Van nuwe presidente tot ou presidensiële truuks…
1) Die Verenigde State van Amerika is toe nie so verenig nie, it seems. ‘n Nasie is in skok nadat Donald Trump hierdie week die verkiesing gewen het en in Januarie 2017 in die Wit Huis gaan intrek. En Trump-supporters hou klaar een moerse bash – hulle gay-bash, Moslem-bash en foreigner-bash nog een strook deur na die aankondiging.
2) Gepraat van gay-bash… gaywees in die NG Kerk is so uit soos Pick n Pay roomkoek in Nataniël se huis. Die NG Kerk het hierdie week op ‘n buitengewone algemene sinode (as opposed to ‘n gewone algemene sinode en ‘n buitengewone nie-so-algemeen-dat-jy-sal-agterkom-nie sinode) gestem teen die 2015 besluit dat gay-lidmate in burgerlike verbintenisse mag tree en dat NG predikante die verbintenisse mag voltrek. Ironies bewys die NG Kerk hiermee dat, al is hulle teen selfde-geslag verhoudings, hulle denke selfde-geslag is aangesien hulle presies dieselfde dink daaroor as elke hangkas-hatende geslag voor hulle.
3) Mmusi Maimane en die DA se mosie van wantroue teen Zoom-zoom het toe, soos voorspel, misluk. Want soos ‘n horde tienerbrommers om ‘n vars drol, het die ANC kaders hul almal weer agter die president geskaar. Maar Mmusi het sy houe ingekry deur voor almal van die einste brommers se onlangse uitlatings aan te haal. Goed soos Toerisme Minister Derek Hanekom se “Genoeg is genoeg. Dis tyd om skoon te maak. Ons is lief vir ons land.” En adjunk-president Cyril Ramaphosa se “Ons soek leierskap wat verbind is aan die mense van hierdie land.” Die krake wys. Dalk, net dalk, sal ‘n mosie van wantroue binnekort emosie van wantroue raak en die leier fokkof.
4) Hy het dalk die lyf vir ‘n Santa-suit, maar Minister van Spot, Fokkol Mbalula doen sy naam gestand deur vir Sunette Viljoen, silwer medalje wenner te laat weet sy kry, wel, fokkol van die ekstra R70 000 wat hy silwer medalje wenners belowe het na die Olimpiese Spele. Maar in wat bekend staan as ‘n Karlien, wend hy hom tot Twitter in 12 Tweets waar hy gal braak nadat Sunette vir hom ‘n boodskap gestuur het om te vra oor wanneer sy die geld kan verwag. Ou Spekkies weet duidelik niks van respek nie, maar baie van spekskiet. Sulke aambei.
5) Wit Suid-Afrikaners sluk almal ‘n bietjie verligting saam met ‘n 2007 Pinotage af nadat Julius Malema hierdie week aangekodig het hy sal nie wit mense doodmaak nie. Nog nie anyways. Ag dankie Julius. Dit gee my genoeg tyd om Lord of the Rings klaar te kyk en die fokken lirieke van Skarumba te leer. As jy dan voel jy is nog nie gereed om ons dood te maak nie, kan ons dalk bietjie ekstra tyd koop om te sien of ons kan saamwerk en ophou om wit en swart teen mekaar op te sweep? Ek weet jy voel blankes verdien nie om grond te besit in Suid-Afrika nie, maar dalk kan ons praat en probeer keer dat die land ten gronde gaan? Under your watch I mean?
Watkykjy staan op 3,071,856 post views in totaal sedert 1 November, 2019.