1. Kykers van die gewilde realiteits TV-reeks “Boer Soek ‘n Vrou” is sommer vroeg in 2017 warm onder die kraag oor wat hulle beskryf as swak besluite aan die kant van die deelnemers. Uiteindelik praat iemand uit hieroor in plaas daarvan om dit net onder die mat in te vee. Blykbaar kan daar bevestig word dat al die klaers, meeste vrouens, die volgende in gemeen het:
- Hulle het laas seks gehad toe Steve Hofmeyr en Huisgenoot nog maatjies was.
- Hulle skeer nie hulle beenhare in die winter nie.
- Hulle glo Binnelanders is gebaseer op ware gebeure.
- Hulle huil gereeld in hul dooswyn.
- Hulle verwag steeds dat hulle banke en selfoondiensverskaffers met hulle in Afrikaans kommunikeer.
#SulkeDeurDieKak.
2. Die land hou hulle asems op vir die TV-gebeurtenis van die jaar wat volgende week afskop. Bobby en Karlien van Jaarsveld kry hul eie TV reeks van 13 episodes wat elke Woensdag wys hoe die twee glanspersone ‘n dag in iemand anders se skoene te spandeer. Duidelik het iemand se skoen-fetish nou heeltemaal hand-uit geruk. Van die uitdagings sluit moontlik in hoe om nie jou naam gat te maak op Twitter nie (“Defnitief ‘n nuwe ervaring vir my”, aldus Karlien) en hoe om nie ‘n trui aan te trek as jou ma warm kry nie (“As my ma sê spring, vra ek hoe hoog”, aldus Bobby.)
3. Die matriekpunte van die Klas van 2016 is bekend gemaak en die Minister van Onderwys, Angie Motshekga is trotser op haarself as ‘n ma op haar kind se aanwysing as biblioteekprefek by ‘n blinde skool. Kyk, ek is baie bly vir die spulletjie wat so presteer het en almal wat deur is, maar hoe sit ons in 2017 met 18 skole wat ‘n 0% slaagsyfer gekry het? En met meer as die helfte van 2005 se Graad 1’s wat nie skool klaargemaak het nie? Statisties behoort 7% van die groep werk te kry by groot corporates, 5.8% sal hul eie besighede begin en die ander 19% sal backtracks sing op Ray Dylan en Amore Vittone CDs. Want 7% + 5.8% + 19% = 100%.
4. Ons Nommer 1 is Nommer 10 op ‘n lys van die 10 grootste risiko’s vir die wêreld in 2017. Dit volgens Time Magazine. Fok. Uiteindelik kry hy iets reg. Die ander 9 goed op die lys sluit in mense wat verneuk in bordspeletjies, panfluit CDs van Celine Dion se musiek, Ford Kugas wat spontaan aan die brand slaan en straight haarkappers.
5. Mariah Carey het ‘n kak Oujaar agter die rug nadat haar live performance op ‘n TV show met tegniese probleme gepaard gegaan het. Op ‘n stadium kon sy haarself nie hoor sing nie, iets waaraan ons nou al jare blootgestel is en ons cope fine, maar toe hou sy sommer op sing. Oepsie vir haar speel die liedjie met haar vocals toe steeds. Lip syncing much? Career syncing methinks.
Watkykjy staan op 3,092,387 post views in totaal sedert 1 November, 2019.