Dis nou al amper te laat om online rond te skarrel vir daai ontwykende krismisboks wat jy vir jouself of jou geliefde moet aanskaf, maar as jy vandag nog ‘n order insit, mag jy dalk net gelukkig genoeg wees om dit nog teen hierdie Vrydag te ontvang. Maybe was 2016 ‘n heavy tos jaar vir jou gewees en jy wil net vir jouself ietsie koop. Shopping en kos het die geneigdheid om daai gat in jou hart at least tydelik vol te stop.
Ons het op ‘n hoop stuff afgekom wat ons nooit die tyd voor gekry het om in stock te sit op Watkykjy se online shop, Zefshop nie. Om die waarheid te sê was dinge so rof en besig hierdie jaar dat ons half amper van die ou winkeltjie vergeet het. Van die items was donkiejare terug aangekoop en netjies in filing cabinets gestoor en van vergeet. Die gevolg is dat die CDs veral nou ewe skielik fokken skaars is of mens kan dit glad nie meer in die hande kry nie. Gelukkig het ons befokte smaak, so ons stock net kief dinge. Hier is so tien items wat ons deur die loop van die week in stock gesit het.
Kyk ook heel onder aan die artikel vir CDs wat ons nog op die system moet laai. Jy sal kan besluit wat ons volgende moet laai indien jy sou belangstel om te bestel.
Comics:
The Adventures of Jack Parow – Hier Kom Nou Kak
Dis die jaar 2213. Dis nie ‘n particularly goeie jaar vir Jack Parow nie. Die iPhone 4123755GE is pas vrygestel, maar Parow rol steeds met ‘n 3310. Die bra het nie zak vir fancy kak nie. In fact, die arme dude kan nie eens ‘n freaking job kry nie…
A4 formaat Portrait
32 bladsye
Ons het 20 van hierdie copies in voorraad. Die weird ding is dat daar nêrens mention gemaak word dat die skrywes van hierdie comic actually Griffin en Vent Venter was nie. Hulle reken Hunter Kennedy het hom geskryf. Ooopsie, julle! Lekker man! Click o die cover om te bestel. Dit lyk nie of dit êrens anders online beskikbaar is nie. Ons het 20 copies in stock
Bitterkomix nommer 17
Die boek is genuine poes snaaks en ons het aaanvanklik ‘n limited hoeveelheid van 20 in stock gesit waarvan daar nou 4 oor is. Hierdie outjies gaan ook eventually fokken skaars raak soos die sestien uitgawes voor dit. Onthou, spuit kom altyd in jou broek… O ja, die eerste 4 bladsye se illustrasies is gebasseer op ‘n comment thread wat straight van Watkykjy af kom. Dis verdomp snaaks. Click op die image as jy wil shop.
BOEKE
Konsert van die lewe – Tolla Van der Merwe
Sestien jaar na sy dood, word Tolla van der Merwe steeds onthou vir sy stories, sy unieke taal, sy humor in afrikaans, maar meer dalk nog deur die wat hom geken het vir sy aardsheid, vir hoe hy ander op soveel vlakke aangeraak en onvoorwaardelik van homself gegee het. maar wat het tolla so spesiaal gemaak? Koop die fokken boek en vind uit. Ons het een
The Erotic Drawings of Anton Kannemeyer
Baie mense is onbewus daarvan dat Kannemeyer back in die 90’s vir Loslyf tussen 95 en 97 illustrasies gedoen het. Dis probably die ou wat die meeste geld ooit gemaak het deur piele en poese te teken in Suid-Afrika in die 90s. Jy gaan hierdie boek byvoorbeeld nie vir ouma of oupa kan koop nie, tensy hulle genuine piele mense is nie… Daar is slegs 600 copies gedruk en ons besit 5 daarvan.
Is Dit Net Ek Of Is Alles Tos?
Kyk, ons gaan nou nie ons eie piele suig nie (al kan ons en al is dit lekker) maar hierdie outjie het by die duisende verkoop way back in 2008 toe hy uitgekom het. Hulle moes hom sommer twee keer laat print het. Final syfers het hier by die 7000 verkope of iets gedraai en ons het even stof in Steve Hofmeyr se ogies geskop toe die boek nommer een toe gemove het vir so paar weke.
Dis nie regtig ‘n issue as ons nie die laaste 6 copies verkoop nie, maar die boek vat net plek op in die kas en begin actually nou die kak uit ons te irriteer. Koop dit seblief net die fokken ding dat dit uit ons pad uit kan kom. Dis dalk bietjie dated teen agt jaar oud, maar die boek is genuine fokken snaaks.
*mond beweeg so weer na eie piel toe*
http://zefshop.com/books/is-dit-net-ek-of-is-als-tos/
ZEF KLEERTJIES
Gaan maak gerus ‘n draai by die Watkykjy klereafdeling van die Zefshop. Daar is ‘n moerse range t-shirts. Ons weet nie hoeveel van wat in stock is op ons system nie, maar daar behoort iets van alles van elke size te wees.
Het jou tjommies dalk ‘n kind hier tussen twee en drie jaartjies oud? Nouma lekker! Gee die laities ‘n headstart en leer hulle solank die eerste vier letters van die alfabet met hierdie hempies:
A is vir ambei wat jy kry op jou boud as jy rondsit en niksdoen en die vloer is koud
B is vir is vir bruinbeer wat ek los in my broek dit ruik baie sleg en dit laat mamma vloek
C is vir cat en dis blykbaar ‘n dwelm wat slegte ooms koop op die hoek by ‘n skelm
D is vir dwergies soos Dawie Kabouter hulle beentjies is kort maar die fokkertjies motor
Beskikbaar in: pienk, blou en wit.
MUSIEK
Ons hier die volgende skaars local CDs in voorraad. Min of meer tussen twee en 5 copies van elk:
Fokofpolisiekar – Lugsteuring
K.O.B.U.S. – Swaar Metaal
Wrestlerish – Rude Mechanical
Van Coke Kartel – Waaksaam en Wakker
MUSIEK WAT ONS NOG VIR JOU IN STOCK KAN SIT:
Ons het ‘n kakhuis vol CDs en DVDs om op ons sisteem te laai, maar hier is solank ‘n klein selection van die local skaarser variety. As jy iets uit hierdie lys soek, laat ons weet en ons prioritize dit vir jou, once.
Alles is 100% splinternuut en steeds geseël, nes die dag toe ons dit aangekoop het:
Fokofpolisiekar – Brand Suid-Afrika
Peter Mithcel – Hamlet By Night
aKing – Dutch Courage
Deltablue – Heaven
Anton Goosen – 33 b-sides
Foto Na Dans – Pantomime Op Herwinbare Klanke
Bittereinder – ‘n Ware Verhaal
Ashtray Electric
Belville Rock City
Van Coke Kartel – Skop Skiet & Donner
Van Coke Kartel
Fokofpolisiekar – Monoloog in Stereo
Foto Na Dans – Intervensie
aKing – The Red Blooded Years
Fokofpolisiekar – Forgive Them For They Know Not What They Do
Fokofpolisiekar – Swanesang
Anton Goosen – 33 sea-sides
Fokofpolisiekar – As jy Met Vuur Speel Sal Jy Brand
South African Indie – Vol 1
Watkykjy staan op 3,085,545 post views in totaal sedert 1 November, 2019.