Wherever jy 2017 se arrival ge-celebrate het – ons hoop dit was ‘n fokken lekker enetjie gewees. Ons het vir hom netjies vasgevat by Tweefontein Melkery die afgelope naweek. Thanks vir die 150 of so mense wat ons kom join het en kom holswaai het. Dit was een virrie boeke.
Dink bietjie terug. Jy moes al so paar kak nuwejaarsparties beleef het of jy was moontlik al op die verkeerde plek op die regte tyd gewees. Een nuwejaars countdown wat vir my uitsteek soos ‘n seer, krom piel was hier in die laat 90’s rond gewees. Ek dink die trauma het die spesifieke jaar uit my brein geblok maar ek vermoed dit was die oorgang van 1997 ma 1998 gewees. Dit was nie juis ‘n partytjie. En met “nie juis nie” bedoel ek eintlik “fokken glad nie”. Ek was net op een van die kakste plekke in Gauteng gewees omdat alle vriende en familie met vakansie was en ek die enigste doos was wat nie zak gehad het om weg te gaan nie – dit los my toe by Vereeniging se fokken ysskaatsbaan. En hier is die weird deel – ek het daai aand nie eers gaan ysskaats nie. Ek het maar net saam met ‘n goose en haar broer gekarring na die ice rink toe, want selfs dit is beter as om net by die huis te sit en draad te trek met facial scrub terwyl so paar romantiese kerse flikker iewes in ‘n hoek van ‘n badkamer.
Dit was so ‘n fokken slegte affêre dat ek het tot vandag toe nog nooit ice skates oor my voete getrek het nie. Ek is daai doos wat nog nooit in my lewe ge-ysskaats het nie. Sulke adolosente trauma. Die ander kinders het al in die rondte geskaats op zef techno en dit duidelik geniet. Een of ander mobile disco doos wat vir die aang gehuur is het oor die mikrofoon begin aftel van tien na nul. Toe daai klok nul slaat het ek een van die mees oninteressante dinge op aarde gedoen: in plaas daarvan om “happy new year” te gil en ‘n meisie of ‘n MILF te probeer grope of om ‘n shooter in my keel af te gooi, het ek tamatiesous oor ‘n souterige russian en slaptjips gespuit. By die fokken ysskaatsbaan. In fokken Vereeniging. Ek vermoed dat die russian ekstra souterig was vanweë my trane.
#Sulkeuneventful
#SulkeSad
Terug in 2017… Toe ek vanoggend hierdie video van ‘n Australiese TV-stasie sien, het ek egter baie beter gevoel oor daai kak aand in V-Town, Sien, as jy ‘n loser is op jou eie iewers in die bleachers, is dit fine. Niemand sien jou raak nie en dié wat jou raaksien voel ‘n fok vir jou. Dis fine, dis jou eie worries en jy kan daarmee deal. Dis maar net nog ‘n dag en jy beweeg aan, maar wanneer jy deel is van ‘n trop losers en die sadste coutdown van alle tye word live ge-broadcast op televisie en daarna op die internet verewig word, is dit ‘n totale ander fokken ball game.
Daar is heeltemal te veel cinge in hierdie video om elke deelnemer individueel te bespreek, so ek gaan dit maar aan julle oorlos om in die comments te tackle as julle wil. 2016 se hangover hang ook nog maar dik oor die ore. Happy new year en hoop jou jaar het nie te kak begin nie. Hou jou broek maar styf vas. 2017 gaan heel moontlik ‘n fokken rowwe enetjie wees, so gryp hom aan die ballas voor hy jou eerste aan die ballas gryp…
Watkykjy staan op 3,074,300 post views in totaal sedert 1 November, 2019.