Ons gooi hierdie Saterdag ‘n moerse lekker rock show met 6 befokte local bands op ‘n plaas (Die Melkery) so halfpad tussen ‘Toria en Tambo. Sien die kaart aan die onderkant van die post. Dis fokken maklik om daar uit te kom. Hier is die Facebook event, so gaan tune seblief daar dat jy ons gaan join en share hom wyd!
Pak jou tent, mamma – ons gaan camp en fokken rock ‘n roll! Daar is meer as genoeg free camping beskikbaar. Die party skop hierdie Saterdag 26 November teen 14:00 se kant af. Dis nou wanneer jy daar moet uitslaan en beginte braai en fles vat. Daar is vure, braairoosters en pap en sheba vir julle outjies wat wil kom dier op vuur gooi. Daar sal vir jou lekker rock tunes deur DJs gespin word tot die eerste band so teen 17:30 die stage betree. Ons het aanvanklik vyf bands gebook vir die aand maar het ‘n sesde een bygevoeg wat nie op die flyer is nie.
Tickets is slegs R150 (cash by die hek) en die zak gaan straight na die bands toe nadat ons die sound mense betaal het. Ons gooi hierdie om vir local musiek zak te maak, nie vir onsself nie, so kom support seblief. Om dinge nog meer fair en ekonomies vir jou te maak, kan jy jou eie cooler box met drank saambring. Onthou om ys te pak, pellie! Vir dié van julle wat nie lus is vir cooler box missions nie, kan julle by die bar ook drinks koop. Moenie komkommer as daar so paar druppels val nie – die venue is huge met ‘n moerse stage en die concert is indoors. Dit lyk sover nie of dit gaan reën nie. Ons sit even ‘n fokken swembad buite op vir julle, so pak ‘n cozzie en ‘n handoek en vlerkies in.
Vir die ouens wat te lui is om te braai sal die volgende kos te koop wees: Befokte lekker potjiekos, boeries, hot dogs, chicken pregos en aartappelslaai. Daar sal ook ‘n buffet brekfis die volgende oggend beskikbaar wees om jou hangover te help PKs gee.
Bring extra pitte saam as jy dalk van die bands se merch wil aanskaf. Dit word hoogs aanbeveel.
Meer oor die bands en die line-up (info volg na die flyer)
The Mitten Fits (17:30)
The Mitten Fits is die eerste band en betree teen 17:30 die stage. Dis ook maar ‘n goeie ding, want Jolene is heavy lus om na hulle set fles te vat en te partytjie. Hulle is ‘n duo van Joburg wat acoustic guitar en ukelele jol. Hulle gooi indie rock pop, covers en originals. Of soos hulle dit noem, folkin adorable music. Ag jirre, mamma! O ja, en hulle het hierdie jaar by Oppikoppi ook ‘n moerse lekker gig gehad by die boonste bar. Lekker tunes om jou transition smooth van sober na mellow te laat oorkantel.
Towerjas en Die Poespas (18:30)
Na The Mitten Fits draai ons die levels effens op met elke band. Towerjas en Die Poespas is ‘n splinternuwe Pretoria bluesrock band. Nog taamlik nat agter die ore, maar ons het geskiem om die ouens ‘n shot te gee. Hulle is last-minute bygevoeg en dis hoekom jy nie hulle naam op die flyer kokkenodge nie. Jong studente laities wat besluit het om musiek te maak met ‘n moerse passion vir die job. Luister gerus na hulle nuwe demo song. Nog nat agter die ore, maar op pad na ‘n ding toe met ‘n mission.
Kilo Hills (19:30)
As Pretoria by die see was, was hierdie ouens moontlik die capital se surfrock band gewees. Hulle het ‘n moerse unieke sound en ek tune nou maar dit klink vir my soos surfrock, maar hulle het definitief ‘n tipe van ‘n 50s influence. Ook redelik nuut op die scene maar die ouens het al so paar lekker gigs afgepull by Cafe Barcelona, Arcade Empire en Railways Cafe. Kom gee die ouens ‘n luister. Hierdie ouens oefen hulleself elke week faktap. Jy sal at least saam met twee van die four piece outfit kan kuier want twee van die laities mag net water drink en moet dadelik na die gig fokof om te gaan swot vir moerse eksamens Maandag. Want #feesmustfall het hulle heeltemal opgefok.
Jonathan Peyper (20:30)
Ek skiem nie hierdie bra het regtig ‘n introduction nodig nie. Hy het al fokken orals gejol van Park Acoustics en Inniebos tot by Oppikoppi. Alhoewel hy ‘n bluesman is, is Jonathan se sets en styl besig om al hoe meer na die rock ‘n roll kant toe oor te beweeg. En fokkit, hierdie bra kan ‘n kitaar seermaak as hy die dag halfpad lus is. Hy is soos like, Nelspruit (of Nelsparta soos sommiges dit noem) se wit Jimmy Hendrix. Hy bly egter deesdae in Tjoeras. Hier is een van sy kalm tunes, maar hoor daai fokken guitar! Tjoeras se goue seun.
Feed The Wolf (21:30)
Hierdie Pretoria hard rockers is al vir amper 7 jaar aan die gang en het ook al amper elke stage in die land aan die brand gejol. Oppikoppi, al daai plekke. Hulle was ook die band wat saam met Die Antwoord gejol het toe hulle vir die laaste keer op stage was in SA en toe USA toe gefokof het vir ewig. Hoe is hierdie vir dedication – hulle guitarist, Illimar Neitz het gister hard neergepoes by die huis, sy oogbank oopgeval, sy kieg nerf-af geval en sy sleutelbeen gebreek. Hy is tans, as we speak onder die mes op ‘n operasietafel om die fokop te fix. Hy het egter laat weet dat ons hom Saterdagaand op stage gaan sien. Hy gaan op ‘n stoel sit met sulke oumabersie oor sy bene en die res van die band gaan natuurlik aapkak gaan om op te maak vir een minder dude wat kan headbang op stage. Hierdie gaan ‘n absolute hoogtepunt wees. Fokken Dave Grohl se ma.
Cadillac Sun
Hierdie brasse maak fokken straight-up rock ‘n roll! Hulle kom uit al die zef hoeke van Gauteng en die Vrystaat – Vanderbijlpark, Fochville, Sasolburg en Potch. Hulle guitarist is ‘n varkboer. Die enigste rock ‘n roll varkboer in Suid-Afrika. As jy al by enige van hulle shows was, sal jy weet dat hulle poesbaie energie na die tafel toe bring. Ons gaan ook die ouens se rubberarms draai om so bietjie ‘n Rage Against the Machine track of twee te gooi. Jirre, julle gaan aapkak gaan op hierdie set!
Map,directions en final thoughts
Jy is welkom om ‘n visstok in te pak as jy ‘n damduiker is. Daar is ‘n lekker dam met groot viste. As jy ‘n vis vang en jy braai hom, beter jy vir ons ‘n fokken happie aanbied.
Geen drugs, guns, troeteldier of attitude nie. Right of admission reserved en al daai vibes.
Ondersteun asseblief die bands. R150 is fokol om ses bands te kyk, veral as jy jou eie coolerbox kan saamvat, kan braai en kan oorkamp op ‘n befokte plaas.
Daar is ‘n link na elke band se Facebook page. Gaan support sommer daar ook.
Moet om godsnaam nie fokken suip en bestuur nie. Kry ‘n designated driver as jy moet, klap ‘n Uber saam met ‘n klomp tjommies of slaap in jou kar as jy te lui is om ‘n tent te pak.
Ons is fokken serious oor die suip en bestuur. Don’t make stupid choices and fuck someone else’s life up.
Jy moet ‘n befokte lekker tyd hê by ons party. Ons het uit ons pad gegaan om die beste sound te organise en ‘n lekker vibe te skep. Neem gerus kakbaie fotos en share dit met ons.
Die Melkery is ‘n befokte venue – die eienaar Terry is ‘n moerse lekker bra. Jy kan hom gerus bel (082 797 1702) met enige vrae oor ons Camp Rock event of die venue by hom huur vir jou bachelor’s parties, spangees kak vir jou werk, birthday parties of troues.
Share hierdie party seblief met al jou tjommies. https://www.facebook.com/events/1773190006299837/
As ons 150 mense daar kry is dit die moeite werd vir die bands. As ons 250 mense daar kry, kan hulle actually bietjie zak maak – onthou, musiek is hierdie ouens se werk.
Watkykjy staan op 3,090,360 post views in totaal sedert 1 November, 2019.