Fok my kop is seer. Elke keer as ek op een van daai Facebook vinyl sites gaan word ek ingetrek in ‘n prysdebat. Ongelukkig kan ek nie wegbly as ek eers in die ding is nie. Dis soos kreupel dwergie eenhoring porn. Things to work on in 2017: bly weg van Facebook vinyl sites af asook kreupel dwergie eenhoring porn. Ek kort ‘n music fix!
*Sit Blue & Lonesome in my CD player en draai die volume op*
So my review is due vir net oor ‘n uur of twee en ek is al weer laat. Gelukkig luister ek al vir ‘n hele paar weke na die album waarna ek gaan kyk vandag en as jy ‘n hardcore Stones fan is het jy dit seker al lankal verorber. Blue & Lonesome noem hulle dit. Ek love die Stones. Wie doen nie? Maar ek is nie ‘n fanboy nie, so ek ken nie elke liewe album wat die Stones uitgebring het nie en ek weet ook nie presies watse tunes op presies watse albums is nie. Ek moes maar bietjie gaan snuffel. Meeste van ons ken net die rock and roll en pop rock tunes wat hulle oor die jare vir ons opgedis het. Hulle is hoofsaaklik nie so bekend vir hulle blues offerings nie, veral nie vir ons Gen X’ers en Millennials nie. Jou Pa of jou Oupa sal beter weet, want in die jare toet was die Stones meer bluesbefok toe hulle net begin het. Die waarheid is die blues was nog altyd deel van die Rollings Stones se kollektiewe siel en hulle het sonder twyfel hulle passie daarvoor behou oor die jare. Julle weet mos, daai siel wat Rodney Seale gesê het hulle aan die duiwel verkoop het om langer te lewe. Ek wonder of ons nie te hard was op Oom Rodney nie. Die man het ‘n punt beet gehad daar. Die Crossroads blues legend van ouds beaam sy teorie mos. Die Stones is veronderstel om rustige krimpies in ‘n aftree-oord te wees teen die tyd maar dit lyk my hulle saag, suip en wheelie nog al die pad. Hoe is dit moontlik? Hulle moet seker dinge rustiger vat deesdae? Of droom ek? Jirre, ek weet nie hoe Charlie Watts nog kan dromme speel nie. Hy het al in die eighties so vaal begin gelyk so asof hy enige oomblik gaan omkap. Ek dink nie hulle het blues gegooi in die eighties nie though. Nie eens Eric Clapton het daai tyd blues gespeel nie. Baie tacky dekade gewees. Ek weet nie hoekom ek so mal is oor eighties se musiek nie. Die indoktrinasie van die jeug.
Dié van julle wat boffins is kan bietjie help as daar befokte blues tunes op ander latere albums voorgekom het. Ek sal die hele dag hier sit as ek dit nou moet gaan soek. Maar dié waarop ek op afgekom het en dik stukke smaak is Midnight Rambler (Let it Bleed, 1969), Confessing the Blues (Five by Five EP,1964) en daar is so ou Robert Johnson tune wat hulle gecover het, Stop Breaking Down (Exile on Main Street, 1972). Magic tunes! Die Five by Five EP is ‘n blues album wat in die legendariese Chess Studios record is. Meestal covers. Daar mag dalk ook ‘n paar blues tunes op Sticky Fingers (1971) wees. Kan nie so mooi onthou nie. Ek het dit nogal baie geluister op ‘n stadium maar moerlank terug. Julle ken mos daai jean pant voorop die album cover met bulging ballas en as jy die zip oopmaak is daar net ‘n onderbroek aan die ander kant. Wag, laat ek gou gaan check of ek tans iets like op die album. Ek kan nie altyd alles onthou nie. O ja, die song I’ve got the Blues onthou ek, maar dis nie traditional blues nie – meer soos ‘n slow rock and roll ballad. You Gotta Move is meer waarna ek opsoek is. So lekker African-American spiritual song. Nee kyk, die Stones maak uit van die blues.
Right, so fast forward na 2016. Dié van julle wat nog nie by Blue & Lonesome uitgekom het nie wil seker weet of dit flou of befok is. Baie van hierdie old school bands try die magic en energie herleef wat hulle in hulle heydays kon optower. Of met nuwe recordings of live. Die feit is bittermin kry dit reg en jy kan at best net ‘n nostalgiese sympathy vote hulle kant toe gooi. Maar daar is ook talle wat dit regkry. Ek wens ek het geweet hoe dit werk wanneer hulle dit regkry. Maar ek doen nie. Mens weet net jy beleef dit wanneer jy dit hoor. En dan is dit hemels. Hierdie is immers die fokken Stones so ek is nie so verbaas oor die kwaliteit van die album nie. Ek was verbaas omdat dit net covers is en in ‘n kort tydjie record is. Maar dink bietjie daaroor – eintlik maak dit baie sin. Dit help om die fountain of youth aan die gang te hou as jy songs cover van die legends wat jou beïnvloed het toe jy ‘n jong laaitie was. Dis soos om deesdae jou Guns and Roses collection weer uit te haal en hard te gooi op die draaitafel! Of in die garage te gaan jam weer. Die Stones voel ‘n fok vir wat in die commercial blues rock wêreld aangaan op die oomblik. Dis duidelik sigbaar op hierdie album. En ek love dit! Dis straight up old fashioned Chicago blues met covers van Howlin’ Wolf, Little Walter, Magic Sam en Willie Dixon. So eenvoudig soos dit. Jirre, ek kyk nou vir die eerste keer binne in die CD cover. Ek kon dinge baie makliker vir myself gemaak het as ek eers daar gaan lees het. Maar hier is ‘n paar quotes van die legends self.
“When we started playing in London in 1962 we started off with Chicago Blues. If you wanted stardom and fame then that was not the way to go” – Keith Richards.
“All of these songs have antecedents. We’re paying our respects, but we’re taking the blues forward and hopefully introducing them to a whole new generation of fans” – Mick Jagger
“We could have done this album in 1963 or ’64 but of course it would not have sounded like this. It’s the interesting thing about a record that is made really quickly, it reflects a moment in time – a time and a place” – Mick Jagger.
So hierdie album is in drie dae live record sonder enige overdubs. En Eric Clapton het in die studio langsaan record en toe drag hulle hom in om op twee songs te speel. Man! Ek wens ek kon ‘n vlieg teen die muur wees toe dit opgeneem was. Mick Jagger se stem klink nie ‘n dag ouer as back in the day nie en Keith Richards se licks is dirty en smooth soos altyd. En daai harmonica. Jis, dit gee hierdie album ‘n tydlose gevoel. Maar soos die man op die bekfluitjie self tune dit kon slegs in 2017 werk. Dis vyftig jaar se gevoel wat in drie dae uitgekom het en op een CD of vinyl vir ewig vasgevang is. A snapshot in time!
Jirre, om John Mayal te quote op sy 70ste verjaarsdag toe hy saam met Eric Clapton en Buddy Whittington die ou John Mayal and the Bluesbreakers tune, Have You Heard About My Baby net klaar gejol het:
“The blues does not get better than this!”
Watkykjy staan op 3,091,357 post views in totaal sedert 1 November, 2019.