Shivas Rock is probably die sifste club in Pretoria daar op die hoek van Hillside & Rodericks in Lynwood. Hulle voel ‘n fok vir local musiek en die kak het Vrydagaand behoorlik by hierdie hool gespat. Boonop het die eienaar soos ‘n fokken kleuter tekere gegaan op social media wat steeds nie verwyder is nie. Fokken slow car crash se ma. Julle kan vir julleself gaan lees. Dis ure se vermaak. Die drugged op, dronk eienaar het, deur sy eie toedoen, so paar wakkermaak poesklappe ontvang toe die tension bietjie taai raak. Vanuit ons oogpunt is dit ‘n kuierplek wat ons nie eers vir ons kakste vriende sal aanraai nie. Om Shivas se naam nog self verder poes te maak het die eienaar Slash Dogs daarvan beskuldig dat hulle hom aangerand het. Hoe fokken dronk of hoog moet jy wees om iemand wat nie eers naby jou club was nie, te beskuldig van aanranding? The mind really fucking boggles…
Chris Van Der Walt (Boargazm, PitVirus, Black Cat Bones) was self Vrydagaand daar en het die volgende met ons gedeel. Hierdie gee julle min of meer ‘n idee van die kak kant van SA se music scene waarmee fans en musos mee moet deal. Dis jammer dat daar sulke konterige eienaars bestaan in die scene wat reeds nie so groot is nie. Wat ‘n fokken tietkop…
Ons job is nie om besighede soos hierdie se name met kak te gooi nie. Hulle doen ‘n goed genoeg job daarvan hulleself. Bly vêr weg van hierdie establishment af. Hulle verdien nie ‘n fokken sent uit jou beursie nie. En aan die eienaar – geen verskoning gaan jou reputasie red nie. Maak daai stuk kak club eerder toe en begin ‘n besigheid waar jy nie met fokken mense of diere werk nie. Rottweilers is nie daar om jou piel te laat groter lyk nie, jou pielkop.
Rust in Pieces, Shivas Rock.
Hey bra,
Ek was vroeg daar. Gelyk soos ‘n normale aand. Plek ruik soos muf maar ons gee dit maar ‘n kans want hulle gee vir ons ‘n gig. PitVirus het 20:00 gejol – lekker vibe. Boargazm het 21:00 gegeol. Befokte show – mense skreeu, mosh, cheer. Regtig baie lekker. Haggis begin 22:00 jol en so paar tunes in cut die backline en desk se krag maar die club se ligte en yskaste is aan. Hmmm, okay?
Ek vra toe vir die sound dude om te double check op die kragboks want hy het getune die owner sê als is aan maar as gevolg van die power outage hardloop alles bietjie laat. Maximum Carnage is gereed om 23:00 te jol maar die eienaar sit die krag af. Niemand jol nie, hy like nie metal nie. DJs moet begin.
Ek convince hom toe om vir Maximum ‘n 10 minute slot te gee want hulle is klaar opgestel en wag nog heel aand. Hy stem in. Drie minute later sit hy al die krag af. Die hele club chant “POES! POES! POES! Pure poetry. Daar was ‘n groterige fan wat hom konfronteer het, toe stap ek ook nader om te hoor of ons die krag kan aankry. Die eienaar tune ons moet oppak in die donker. Ek stap weg en reël met ‘n barman om die krag aan te sit terwyl ons oppak, toe moer ‘n ander dude die eienaar. Iewers het die eienaar sy Rottweiler ook uitgebring maar die hond was so freaked out gewees.
Die krag is toe aan, almal is rustig en ons pak op. Hy charge toe daar by die kitchen uit met ‘n mes en gooi gear rond, skop die PA system ensovoorts. Soos ‘n kind. Hy was toe actually out-of-it. Toe gooi hy ‘n drummer so tom rond en ‘n bra slaat hom pot shot op die neus. Bloed orals. Ek het ook sy arms gegryp en hom terug in die kitchen ge-force waar die barman en bouncers hom gehou het. Die barman en bouncers was actually aan ons kant. Toe pak ons op en ry. Die cops het gekom, gelag en gery.
What. A. Doos!
Nou is sy social media commentary ook ‘n gemors. Sy online responses waarmee hulle try op-cover het is presies hoe hy met almal in die club gebpraat het. Hy was so poes dronk en hoog op drugs, hy was borderline vertraag. Sies.
Watkykjy staan op 3,056,136 post views in totaal sedert 1 November, 2019.