As jy kak-arm is en gatvol is vir 2016 en jy wil hom in sy moer in stuur met ‘n lekker party op ‘n rustige plaas met dik tunes, kom join ons sommer vir die hele naweek van die 30ste Desember 2016 tot die 2de Januarie 2017. Hierso is die FACEBOOK EVENT wat jy met jou tjommies kan share.
Soos dit maar altyd gaan by Tweefontein Melkery, nooi ons jou uit om jou eie cooler box te bring en ‘n vleisie te kom tan. Daar sal ‘n swembad ook wees, so pak daai shocking groen Borat onna van jou in. As jy ‘n papgooier is, strap jou visstok ook aan die Golfie se roof carrier vas – jy kan kom bass vang in die dam. Die venue is kid friendly en ons het ‘n jumping castle vir die kinders gereël.
Daar sal oor die naweek ‘n klomp piele platejoggies wees om jou boude te laat gyrate:
*** DJ Line-up ***
DJ T!
DJ Vinyl Richie
DJ Pop Shop
DJ Tworandfiftyaminute
DJ Dooie Jan
Selekta Spanie
Ag en dress sommer ook so bietjie op. Ons klap hom retro en 80s style. 50 skille kry jou by die deur in. Check jou by die bar! Bring sommer cash saam vir entrance en as jy lekker kos wil koop in case jy te fokken lui is om te braai.
Limited verblyf beskikbaar as jy nie ‘n tent besit nie. Bel vir Terry by 082 797 1702
Watkykjy staan op 3,056,647 post views in totaal sedert 1 November, 2019.