Ek het hierdie album vandag op pad Tweefontein Melkery toe geluister. Ek moes bietjie in die daglig kaan kyk wat daar aangaan. Gaan julle almal na die 26ste se Camp Rock party toe kom? Julle fokken beter. Anyways, dis altyd befok om musiek vir die eerste keer te hoor as jy op die oop pad bestuur. Of op die grondpad. Ek het nie dadelik gedink Citadel is ‘n konsepalbum nie. Maar ek moes geweet het. Toe ek daai CD booklet so bekyk. Hey! Befokte artwork, Raptors! Dis nie dat ek konsepalbums nie kan verdra nie. Van my favourite albums van alle tye is konsepalbums. Dis net, konsepalbums is deesdae so synonymous met metal ek wens partykeer daar kan ‘n nuwe overall konsep uitgedink word. #Conseptalbumsmustfall? Dit klink ‘n bietjie drasties.Sekere metal genres was nog altyd synonomous met science fiction en horror of selfs fantasy. En as jy in enige van daai rigtings gaan inslaan is die kanse goed dat jy by ‘n konsepalbum gaan opeindig. Of jy nou wil of nie. Ek het dit al voorheen gesê en ek gaan weer. Ek is in two minds oor concept albums. I love and (or) hate them. Hang ook seker af in watter bui ek is. Maar vandag haat ek dit nie so baie nie. Eintlik glad nie. Citadel se konsep is nie nuut nie maar dit suck ook nie. Die “groep” jaag kak aan. Nee, nie die band nie. Die skapies, man. Die mensdom. En dan kom die anti-hero (dis nou jy daai) en word wakker uit die kollektiewe waas en voel verplig om uit die groep te ontsnap. En dan kap iemand die emperor se kop af (seker Thuli Madonsela) en dan kom daar ‘n plaag en almal kak summier af. Asseblief, ons soek nie nog ‘n plaag ook hier in Azania nie. Dit reën al klaar fokol. Waar was ek?
O ja, die Citadel is ‘n massiewe struktuur wat ‘n biblioteek bevat en dit smaak my na die plaag word alles verwoes en dan kom die laaste mens(e) op aarde op hierdie kennis in die biblioteek af. Baie apocalyptic. Picture, hulle loop so in die donker met onheilspellende wind en weerlig om hulle heen uit die Citadel uit – met die wêreldse kennis in hulle se breine. Strut soos John Travolta in die laaste scene van Staying Alive. Ja, almal van hulle strut, man. Dis net die res van die storie wat ek nie so mooi verstaan nie. Wat de fok dan? Miskien kan die mense voortplant en die females geboorte skenk aan ‘n nuwe generasie homo sapiens om die computers te oorwin met al daai kennis. Of maybe trap ‘n reuse android op hulle en dan is al die kennis moertoe.
Ok nee wag, ek het nou die lyrics gaan lees en dit klink eerder of die mense met die kennis net eenvoudig evolve na ‘n hoër consciousness toe en dan word hulle the Masters of Reality. Klink bietjie soos ‘n kruis tussen new age (te sterk) LSD en He-Man. By the pouwaaaaaaaa of Grey Skuuuullll! Pouwaaaaaa!!!! Maar ek like dit baie beter as straight up zombies of vampires. Ek mag dalk die storie nou helemaal opgefok het maar musically kan ek nie skade doen nie. Dis baie meer van ‘n mindfuck vir my. Intelligente Strepsil metal. So befokte mengsel van Old School en Numetal. Jy gaan ‘n klomp verskillende influences hoor. Ek hoor Slayer, Pantera, System of a Down en Deftones. Maybe selfs sagter rock in die vorm van Linkin Park. Al wat ek weet is dit skop jou gat van hier tot in Timbuktu. En die musiek is besig. Baie besig. Kakbaie twists and turns, easter eggs en classical scale metal riffs so tussendeur. Hierdie bras het te veel video games gespeel toe hulle laaities was. Metal scale riffs, man… soos wanneer Bill en Ted airguitar speel? Excellent! Net bietjie meer ingewikkelder.
Baie vuurspuwende vocals ook. Hoe kry Vincent van Niekerk dit reg om soos ‘n Ringraith met diarree te skree? Fokken Nazgûl kak. We buuuuuuuuurn like faaaaaaaaaaaaaaaijaaaaaaaaa! Foooooooooijaaaaaa! Lekke! Keelsere all around. Kry vir jou ‘n pakkie strepsils, bra! Maar dit klink nie uitsluitlik Strepsil metal nie. Die vocals kan soothing ook wees. Klink die drumming nie ook vir julle bietjie soos ‘n android wat dromme speel nie? Nee, jy sal dit nie eens agterkom nie man, maar ek belowe jou, dis alles met ‘n electronic drum kit gedoen. Lolke-Louis Claassen maak hom seer. Trust my as ek dit aan julle oorvertel, kinders van die nag – ek het jare laas so ‘n goeie metal album gehoor. Hierdie debuut vollengte album van Raptorbaby is genuine topklas aanmekaar verweef. Maande se harde werk het afbetaal. Well done, julle half Pretoria, half Joburg headbangers!
Watkykjy staan op 3,090,356 post views in totaal sedert 1 November, 2019.