Wat maak jy by die werk, huh? Dis die tweede week in Januarie en jy is veronderstel om met vakansie te wees, jou aap. Like jy die traffic? Het jy so verlang na die traffic dat jy in die kakste traffic-week van die jaar weer werk toe en terug wil fok? Jy weet mos die meeste mense het gister vir die eerste keer in 2017 terug soutmyne toe begin beweeg. Nee man, moenie so wees nie , my fok.
Hey, moenie worry nie. Ons is hier om te help om jou leave vir 2017 behoorlik te beplan. Jy moet net seker maak dat jy die eerste klikkiebek is wat reguit HR toe hardloop om jou leave forms in te gee nadat jy hier gelees het. 2016 was ‘n kontkoppie gewees. In terme van publieke vakansiedae is 2017 nogals gaaf met ons. Uit die twaalf vakansiedae is daar net een dag wat ‘n totale doos is en op ‘n Saterdag val. Hy maak seker niemand kry ‘n af dag links of regs nie. Dis 16 Desember, oftwel AfriForum se dag om te shine by die Voëltrekkermonument en Die Stem te sing saam met Steve Hofmeyr. Geloftedag. Nasionale Two-Tone Dag.
Behalwe vir daai speedbump, lyk die lys van af daggies vir hierdie jaar verder heel aangenaam. Ons het vir Goeie Vrydag en Familiedag wat sorg vir ‘n lange hier by die middel van April rond en dan vir Freedom Day en Werkersdag wat broeknaai en amper vir ons nog ‘n langnaweekbaba maak. Youth Day looi ons met ‘n lange in Junie, Nasionale Braaidag is vir ‘n change vriendelik met ons in September en die Krismisnaweek is langer as Ron Jeremy se piel hierdie jaar. Kom ons stel ondersoek in….
*spoeg op brille en vryf so blink met t-shirt se binnekant en sit terug op neus*
So paar voorstelle vir jou verlof:
Merk Maandag, 20 Maart af op jou lysie. Dinsdag die 21ste is Human Right’s day. Daar score jy ‘n langnaweek. Vrydag 14 April is Goeie Vrydag en Maandag 17 April is Familiedag. Los hom net so. Langnaweek innie fokken sakkie! Vir ‘n superlangnaweek, maak seker jy sit leave in vir Vrydag die 28ste April, want Donderdag die 27ste is Freedom Day en Maandag die 1ste Mei is werkersdag.
In Junie score jy ‘n langnaweek met Yoof Day wat op Vrydag die 16de val. Julie is ‘n koue maand sonder enige vakansiedae, so maybe kan jy hier rond dalk ‘n weeklange break vat en Suidkus toe fok waar dit altyd somer is. Die strande is ook stiller, so jy hoef nie ‘n Penny Sparrow op jouself te trek en jou werk te verloor omdat jy ‘n poes op Facebook is nie. Met jou terugkoms sal jy moontlik ‘n week later hondsiek word, so daar score jy sommer sick leave ook. Die winter is maar meeste van die tyd ‘n fokken bitch met snotsiekte, skarlakenkoors en runderpes. Eet lemoene. Drink genoeg water. Eet mashed potatoes vir spuitkakvoorkoming. Dra effies. Rave safe.
Augustus is hierdie jaar effens weird – Nasionale Vrouedag val op ‘n Woensdag, so vat maar daai midweek break vir wat dit is. Ons het nog nie besluit hoe dit ons Oppikoppi-planne hierdie jaar affekteer nie. Maak jy maar daai somme. Treat jou goose en jou ma vir ‘n Wimpy brekfis of iets.
Hierdie jaar val Nasionale Braaidag op ‘n Sondag (24 September) wat beteken dat jy Maandag die 25ste kry vir mahala. Vat hom vas en braai ‘n ding faktap daai Sondag sodat jy Maandag kan huil en Netflix kyk. Jy moet braai. As jy nie braai nie mag jy nie ons maatjie wees nie. Jy kan maar vir juffrou gaan sê. Ons gee tog nie om nie.
Tussen September en Desember is dit ‘n droë, dooie stretch, so hang in there, cowboy. Probeer net om November te oorleef. Daar is ‘n bederfie aan die einde van die tonnel – Kersfees val op ‘n Maandag en Doosdag val op ‘n Dinsdag. Superlangnaweek vir die wen! As jy die begin van 2018 ook wil bytel, go for it – die eerste Januarie val op ‘n Maandag! Fokken scooooore!
Raait, so kom ons veronderstel jy’t ons guide gebruik – dan het jy 2 werksdae af gevat om naweke langer te maak en 5 werksdae gevat om Julie meer draaglik te maak en sandkastele te gaan bou op die T.O.D strand. Dit sit jou op 7 dae verlof wat jy vir die HR tannie met nie “ek-wil-nou-met-die-manager-praat”-haartyl ingehandig het. Moet nou seblief nie gaan staan en leave mors oor Desember nie. Desember is die heel beste maand om by die werk te wees – meeste van top management sit en ballasbak in Stilbaai, Hermanus of Plet en weet nie waddefok by die werk aangaan nie. Jy kan fokken slap trek by jou graft, halfdag fokof, drank uit jou boonste laai haal en kanse vat. Fok, as jy die enigste ou by die werk is kan jy kaal rondloop ook. Neem die plek op horings! Gebruik eerder jou leave om hierdie tyd volgende jaar af te vat en iets befok te gaan doen. Teen die tyd wat jy middel tot einde Januarie terugkeer vanaf ‘n welverdiende vakansie, het die mense weer gewoond geraak aan commuter traffic en minder mense bestuur soos werfetters. Nie almal nie, net minder.
Ons het hierdie tip verlede jaar ook gestress, so vir die van julle wat geluister het destyds en eers hierdie week die langpad vat en daai vakansie aan die klokke gryp, sal Rolbees Donderdag vir jou ‘n lekker playlist aanmekaarslaan vir jou musiek vir die langpad.
Om te recap, hier is jou public holidays vir 2017:
Dinsdag 21 March: Human Rights Day
Vrydag 14 April: Good Friday
Maandag 17 April: Family Day
Donderdag 27 April: Freedom Day
Maandag 1 May: Workers Day
Vrydag 16 June: Youth Day
Woensdag 9 August: National Women’s Day
Sondag 24 September: Heritage Day
Maandag 25 September: Public holiday
Saterdag 16 December: Day of Reconciliation
Maandag 25 December: Christmas Day
Dinsdag 26 December: Day of Goodwill
As jy ‘n lekker vakansie beplan het en uitmaak van kief plekke, deel dit gerus met ons. Miskien is dit ‘n goeie idee om befokte wegbreekplekke hierso met die ander maats ook te deel. Miskien stel ons ‘n lekker lys op. Geniet jou vakansie! Of as jy by die werk sit, sit lekker by die werk, hoor!
Watkykjy staan op 3,091,010 post views in totaal sedert 1 November, 2019.