Rachel McAdams is een van die min Hollywood actresses wat actually nie in Hollywood bly nie, maar verkies om in haar eie geboorteland, Kanada te chill. Dit maak half sin, want al hoe minder movies word deesdae in Hollywood geskiet, so wat is dit fokken punt? Jy sal haar vanaf movies soos The Hot Chick, Mean Girls en The Notebook onthou, of dalk meer onlangs in movies soos South Paw en Doctor Strange.
Tit-bits:
- Sy het al die love interest van drie time travelers vertolk sonder dat syself ooit time travel in die movies: About Time (2013), Midnight in Paris (2011) en The Time Traveler’s Wife (2009).
- Dit wil voorkom asof sy dit smaak om moerse acting roles vir ander gooses te gee:
– sy sou Sue Storm in Fantastic Four (2005) gewees het, toe kry Jessica Alba dit.
– sy was Jon Favreau se eerste keuse om Pepper Pots te wees in Iron Man (2008) maar het nee dankie getune en dit het aan Gwyneth Paltrow gegaan.
– sy sou Rachel Dawes se karakter vertolk het in The Dark Knight (2008) maar Maggie Gyllenhaal het daai een gegryp. - Sy het vliegtuie vermy tot sy 22 was.
- Sy is ‘n moerse rugby fan, danksy Russel Crowe.
Hierdie post is 652 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.
Watkykjy staan op 3,084,129 post views in totaal sedert 1 November, 2019.