Vanweë ‘n kombinasie van fokops binne sowel as buite ons beheer, moes die afgelope Vrydag se Vat Vyf effens oorstaan na vandag. Ons het ‘n inustrial strykyster gaan koop, want daar is nog so paar issues wat uitgestryk moet word. IT issues. Anyway, hier is dit dit in elk geval.
#SulkeLaat
1. Daar is aangekondig dat die publiek vir die eerste keer in die geskiedenis van die Mej. Suid-Afrika kompetisie, kan help om te besluit wie gekroon moet word. Sulke Checkers Boerewors kompetisie vibes. Watter een van die 26 semi-finaliste die meeste stemme ontvang, gaan dan outomaties deur as een van die 12 finaliste. Dit is sommer befok. Nou kan jy kaalgat met jou foon in jou hand en ‘n botteltjie Vaseline byderhand besluit wie moet so swik-swik op ‘n verhoog paradeer met ‘n glimlag groter as Ford Suid-Afrika se Kuga-kopseer.
2. En daar trek ‘n hoogs bekroonde aktrise toe vir Donald Trump ‘n moerse Streep by die Golden Globes. In plaas daarvan om haar tyd vir bedankings te gebruik, het Meryl Streep toe sulke ligte PK’s vir ou Donald uitgedeel voor Hollywood se elite en natuurlik die groter TV-kykende massa. En hy wend hom weer tot Twitter en noem haar over-rated om te wys hy is afgepis. Jammer Donald, jy’t self jou eie bed gemaak. Dalk selfs die hotelbed in Moskou wat almal aan die praat het. Volgens gerugte hierdie week, het Trump dieselfde kamer in ‘n Moskouse hotel bespreek waar die Obama’s tevore tuisgegaan het. Toe betaal hy klaarblyklik Russiese prostitute om op die bed en mekaar te pis. Jy kan hierdie kak… ek bedoel pis… nie opmaak nie.
3. ‘n Nuwe gier op sosiale media het mense op hol. Jongmense, veral tieners, dink dis snaaks om foto’s van hulself te neem waar hulle pose asof hulle dood is en dit dan te versprei. ‘n Tradisionele geneser het uitgevaar daarteen en gesê hulle tart die noodlot. Dink bietjie hoeveel Afrikaanse doef-doef “sangers” se loopbane het al gesneuwel nadat hulle ‘n foto van hul jongste album-cover gepos het. Ja. Jy worry fokken lekker nou.
4. Ons Olimpiese held, Wayde van Niekerk, is benoem op die kortlys van globale sportsterre vir ‘n Laureus-sporttoekenning in die kategorie Deurbraak van die Jaar. Dis verblydend dat suip ook nou as sport gesien word. Hoeveel kere het ek nie al gekuier en dan moes ek die volgende oggend deurbraak nie, maar erkenning was daar nie. Well done, Wayde.
5. Picture die scene… dis vroegoggend en jy en Mamma lê nog in die bed. Mamma speel met jou 11 borshare. Iewers in die huis skree ‘n kokketiel en ‘n hond waarvan die ma ‘n hond was en die pa ‘n sypaadjie, blaf. En dan tref dit vir Mamma soos ‘n snotsambok teen die voorkop… julle het nog nie vir Klein Gotlieb geregistreer vir skool nie en die skole begin vandag. Diefokweet. Meer as 40 000 kinders in Gauteng is nog nie geplaas by skole vir die 2017-skooljaar nie. En dis net Gauteng. Hoe verklaar mens dit? Waarmee hou mense hulself so besig dat hulle vergeet die werpsel moet seker leer lees en skryf… Sulke meewarige kopskud…
Watkykjy staan op 3,084,307 post views in totaal sedert 1 November, 2019.