-Aaaah het ‘n onverwagse eer wat hom te beurt geval het. ‘n Nuwe motspesie is ontdek en omdat die mot geel en oranje in kleur is en sy voorkoms baie in gemeen het met die van Donald Trump, is die spesie terstond Neopalpa donaldtrumpi gedoop. Dit het natuurlik vir Steve Hofmeyr wat Donald wil gaan spreek oor sanksies teen SA, baie opgewonde oor die feit dat dieselfde dalk met hom kan gebeur. Maar aangesien geen nuwe miskruier ontdek is nie, sal hierdie kaksoeker maar dalk effe langer net bekend wees vir sy… uhm… “sang.”
2. Privaatskole is ook uiteindelik hierdie week terug hok toe. Niemand het issue daarmee gehad nie. Maar die vrou in die Oos-Kaap wat hok toe is agter op ‘n bakkie, het die kak laat spat. ‘n Boer met ‘n Isuzu wat ‘n hok agterop sy bakkie het, het die vrou ‘n saamrygeleentheid aangebied na sy gevra het… Sy het toe blykbaar self agterop in die hok geklim. Nou kyk, jy moet onskuldiger wees in jou lewensuitkyk as ‘n mongoolbaba om te dink niemand wat verby jou gaan ry gaan dink WTF nie. En maybe is hierdie boer so onskuldig. Maar almal spring toe op die rassismebakkie en skree vir sy bloed. Wat ironies is. Want elke week word boere se bloed vergiet, maar bittermin mense skree daaroor. Beslis nie dieselfde mense wat so geaffronteerd is deur die vrou op die bakkie nie. Want sulke prioriteite. Fok. (Voetnota: Hierdie punt is met trots geborg deur AfriForum.)
Now shove your “facts”and your outrage up your ass and crawl away. This is what actually happened to the woman in the cage on the bakkie. pic.twitter.com/IEJmA46VH1
— griffin (@watkykjy) January 19, 2017
3. Die uitstalling in die Nasionale Kunsmuseum in Kaapstad, getiteld “fuckwhitepeople wall, chair and goldendean boots” is deur lede van die “Cape Party” gevandaliseer. Wat my fassineer is hoe dit kuns genoem kan word. Kuns is om mense te oortuig sulke kak is kuns. Dis ‘n muur, ‘n stoel en ‘n paar stewels wat kwansuis moet wys hoe blankes leef in ruimtes waar ons nie wit voel nie. Fok my, mens. Ek het al blinde kinders by die Spur sien inkleur wat meer as kuns gesien kan word. Die kunstenaar (of is dit kulkunstenaar?) se naam is Dean Hutton en daar is genoeg bewyse om te vermoed dat hy vanaf die ouderdom van 5 af al matgom snuif en vir die familie se poedel rokkies aangetrek het.
4. Kak diens verskyn hierdie week in die tweede plek op ABSA se lysie van grootste kopsere. Nommer 1 is nou die tameletjie van die moontlike terugbetaal van R2 biljoen se geld waarmee die destydse apartheidsregering en Reserwebank hulle blykbaar te help gesnel het om kop bo water te hou. Dis ook toevallig dieselfde bedrag as die bankkoste wat jy betaal as jy ‘n bankstaat aanvra. Sulke wat’s-die kans?
5. Wat gebeur as jy die donder by jou tiener se verjaarsdagpartytjie probeer steel? Jy beland in die hospitaal. Vra maar vir die “sangeres” en “aktrise” Amor Vittone wat al twee operasies moes ondergaan om die geskeurde ligamente in haar linkerbeen en haar linkerenkel te probeer herstel. Dit kom na ‘n fratsongeluk op ‘n trampolien by ‘n plek waar haar seun sy 13de verjaarsdagpartytjie gehou het. Mens sou dink sy ken van spring aangesien sy nooit skroom om te spring as daar bietjie publisiteit ter sprake is nie. Spring moederfokker, spring!
Watkykjy staan op 3,090,238 post views in totaal sedert 1 November, 2019.