Deur Big H
Frosted Orange is in 1996 gestig en het hulle eerste official gig by ‘n restaurent genaam Cranzgotz in Houtbaai gejol op die 19de of Oktober van daai jaar. Al wat die ouens blykbaar kan onthou was dat die gig pretty much ‘n fokop was en dat die pizza lekker was. Dit sou darem nie lank so bly nie (dis nou die kak gig-gedeelte, nie die pizza nie).
Simon Orange en Albert Frost het way back in 1989 ontmoet toe Albert se pa, Frank Frost handjie bygesit het as drummer vir The Blues Broers se eerste recording, Shake Like That. Albert was ‘n 12-jarige knock-knee puisiegevreet en Simon was die stil tipe takhaar met sy neus in ‘n boek, meeste van die tyd. Niks het regtig vlam gevat tussen die twee tot en met so 5 jaar later nie, toe Albert die Blues Broers as hul lead guitarist gejoin het. Hier rondom die launch van The Blues Broers se tweede album het Albert en Simon agterkom dat hulle like om die boundaries verder as die blues te druk en saam begin werk aan ‘n side project genaam Frosted Orange.
Fast forward so twintig jaar en hier sit ons nou… Die dag na Krismis, 2016, was die vyfde keer wat Albert Frost-hulle die Boxing Days Blues Bash gehou het en ek is spyt ek het nou eers daarvan uitgevind. Van nou af gaan ek elke jaar probeer gaan! Ek het gig-ontrekkingssimptome begin kry, en toe ek hoor dat ‘n hele paar van my favourite musos in Tulbagh ‘n gig net na Kersfees gaan speel, het ek ‘n plan gemaak om daar uit te kom (synde ek anyway in die Kaap met vakansie was). Alles is mooi daar. Tulbagh is mooi, Saronsberg Kelder is mooi, die bome is mooi, die gras is mooi, die girls is mooi. Alles is befok mooi.
Frosted Orange (met Simon Orange en Albert Frost), die Robin Auld Band, die Blues Broers en die Albert Frost band het gespeel, en die musiek was uit die heel boonste rakke uit. Albert Frost het op ‘n stadium by Jorik Pienaar oorgevat as die Blues Broers se drummer. Kan jy dit imagine? Dik nogstalgies, net soos sy pa al daai jare vantevore gedoen het. Dit was genuine ‘n great dag gewees – lekker vibe, lekker kos, lekker dagdronk en fokken fantastiese musiek!
Watkykjy staan op 3,091,369 post views in totaal sedert 1 November, 2019.