Aaah, Kersfees is om die draai! Ek weet nie hoekom so baie mense knorrig is daaroor nie. Ek love Kersfees! Sure, dis ‘n moerse money making racket maar at least spandeer die gepeupel geld oor die festive season. Dis goed vir die ekonomie want dit skep werk. En dis pret! Ek love die klank van Jingle Bells en Kersfees tunes oral en ek verkies dit om in Gauteng te wees oor Kersfees. Dis stiller as by die kus. Ek het nog altyd die eerste twee weke van Desember of in Januarie op verlof gegaan. Wanneer al die skapies hier is, is ek by die see en wanneer hulle op die groot N1 trek gaan kom ek terug. Hierdie jaar bly ek sommer die hele Desember net hier. Dis veiliger en goedkoper. Evil Consumerism!
Maar is dit altyd so evil? Jy moet net nie stupid wees en kak koop wat jy nie genuine nodig het nie. Checkers het so kief remote control robot vir R299 hierdie jaar. Ek het amper een vir myself gekoop noudiedag. Daai duiweltjie op my skouer het getune: “Koop dit maaan! Dan kan jy soos Rocky Balboa se laaitie voel in Rocky IV”. Die engeltjie op my ander skouer het weer getune: “Mara why? Dis ‘n stuk kak plastic speelgoed. Dit was laas cool in die eighties. Is jy vertraag? Dit gaan twee weke hou”. Gelukkig, in my familie vind ons eers uit wat die ander nodig het voor ons vir mekaar kaggelkak koop wat anyway in die asblik gaan opeindig. Dis nooit ‘n surprise nie maar jy is ook nooit teleurgesteld nie.
Wat is nog befok van Kersfees? Die kos! Ek sien Jesus staan so aan die voet-en-end van die gedekte kersfeestafel, lang ligbruin hare, blou oë, in ‘n wit gewaad geklee terwyl almal hom uit die pad uitstamp om by die kos op die tafel uit te kom. Hy gooi sy hande so in die lug. Maak nie saak of jy glad nie die res van die jaar koningskos kan beskostig nie, kom die 23ste Desember dan swipe jy daai kaart en haal uit en wys. Of jy nou dink jy is Amerikaans en vreet kalkoen (Thanksgiving was verlede maand, poepol). Of dalk eend of skaapboud of gammon. Of hoenderpastei of tong, dit maak nie eintik saak nie. “Gebakte aartappels of slaai vir jou?”. “Wat van kerspoeding met vla?”. “Of Koekstruif (nee nie candida nie, dis trifle)”. “Seconds vir jou?” Whatever jou hart begeer. Dis orals te koop. Solank dit lekker is en jy vir almal op Instagram kan wys wat jy gaan eet. Dis nie brag op Kersfees nie. Dis net wel, Kersfees. Sorg net dat jy almal herinner aan die ware boodskap van Kersfees ook. Ons baklei altyd oor my ma se pampoenkoekies. Ek dink ek gaan dit hierdie jaar op Facebook post. Saam met my seëninge vir almal. Ek weet nie hoe werk Instagram nie. En ek suck met Twitter. Fok, nou is ek honger.
En moenie vergeet nie, dis Jesus se verjaardag. So niemand worry of jy te veel wyn gedrink het nie. Jy kan bottels uitdrink en jou white privilege sonder enige skuldgevoelens in die gemak van jou eie huis (of jou familie s’n) geniet! As jy swart middelklas is, welcome to the party, brothers and sisters! As jy rêrig kak voel daaroor, onthou net om vir die bedelaar op die hoek ‘n paar rand te gee. Dan kan hy of sy ten minste ‘n take-away pap en sheba gaan koop. Of jy kan meer kollekte by die oggenddiens gee. Ek weet nie presies waarheen die geld gaan nie. Gaan kyk net watse kar ry die pastoor of hoe mega jou kerkgebou is. Maar anyway moenie worry nie, wat van ‘n ou liqueurtjie as jy daar lê en lekker dikgevreet sit en burp en poep?
Aaah, maar die beste ding van Kersfees vir my is die musiek. Daar is dekades se kersfeesalbums waarvan jy kan kies. En ek belowe julle ek is nie nou sarkasties nie. Maar dis die tyd van die jaar wat ek al my standaarde oorboord gooi. Of dit nou Michael Bublé is of Andrea Bocelli, of Bing Crosby of Boney M. Daar is ‘n skietstilstand wat musiek aanbetref wat ek normaalweg sal vermy. Maar net oor Kersfees. Kersfees is my demilitarised zone. Heilige grond, soos in Highlander. OK, ek sal nogsteeds nie daai Afrikaanse kak kersfeesalbums luister nie, maar die res? Everything goes!
So hier is my top nege gunsteling kersfees tunes. Dit sluit ‘n wye spektrum tunes in so read ‘em and weep! Draai die volume op en geniet Kersfees!
9. Rudolph the Rednosed Reindeer is geskryf deur Johny Marks in 1939. Iemand moes ‘n song skryf oor alkoholisme oor Kerstyd. Dis al vir eeue ‘n probleem en hierdie was die eerste song wat eerlik genoeg was om dit te erken. Think Twelve Steps people! Maar wag net tot na Nuwe Jaar! Anders gaan jy net soos ‘n doos lyk as jy faal. Te veel mense het hierdie song al gecover maar Bing Crosby is die baas!
8. Michael Bublé. Ek het niks teen crooner musiek nie. Ek love Tony Bennet en Frank Sinatra se musiek. En Dean Martin sin ook! Maar moet die nuwe generasie crooners dit so aanhoudend oor Kersfees doen? Die hele tyd oor en oor. Vat een jaar net ‘n break van Kersfees, Michael Bublé! Jou jokes raak al hoe flouer anyway. My favourite tune wat die bra cover? Let it snow! Dankie tog Robert Downey Jr en Charlie Sheen is deesdae skoon anders het hulle die hele Kersfees budget opgeschnaaf terwyl hulle na hierdie tune luister. Something tells me they’ve done it before. Van so drie hookers se boude af. Let it snow, let it snow, let it snow!
7. Gepraat van ‘n White Christmas. Bing Crosby droom al vir dekades van een. Ek gaan sommer nog ‘n song onder sy naam ingooi. Hy is die Koning van Kersfees after all. Jingle Bells!Jingle Bells Jingle all the way! Fok, ek luister al vir jare na hierdie tunes tydens Kersfees en ek wag nog steeds vir die sneeu hier in Afrika oor Desember. Be careful what I wish for? O ja, Donald Trump is in beheer van die free world. Global warming is net ‘n rumour! My bad.
6. Band Aid se ‘Do they know it’s Christmas?’. Aaah onthou julle die eighties? Toe Afrika net een groot charity case was vir die Westerse wêreld? Plak net ‘n pleister op armoede en alles lyk beter! Al wat jy moes doen is om die album te koop en te bid en al die honger Afrikaweeskinders sal fine wees. “There won’t be snow in Africa this Christmas time?” No shit, Bob Geldof! Dis in die Suidelike fokken halfrond! Lyk my daar is nog ‘n ander nuwer version wat ek nie wil kyk nie. Band Aid 30 of iets. Skip. Maar vir een of ander weird rede raak my hart altyd sag as ek hierdie old school ene luister oor Kersfees. Sulke hoendervleis. Shem, Afrika. Askies.
5. John Lennon en Yoko Ono se Happy Xmas (War is over). Een van my favourite tunes oor Kerstyd. Die song wat my geleer het dis OK vir heidene om Kersfees te vier. Die weerlig gaan ons nie slaan nie. Miskien moet ek uit Gauteng trek na ‘n plek met minder donderweer. Just in case.
4. Wham! se ‘Last Christmas’. Om hierdie song se meedoënlose kontinuïteit te verduidelik gaan ek Graaff-Reinet vat as ‘n voorbeeld. Vat altyd aan jouself as ‘n voorbeeld! Toe ek ‘n laaitie was in 1985 het dit in die Sout en Peper restaurant daar langs die BP garage gespeel net so toe ek uitloop na my ouers se kar toe. Ons was oppad Jeffreysbaai toe. Twintig jaar later toe ek weer in dieselfde restaurant gaan sit saam met my girl daai tyd om iets te eet, toe speel dit nog steeds! Dis seker nou ‘n Steers of een of ander franchise. George Michael het nie daai girl getune sy is ‘n slet nie. Hy het ook nie sy hart vir die spesiale dame gegee nie. Ek belowe jou. Maar for some reason as hierdie song speel, dan neurie ek saam. Net oor Kersfees. WTF?
3. AC/DC se Mistress for Christmas. Aaah, honesty! As almal net so eerlik soos hierdie ‘tans oor die muur’ rock band was back in the day. I salute you, AC/DC! Ons is nou almal fucked up en oud en in rystoele maar ons soek nog steeds ‘n mistress for Christmas! Rock and Roll!
2. Psycho Reptiles se ‘Psycho Christmas’. Die enigste medley song op my lys. En ook die enigste Suid-Afrikaanse tune. Wel, dis ook die enigste punk rock song op my lys. Hierdie video was legend! Ek kry dit nie eens op die interwebs opgespoor nie. Alex Jay of Barney Simon het dit altyd net so voor Kersfees gespeel. Die song self is darem op Youtube! Enjoy!
1. Christmas song van Jethro Tull. As jy nie my siening oor Kersfees verstaan nie, gaan luister net hierdie een tune en dit sal meer duidelik word! Vir die van julle wat Kersfees gaan vier hierdie jaar. Enjoy en ry veilig!
Hou aan rol!
Watkykjy staan op 3,071,875 post views in totaal sedert 1 November, 2019.