PK. Afkorting vir perdekrag. Of poskantoor. Maar hier by Watkykjy, verkies ons die Poesklap-weergawe. En elke maand gaan ons een lekker stywe PK uitdeel aan iemand wat uit sy of haar pad gegaan het om die nasie kollektief af te pis. Soos in fokken all-the-way pappa.
Wie is die sesde ontvanger van hierdie gesogte toekenning? Wel, kom ons begin deur te sê ons was spoilt vir choice hierdie maand. Brian Molefe van Eskom? Of Eks-kom noudat hy getjaila het. Worthy, maar nee. Minister van Spot, Fokkol Mbalula na sy Twitter-oorlog met Olimpiese atleet Sunette Viljoen? Nope. Die twee doo(d)skis donners? Hulle kierankies gaan anyways braai.
Nee, die PK hierdie maand gaan aan die werfetter wat single-handedly die osoonlaag elke Sondag laat afkak… die man wat die fokken Cash en Carry of Makro of whatever bulk-buying behemoth in
Limpopo bestaan aan die gang hou met sy Venter-waentjie vol insekdoder… Profeet Lethebo Rabalago, jou tyd is op pappa.
Insert onheilspellende doom-doom-dooooom musiek hier.
Asof geloof kakker PR benodig in hierdie dag en tyd. Die profeet oortuig mos sy volgelinge dat hy hulle van enigiets kan genees – hulle moet net vorentoe kom met hulle halitose of aambeie of pitswere en dan sal hy, met ‘n blikkie Doom in die hand, die kak uit hulle spuit. Praat van vals hoop. Hy vertel selfs aan mense met kanker en VIGS dat die Doom hulle kan genees. Sulke sekte. Sulke insekte.
Healing myself of my white privilege pic.twitter.com/aActzrKfm7
— The Kiffness (@TheKiffness) November 22, 2016
Watkykjy staan op 3,073,931 post views in totaal sedert 1 November, 2019.